Die ANC in die Wes-Kaap het gesê hy gaan Maandag ʼn klagte by die Menseregtekommissie indien teen ’n trouplek wat glo ʼn gay paartjie weggewys het.
“Faiz Jacobs, die party se provinsiale sekretaris, sal om 10:30 ʼn klagte teen Beloftebos indien,” het die party in ʼn verklaring gesê.
Volgens die ANC volg die klag nadat Beloftebos glo gesê het dat Alex Lu en Alexandra Thorne, ʼn paartjie van dieselfde geslag, weens die trouplek se “beleid” nie daar mag trou nie.
Die party het ook gevra dat Beloftebos en ander sakeondernemings wat teen ander mense diskrimineer, geboikot word.
Lees ook: Trouplek wat gays wegwys, stel sy kant