Klag teen VF Plus-hoë kom ná sy glo k-woord gebruik

‘n Skermgreep uit die video wat die DA oor Maritz se beweerde gebruik van die woord vrygestel het.

Die VF Plus sê hy het met ʼn interne ondersoek begin ná bewerings deur die DA dat een van sy lede die k-woord gebruik het.

Die DA het Woensdag in ʼn verklaring gesê Beyers Smit, ʼn DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, en die voorsitter van die DA in Limpopo, Geoffrey Tshibvumo, gaan ʼn strafregtelike klag by die polisiestasie in Polokwane teen Marcelle Maritz aanhangig maak vir haar [beweerde] gebruik van dié woord.

Die DA het ʼn video van ʼn informele gesprek uitgereik waarin Maritz oënskynlik na die AP Kerk verwys as die “kerk sonder k*****s”.

“Die DA glo dat hierdie gruwelike voorval crimen injuria is. Dit is ook verskriklik dat sy so ʼn beskuldiging teenoor die kerk maak.

“Verder sal ons Marcelle Maritz aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie rapporteer en ons het reeds versoek dat die Etiekkomitee van die Limpopo-wetgewer hierdie saak ondersoek,” het die DA gesê.

“Die DA neem hierdie saak baie ernstig op omdat ons glo dat daar geen plek vir rassiste in ons samelewing is nie. Die DA vind haar uitspraak gruwelik en onaanvaarbaar en ons sal nie hierdie gedrag in ons demokrasie duld nie.”

Marcelle Maritz. (Foto: Facebook)

Wouter Wessels, woordvoerder van die VF Plus, het in reaksie gesê die party het vroeër vandag kennis geneem van die DA se voorneme om ʼn klag aanhangig te maak en gaan sy eie ondersoek doen om hom van die waarheid te vergewis.

“Die voorval is glo sowat vyf jaar gelede gemaak toe die betrokke lid, me. Marcelle Maritz, nog ʼn raadslid van die DA was.

“Me. Maritz ontken dat sy die betrokke woord gebruik het,” het Wessels in ʼn verklaring gesê.

“Die VF Plus is sterk gekant teen enige vorm van rassisme van enige kant van die samelewing en sal sterk optree indien nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Landvaneensydigheid ·

Vinnig om fotos van wit mense te plaas maar stadig as dit kom by swart mense se fotos en dan is dit so donker die swart mense lyk soos enige iemand anders op straat…

sweis ·

Ek stem en MM is die groot sondebok sal hulle nie 50 sent gee nie.

Chekoree ·

Mooi so DA – nou sluit julle ook aan by die heksejag(stog) en dan wonder julle hoekom julle soveel kiesers aan die VF+ afgestaan het!
Met Gr1 wiskunde behoort mens seker die sommetjie te kan maak……

Stelling ·

Nou toe nou DA, ek hoop julle sal al die moeite ook maak met die daaglikse skending van blanke mense!…maar ja “wishful thinking”
Het julle nie werk nie?

Andre Stander ·

Ah ja, die goeie ou DA… ook beter bekend as die “anc-lite”.

Nee wat, sal STEEDS nie vir julle stem nie – my hart bly VF+

Gert ·

Die DA het lankal besluit daar is meer swart as wit kiesers, dus vir eie gewin is dit beter om die wit ondersteuners te benadeel in ruil vir swart steun.

Hartseer ·

Goeie genade, het ek reg gelees? 5 Jaar terug toe sy vir die DA gestaan het? Was die betrokke wet toe al in werking? Maak nie eintlik saak nie, mense moet nie na ander verwys in enige afbrekende vorm nie. Dieselfde geld vir swartmense wat allerlei name vir blankes ook het.

Gatvol ·

Nou gaan sy tronk straf kry maar andersom gebeur niks. Haar foto word gepubliseer maar andersom sien jy nooit ‘n swartmens se gesig nie. Ons help net die hekse jag aan…

Peet ·

Ag ja Dae Agter(DA) los eerder jul patetiese rondspring en doen iets positiefs. Almal wil net almal vervolg en aankla om te wys hoe patrioties hulle dan nou is, maar in die donker knyp julle maar die kat. Spandeer liewers julle tyd om iets te doen vir die siele wat vir julle gestem het. O ja, vergewe my ek het vergeet julle doen eintlik niks.

