Klagte kom teen EFF ná raadsgeveg

Vuisgevegte in die raadsvergadering in Johannesburg. (Foto: Skermskoot)

Kriminele klagte wink teen lede van die EFF nadat daar ʼn volslae vuisgeveg tussen raadslede tydens ʼn 12 uur lange raadsvergadering in Johannesburg was.

Voordat die vergadering Donderdag verdaag is, is die chaotiese gebeure van die aand op beeldmateriaal vasgevang en doen dit sedertdien die ronde op sosiale media.

Die beeldmateriaal wys hoe die speaker van die raadsvergadering, Vasco da Gama, deur EFF-lede bygekom en uit sy stoel verwyder word. Ander DA-raadslede het ook in die proses deurgeloop.

Die DA voer nou aan dat sy lede deur die EFF “aangeval en geïntimideer” is – veral sy vroueraadslede.

“Raadslede moet veilig voel in hul werkplek en geweldplegers moet aanspreeklik gehou word, veral diegene wat ʼn eed afgelê het om die Grondwet te beskerm,” sê Bongani Nkomo, die DA se adjunkkoukusleier in Johannesburg.

Om dié rede het die DA onderneem om ʼn saak by die polisie aanhangig te maak “om te verseker dat die betrokkenes verantwoording doen”.

Da Gama het glo reeds ʼn saak van intimidasie en aanranding teen die EFF aanhangig gemaak, berig News24.

Nkomo meen die chaos het uitgebreek nadat die ANC en EFF se “talle vertragingstegnieke” tydens die raadsvergadering gefaal het. Dié taktieke is glo gebruik weens ʼn omstrede item op die vergadering se agenda.

“In ʼn poging om die verrigtinge te ontspoor het die EFF anargie en geweld gekies,” sê Nkomo.

“Die EFF het voortgegaan om die speaker gewelddadig uit sy stoel in die raadsaal te verwyder en tydens hierdie ongelukkige gebeurtenis is die DA se raadslede aangeval.

“Hierdie onbetaamlike optrede kom in ʼn tydperk waarin ons bedoel is om nie net die veerkragtigheid van ons vroue te waardeer nie, maar ook waar ons vasberade en verenig moet bly in ons pogings om hulle te beskerm.”

Nkomo sê die DA se gedagtes is by Da Gama ná die traumatiese ervaring.

Dit is nie duidelik of Da Gama enige beserings opgedoen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Blomme ·

As sogenaamde leiers so lyk, wat verwag jy van die volgers? Nou maak dit sin dat die land so in chaos is.

Harley Davidson ·

Die polisie moet die kriminele arresteer en prosesseer, kom on kyk of dit gaan gebeur?

Snowball ·

Lyk soos iets wat hoort by ‘n dronknes in ‘n hool, nie ‘n raadsvergadering nie. Laagste vlak van beskaafdheid is al wat die kognitiewe ontwikkeling toelaat.

Jr ·

If you say what you really feel, you are a racist. Low IQ leaders put there only because they have the biggest mouths amongst other big things

marius ·

Waarom het julle hulle nie terug gefoeter met stoele nie ?

Ligloop ·

Dit is nou n groot sirkus. Die einde is naby vir heeltemalle wetteloosheid.

Vexed ·

LOL te lekker om te kyk hoe die spul mekaar takel! It’s a dog eat dog world!

Alta Alleman ·

EFF : Untouchables.
GEEN saak word sommer teen hulle gewen nie.

tierwyfie ·

Daar gaan weer niks van kom nie. Malema en sy trawante loop nog steeds vry rond na alles wat hulle reeds aangevang het.

Andries ·

ek bly maar skepties oor al die kommentators se hoop op koalisies na 2024 en hier is die rede hoekom.

piet ·

Wat ‘n gemors. Dit lyk of die vrou deur 2 ander vrouens aangerand is. So kommin soos gras. Dis nou al die hoeveelste geval van wangedrag, hulle moet in die tronk gaan sit. En hierdie dra van oorpakke in die wetgewende sale moet ook verbied word, dis slordig en doen afbreuk aan die waardigheid van die instansies (nie dat waardigheid en EFF in een asem genoem kan word nie).

Jasmyn ·

Wat my verstand te bowe gaan is hoe hierdie aanranders, na soveel oortredings, steeds in die parlementsittings toegelaat kan word. Dit dui daarop dat geweld en aanranding en onrespekvolle optrede en diskriminasie teenoor vroue maar goedsmoeds in Suid-Afrika aanvaar word. Wat ń patetiese land om in te bly.

Koos 100 ·

Presies dieselfde EFF wat GBV klagtes gelê het toe hulle vroue uit die parlament verwyder is. Hierdie spul verdien nie ‘n plek in SA nie.
Ek glo egter vas dat die EFF deur die ANC begin was, veral in Zuma se dae, om die aandag van die ANC se korupte dade af te lei.

Chris ·

Dit is maar hul taktiek om ontwrigting te bring en die land onregeerbaar te maak.

Catherina ·

Is dit hoe “ordentlike” mense reageer???? Ordentlik!?

Andre ·

Grootste klomp slapgat rampokers wat daar is hulle aard na hulle rugraatlose leier met sy muis stemmetjie wat soos n leeu brul agter n mikrofoon dreig en val onskuldiges aan wat nie instaat is om hulle self te verdedig nie.Hou hierdie rassistiese komuniste uit die kollig uit man !!

domheks ·

COMMIN eff lede! Wil wys hulle is sterker as die res. Moenie so baie aandag aan die gemors gee nie, hulle floreer net op media dekking.

Jack ·

Die eff is n terroristegroep wat deur die anc aangestel is om hul vuil werk te doen. Deur intimidasie het die anc aan bewind gekom en deur dieselfde meganisme sal hulle die pad vat. Dit is egter n feit dat terrorisme nog steeds die land teister en dit sal nooit verander nie. Wanneer die chinese oorvat sal dit verander. Tianimin plein het die antwoord gegee op die probleem wat ons land beleef en geen gevolge vir die terroriste nie.

Nierkie ·

Die manlike EFF lid wat vroue so met die vuis in die gesig slaan moes mos onmiddelik opgesluit geword het – dis op video mense – en dit gedurende vrouemaand waar daar daagliks gepreek word oor GBH op vroue. Disgusting

Karina ·

Ek wil graag een woord gebruik in Engels. Hooligans. Geen leier tree so op nie.!!!!

Swerwer ·

Dan noem hul hulself Ekonomiese Vryheids vegters.
Die EFF naam moet veraner na “Extremely Conceited Fighters”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.