Klagte teen Jason Rohde se ‘vriendin’ teruggetrek

Jason en Susan Rohde. (Foto: Facebook)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het klagte teen die veroordeelde moordenaar Jason Rohde se gewese minnares, Jolene Alterskye, teruggetrek. Rohde is daarvan skuldig bevind dat hy sy vrou, Susan, in 2016 op die Spier-landgoed buite Stellenbosch vermoor het.

Alterskye, Rohde se voormalige kollega en minnares ten tye van Susan se moord, is aanvanklik aangekla van crimen injura en minagting van die hof. Dít nadat sy verlede jaar op sosiale media teen die regter wat Rohde skuldig bevind het, Gayaat Salie-Hlophe, die NVG en die ondersoekbeamptes in die saak uitgevaar het. Sy het egter intussen om verskoning gevra vir haar optrede.

In reaksie hierop het adv. Nicolette Bell, tydelike hoof van vervolging in die Wes-Kaap, besluit om die klagte teen Alterskye te laat vaar. “Alterskye het onvoorwaardelik om verskoning gevra aan Salie-Hlophe en die NVG oor haar neerhalende opmerkings oor die staat en regstelsel. Adv. Bell aanvaar dus haar verskoning en trek alle klagte teen haar terug,” sê die NVG Vrydag in ʼn verklaring.

Rohde is in die proses om teen sy skuldigbevinding te appelleer en is intussen op borgtog vrygelaat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jaco ·

Wit man vermoor sy vrou en dan word hy op borgtog vrygelaat. O ja, ek vergeet: sy slagoffer was “mos maar net wit”, so sy oortreding was seker nie so erg nie. Wit lewens tel mos nie in die anti-wit regstelsel van SA nie.

Alleen Wolf ·

Dit is nie waaroor hierdie artikel gaan nie, en Rhode is slegs uit op borgtog, nog nie ‘n vry man nie.

antieke antie ·

volgens my is sy netso skuldig aan die moord want dis soos n stokkielekker vir n kind te belowe as hy iets verkeerd gaan doen… want sy het geweet hy is n ander vrou se man.

Deon ·

En waarom word die res van die gevangenisse wat op appel verhore wag nie ook opborgtog vry gelaat nie?

JohanR ·

As jy R200000 het om oortehandig ,dan gaan sit jy kekker by die huis. As jy net R2000 het om oortehandig dan kan jy maar net sit! Daai ander ou Rob Packham in die Kaap wat sy vrou vermoor het deur haar liggaam te veras in die BMW se kattebak, het seker nie R200000, soe hy moet maar sit!

Niklaas ·

Hierdie situasie se nuus is bitter om te sluk. Rohde die moordenaar, skuldig bevind aan moord op sy vrou, sit heerlik tuis, uit op borg. Maar waarom verdien hierdie karakter dit, terwyl soveel ander moordenaars, wat armer is as Rohde, agter tralies bly sit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.