Tronk ·

K-woord dan word almal mal…..
maar moedig blatant moord aan? Niks!

Gjorgi ·

Nou hoekom nou eers? So terwyl sy lid van die DA is steek hulle dit weg en sodra sy loop grawe hulle dit weer op? Skynheilige klomp hanskakies!

flip ·

Stem 100% saam, as dit toe bekend geword het , het die DA 5 Jaar terug al stemme verloor.Agterbaks se [ kan nie se wat ek wil se nie ]

hercu ·

aaaaag DA kry eerder julle party se verlore stryd reg, veral in top bestuur – julle het geld om te mors op onbenullighede, maar het nie geld vir julle lede op voetsool vlak nie!!!

Hector Jooste ·

Belaglik!! Maar Malema kan sê wat hy wil, en kom nóóit iets oor nie! Wanneer gaan regdenkende mense ophou om hierdie speletjie van die liberaal-verwardes saam te speel?!

Mieliestronk ·

So ek gebruik die woord dom is die DA En die FV+ Pak die anc en eff maar nee julle pak mekaar en die anc en eff sit en lag vir julle Ek hoop die mense stem liewer vir n ander party Is dit soos ons moet saam staan om die land te red

Aksie SA ·

Mede volksgnote, die tyd het aangebreek om ‘n nuwe party te stig! Ons Afrikaners het meer vriende onder ALLE bevolkingsgroepe, die ANC en AL hul cronies weet dit, derhalwe word verdeeldheid deur geweld aangeblaas…. dis tyd vir ‘n VERENIGDE PATRIOTIESE FRONT, waar ons vir ons voortbestaan kan veg, tesame met ons vriende…. KOMAAN!

Kasper ·

Hierdie einste DA is tjoepstil as dit kom by swart op wit rasse haat , soos omtrenk elke dag te bespeur op FB en Twitter onder andere. Selfs Afriforum het al hoeveel klagtes ingedien by SAP en MRK, maar daarvan kom dadels. Nou skielik spring die DA op hierdie perdjie, klink vir my eerder na suur druiwe vannaf die DA kant , omdat hulle so lekker loesing in die verkiesing gekry het. Nou probeer hulle die VF+ in slegte lig stel. Sies vir hulle. En ek hoop van harte hierdie debakel ontplof in julle gesigte DA.

Andre ·

Wanneer maak die DA ‘n klag teen Malema en die ou vd BLF aanhangig?

Agge Nee ·

……En hond vreet hond of hoe lui die ou spreekwoord nou weer? Gaan ons mekaar altyd probeer vervolg en aankla. Net soos kinders. ‘Mammie, mammie, Pietie het gevloek.

Anel ·

En hoekom nou? Hoekom nie toe die bewerings gemaak is mie? En hoe vêr terug kan mens gaan volgens die wet? Wanneer het die wet in werking getree? Gaan almal nou wat van 100 jaar terug aan gekla word? Asseblief, word groot en regeer die land. Doen wasrvoor julle betaal word en hou op om die belastingbetalers te geld te mors!!!

Koos de Meyer. ·

Nou word daar weer ou koeie uit die sloot
gegrawe. Dit lyk my die DA het net soveel dubbel standaarde. Op erfinisdag het musi kamtig versoening bepleit. Maar wat doen hulle nou. Daardie woord maak my siek.

Nugter ·

Beyers Smit, jy met jou hele DA kan maar gaan skaats. Ek is bitter spyt dat ek met die verkiesing in Mei nie liewer vir die VF+ of selfs vir die anc is selfs beter as die DA. Jy beyers smit, is jou lewe skoon? Haal eers die kolosale balk uit jou oog en dan die splinters in andere se oë. Beyers Smit, as jy gedink het jy werf stemme deur jou optrede, maak jy ‘n enorme fout, jy is regtig ‘n swakkeling. Hoop jy geniet jou walglike optrede.

Cherokee ·

As jy tydens die laaste algemene verkiesing, na al die verduidelikings oor wie en wat die DA is, steeds DA gestem het, sal jy dit volgende keer en die verkiesing daarna, weer DA stem. Moet nie nòu jammer dat jy vir hulle gestem het nie. Een maal ‘n liberaal, altyd ‘n liberaal. Jy sal weer en weer vir hulle stem.

Spook op thaba ·

Aaag flip na 5 jr. Dit reg DA jaag julle handjie vol kiesers weg. Ek kan nie glo julle so kleinlik net omdat die dame die DA vir die VF gelos het nie

Neh? ·

Die ergste van als is, ek haal aan:”in ñ PRIVAAT gesprek.” Hierdie dui dan mos daarop dat die DA ñ vendeta teen Maritz het? Regtig, vyf jaar later wil julle ñ lawaai maak!! Bietjie agter die tyd hoor. Dis duidelik dat reg en geregtigheid nie die rede is vir julle lawaai nie DA. Die is persoonlik.

Spikkels ·

Ja ek skree hier van frustrasie.
GENADE TOG 5 JAAR TERUG. WAT ‘N SPUL NONSENS IS DIT MET DIE DA EN VF plus. WAT VAN MAL EMA BLF EN HUL HAATSPRAAK TEENOOR ANDER. WAT DOEN DA EN VF PLUS IVM DIT NIKS NADA ZILTS

Droë Perske ·

Enige organisasie of party kan doen sonder sulke mense. Walglappe.

Piet ·

Hierdie is n inside job vanaf n VF+ suurknol wat haar weggee het.

Wiehan ·

Wanneer gaan mense wakker skrik. Die DA is net daar vir persoonlike gewin. Maar ja, die blankes stem nog steeds vir hulle. Maak Jul oë OOP!

V Cronje ·

How pathetic………5 years later
Total waste of effort time and money. Surely there are many more pressing issues. Our people need jobs ……..millions are going to bed hungry

Hannes ·

Die DA offer haar nou op in die hoop om verlore swart steun terug te wen. Wat hulle nie besef nie is dat dit hulle meer stemme gaan kos as wen. En hulle is nou SO trots op hulleself?

Swanna ·

Spikkels ek voel dieselfde. Dit het vyf jaar terug gebeur word bespiegel en toe was sy lid van die DA!!!!!! en nou dat sy FV+ geword het of aangesluit het gaan sy vervolg word. Is dit nou nie agterbaks en kleinlik nie. Toe sy DA was het hulle dit versweig want sou letterlik ‘n delema en opskudding in hulle eie geledere veroorsaak het en nou wil hulle dit uitblaker noudat sy by VF+ is sodat die aangad op die VF+ val. Sies DA julle is pateties en ‘n klomp twee gesigte. As sy vervolg moet word moet dit onder julle valdel gebeur toe sy nog in jul diens was en julle moet PA STAAN vir dit want julle het die binne huis se ondersoek nie laat plaasvind nie want sou rooi gesigte laat op vlikker het. SIES!!!!!!!!!!!

Jacques ·

Dis tye soos hierdie wanneer mens nie veel moet se nie, net jou kom laat sak en ‘n oomblik van stilte moet he, (nie vir die DA nie), maar vir die Afrikaners wat hulle so getrou ondersteun.

Christa ·

DA is besig met Hekse Jag. Plaas hulle aandag gee aan hulle munisipaliteite wat hulle almal verloor.

Foxi ·

Stupet….stupet….stupet! Nou gaan sy gebruik word as nog n voorbeeld. Maar WIE het die video versprei. Kon die persoon dit nie net daar gelaat het nie? Waarom nou…….nog n lewe nou verwoes. Ons land gaan nou erger deur verdeeldtheid as ooit tevore…….niks sal dit stop nie! Sensasie soekers of dit kan suur druiwe wees.

Dries Botha ·

Hierdie is ‘n aanslag van die DA teen die VF omdat hulle teen ‘n kommerwekkende tempo steun aan die VF afstaan. Benoude katte maak benoude spronge!

Jacobus ·

Ek gaan dit in Engels stel; dit klink net beter in die spesifieke geval.

“You do not leave the DA party, the DA party leaves you” siedende dat sy van die DA na die VF+ oorgeloop het.

Sy het dalk ‘n DA wyk gevat of behou toe sy oor is na die VF+ en nou soek die DA sy wyk terug.

As sy skuldig is moet sy die pak kan vat, maar die vraag is hoekom het die DA so lank gewag en geneem om dit uit te bring, pers hulle dalk hulle raadslede (dienende of sittende of uitgetrede) af om in lyn met die party se beleid te bly.

Ek sien die DA het die selfde tendensie om soos die linkses in Amerika; hulle grawe mos ook terug in persone in Amerika se Twitter, Facebook ens. verlede om skietgoed te kry om die persone se lewens en loopbane te verwoes.

Politiek is bitter vuil, korrup en vol rugstekers; daarom kan ek verstaan dat President Trump nie verniet gesê dat hy die “Swamp” in Amerika wil drein.

Dalk moet ons iemand hier kry om die SA politiek skoon te maak; dit sal to almal en die land se voordeel wees.

Rene Koekemoer ·

Dis presies oor al hierdie gemors dat die DA my stem verloor het. Hoekom mors hulle soveel tyd en energie op hierdie onbenullighede in plaas van om werklike probleme aan te spreek?

Gaitsigubib ·

Wat se pak moet sy vat? Die woord was in die Afrikaanse woordeboek vervat – baie mense het dit gebruik. My ou voorgeskrewe boeke is vol van die woord. Mens kan nie n wet skryf en dit dan terugwerkend toepas nie. Dis mos nou belaglik! Wel lyk my die mense wat nog DA stem is belaglik so julle dink seker dis normaal om n wet so te implementeer.

Piet Boer ·

Wanneer het die misdryf plaasgevind?
5 jaar gelede; of toe die video nóú die lig gesien het en die klaer nóú verontwaardig is? Die antwoord op bogenoemde vraag sal bepaal wie die beskuldigde sal wees.

AndrewL ·

Ou Jan van Riebeeck met hulle s-woord Piette moet maar lig loop so naby die Da’s.

Theresa ·

En wanneer gaan die DA stappe neem teen Pumzile van Damme wat gereeld rasistiese aanmerkings maak? Dubbele standaarde DA.

Jean ·

Verseker is ek klaar gestem vir die DA…na die gevalle…NW onderwyseres,
Van Dam en nou die ou ou verhaal…
Skaam my regtig dat ek vir hulle gestem het!…maar helaas nie weer nie!

Cherokee ·

Jy Jean, sal weer en weer DA stem. Een maal liberaal, altyd liberaal.

Mare-Lize ·

Die VF Plus het in die hof gaan bakly oor BLF, VF Plus het die saak gewen en BLF is gederigestreer as politieke party. Gaan doen bietjie jou navorsing.

skurweberg ·

Kry woedeberading dit is nie ‘n skande nie of lees die boek “Woede is ‘n keuse” asb. maar moenie sulke foute maak nie. Dit is nie die reaksie werd nie.

humor ·

Baie kleinlik Klink soos skoolkinders wat vir mekaar tong uitsteek. Toe sy vyf jaar terug die K ……woord gebruik het was sy nog lid van di DA party. Toe was dit reg en in orde en die DA wat daarvan bewus was het geen klag ingedien nie. So die DA is dus ewe skuldig hieraan.

Gert van Wierdapark ·

Die politieke maneuver wat die DA nou uit die hoed pluk, laat mens wonder? Het dit ‘n doel, of is dit ‘n eie doel? Of die betrokke voorval nou 2 of 5 gelede plaasgevind het, (sommige berigte se tydsduur wissel), maak nie eintlik saak nie! Wat saak maak is die wig wat die DA-da’s in die SA Samelewing in-dryf, en sodoende as’t ware ons bestaansreg in die land aanval. Dit is flippen onverskrokke dom-astrant verby!!! Die 2021 plaaslike regerings verkiesing is nie meer ver nie en die kiesers gaan hulle pakslae gee = “watch this Space”. Die politieke punte wat hulle probeer “score” in wereld-beker rugby tyd, verdien ‘n ROOI KAART!!! Dit lyk vir my die party is in die politieke Dryf-Sand! Swem Jannie swem!?

Gert van Wierdapark ·

Skuus = tydsverloop van 2 of 5 jaar gelede waarvoor die DA nou kla!

Sarel ·

DA gaan voort met julle ” Heksejag” julle gaan die gelag betaal.
Wie het kamtig nou die Video vrygestel aangesien dit ‘n informele gesprek was. Noem die persoon ons wil wert

sweis ·

N afrikaanssprekende persoon wat nog DA stem beskou ek as n vyand.

Brakkies ·

Ek ondersteun jou antwoord 100%. Blankes is ni welkom in di DA ni…….

Trots Afrikaans ·

Ek lees deur hierdie kommentare en staan geskok. Is daar nog Afrikaners in die DA?

SjN ·

Benoude katte maak benoude spronge, DA gryp na grashalms wat nie bestaan nie.

Cherokee ·

As jy bank beroof het voor dit teen die wet geword het, het jy mos geen wet oortree nie.

flip ·

Oortreding kan nie te ernstig wees,nie , anders was dit Hoof nuus op elke kanaal As sy die woord toe gebruik het, was sy nog deel van die DA. Dan moes die FF+ haar eintlik aangekla het. Suur druiwe DA !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

jaco ·

Hoe bly die AP Kerk dan nog voortbestaan, want sonder om lelike woorde en name te gebruik, bly dit ‘n feit: die AP Kerk en hulle universiteit, die AP Akademie, is oop NET vir wit mense. Hoe kom hulle weg daarmee?

Adam ·

SA het meer as genoeg probleme waaraan aandag gegee kan word eerder as om absolute snert van 5 jaar gelede op te warm en as nuwe gereg voor te sit.

Gaps ·

Dankie DA nou weet ek hoekom ek nooit vir julle sal stem nie. Julle gaan net meer stemme verloor.

PJC ·

Die DA is duidelik baie desperaat maar doen alles verkeerd want hierdie gaan hulle nog ń klomp wit stemme kos. As hulle dink hulle gaan meer swart steun kry maak hulle ook ń helse fout want ek dink hulle swart steun gaan nie verder toeneem nie.

Anton La Grange ·

Die wet was nognie eens gewettig daardie tyd nie. Dis hoekom ek in Amerika sit en alles in SA weg gegee het. Ek het nie meer tyd vir die nie.

Realis Thailand ·

Dis nou tipies va ndie deesdae se DA. Kruip by die anc.
Gelukkig hier waar ek woon is daar geen rassisme en kan jy enige woord gebruik om n mens te beskryf.

Cherokee ·

Iemand anders het gedink hy is ‘n realis in Griekeland, en dit was toe nie soos hy edink het nie.

Pieter ·

As dit is hoe die DA werk is ek klaar DA gestem julle is n klomp twee gesigte sal nou vir die VF stem werk julle en die ANC maar lekker saam

ano ·

Ek ruik n ondertoon die APK gaan ook nou in die spervuur beland

Lood Kurkprop ·

.
.
Die besit van spiëels is seker volgende om verban te word…maak seerder as n woord.
.
.

Magda ·

KAn dit nie verstaan nie – Wat is so erg aan die woord – is die mense minderwaardig – en NIE gelukkig in die LYF wat GOD hulle gegee het nie – Ons wit mense word enige iets onder die son genoem en daar is maar MIN of GLAD NIE enige vervolgins – die probleem le nie by die woord nie – maar die minderwaardigheid vd mense. Geen woord kan jou seermaak as JY dit nei toelaat nie -GET OVER IT PLEASE.

Johan ·

nou toe nou ANC light alweer besig met hulle streke hoekom het hulle haar nie aangekla toe sy hulle raadslid was nie, die voorval was toe sy nog DA lid was

Heksie ·

Ag hier gaat ons alweer! Miskien moet julle bietjie gaan oplees wat die woord nou eintlik beteken! “Knowledge is power”, sê ek altyd!

JohanL ·

Dit is seker een van die laagste dinge (indien nie die laagste nie) wat die DA die afgelope ruk aangevang het. Dit gaan hulle baie duur kos.

thinus erasmus ·

Die grootste grap van alles is dat elke kommentaar van DA en nie-DA geledere die DA kritiseer op hierdie forum wat meestal juis sulke kommentare verwyder. Maar dis hoe die lesers voel. Net so speel RSG wat “soveel vir Afrikaans doen” meer as 50% snert uitlandse engelse musiek vir hul Afrikaanse luisteraars, en die voormalige Radio Pretoria probeer hul oortref met hul swak musiek deur die dag.
Die Afrikaner word nog altyd deur verraaiers gekortwiek.
Ek kan met trots sê: ek het nog nooit oorgeloop nie, ek is volgens beginsel nog altyd patriot! En ek vra geen verskoning daarvoor nie!

Sandy ·

Laat ek dit nou mooi verstaan. Die video is 5 jaar gelede geneem. Het ek nou reg gelees? So dit beteken iemand het 5 jaar aan die ding vasgehou. Al het sy dit gese, en dit is erg, kon sy mos in die tussentyd verander het. Hoe op aarde kan sy veroordeel word oor iets wat sy 5 jaar gelede gese het. Eish

Louis le Roux ·

Foeitog, die DA is besig om bankrotpolitiek te bedryf. Hulle is besig om steun te verloor en hou hulle nou besig met beuselagtighede. Moesie Maaimannetjie is ‘n tipiese grootbek politikus met baie wind en weinig wol.

James ·

Interresant hoe stil die DA is oor die waterfront geval in die Kaap…. eie balk uit oog?

Michael P ·

Almal maak so n groot bohaai oor die woord hoekom betoog die mense wat so oor die woord voel nie oor Harry en kie wat hier kuier nie. Is die Britte dan nie die argitekte van daardie WOORD nie?

Jackie ·

WOW, toe sy DA raadslid was 5 jaar gelede het hulle niks gedoen nie…
Ek keur geen rasisme goed nie, maar dit word baie selektief toegepas.
Dié wat haar uitgelok en skelm afgeneem het, is baie walglik…!!!!!
EK VOORSPEL DAT HIERDIE INSIDENT DIE DA BAIE STEMME GAAN KOS. !!!! Hulle het vergeet van Schweizer Reneke….

Neh? ·

Die ergste van als is, ek haal aan:”in ñ PRIVAAT gesprek.” Hierdie dui dan mos daarop dat die DA ñ vendeta teen Maritz het? Regtig, vyf jaar later wil julle ñ lawaai maak!! Bietjie agter die tyd hoor. Dis duidelik dat reg en geregtigheid nie die rede is vir julle lawaai nie DA. Die is persoonlik.

jakes ·

As die vrou aangeklae gaan word vir wat sy 5jaar terug gese het dan moet ek die doodstraf kry vir wat ek 5jaar gese het en nou nog se.

JvA ·

Baie mense gebruik die K-woord nie om lelik te wees maar bloot uit gewoonte of omdat dit die norm was destyds. Dink nie dis om skade aan te rug nie.

gatiep ·

DA raak nou nes die Demokrate in US.
Gebruik en vernitig mense se lewens vir politikieke doelwitte.Dis n EVIL om sulke goed te doen.
Sal nooit ooit vir sulke mense stem nie.

Koos Bronkhorst ·

Elke DA moet asb die volgende beëdigde skriftelikke verklaring by sy DA struktuur indien: ” l, Johnny Walker ID 190927 5023 089 swear under oath that I have not uttered the K or H word during the past 5 years. I will submit this oath every year. I will also record by cell phone device the video or voice recording of any person using the K and H words, be it family or friends. I will submit such proof of crimen injuria to DA leadership for MRK/ HRC criminal prossedering” Hierdie beëdigde verklaring moet deur elke DA parlementslid en munisipale raadslid en gewone lid afgelê word en by DA administrasie ingedien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.