Klein Daniel tuis, ‘Dankie Jesus’

Daniel Kerswell (2) is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan. (Foto: Facebook)

Daniel Kerswell (2), die peuter wat op 7 September agter ʼn motorwiel by sy ouerhuis in Ermelo, Mpumalanga, beland het, is Dinsdag uit die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria ontslaan.

Sy ma, Danelle, het dié goeie nuus op Facebook gedeel met foto’s van ʼn glimlaggende Daniel wie se armpie nog in ʼn blou hangverband is.

“Hallelujah, dankie Jesus dat U ons seuntjie vir ons gespaar het,” het sy geskryf.

Volgens Kerswell is Daniel in dié stadium nog baie swak en loop hy moeilik.

“Hy mag vir klein rukkies alleen loop, maar glad nie sonder toesig nie.”

Kerswell sê Daniel het ook die eerste aand uit die hospitaal onrustig geslaap en kort-kort gehuil.

Nietemin is die gesin uiters dankbaar dat hul seuntjie tuis is.

Sy pa, Paul, het hom ook met sy gunstelingwegneemhappies van KFC bederf asook ʼn lekker roomys.

Daniel Kerswell (2) is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan. (Foto: Facebook)

“Hy het sommer self die lepel gevat en geëet.”

Kerswell sê Daniel het ook lekker in die bad gespeel.

Maroela Media het vroeër berig dat Daniel beseer is toe hy agter die wiel van sy pa se motor beland het.

Medici het vasgestel dat hy sy regtersleutelbeen en ʼn been in sy linkerheup gebreek het. Sy longe is ook beskadig en hy het ʼn sny onder sy maag opgedoen. Hoewel sy gesig ná die voorval blou en gekneus was, het hy geen breinskade opgedoen nie.

Kerswell het die dokters en hospitaalpersoneel bedank wat die afgelope twee weke na Daniel omgesien het, asook hul geliefdes en die gemeenskap wat die gesin bygestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Misky ·

Wonderlike nuus!!!! Baie bly saam met julle, dank die Vader Almagtige

BOKKIEBEK ·

Alle lof en eer kom U toe….Dankie JESUS dat U klein mensie se lewe gespaar en hom genees het..

Elmarie ·

Halleluja, dankie Vader. Ons is bly saam met julle, geniet hom by die huis.

Swerwer ·

Dankie Here Jesus, by U is niks onmoontlik nie! Sò sò dankbaar klein Daniel is weer tuis.

Skappie ·

Ons God is groot. So bly vir julle as ‘n gesin dat hy weer by die huis is. Mag hy net sterker en heeltemal gesond word.

Louise ·

Ag so bly om bietjie goeie nuus te lees. Baie dankbaar saam met julle!

Mariaan ·

Dis nou goeie nuus…lekker by jou huis! Gou beter word kleinman

Gert K ·

Die hele land is saam met julle bly en dankbaar. Jy is ‘n yster Daniel!!
Een van die dae is jy heetemal gesond !

annie ·

So bly vir julle maar moet dit nie nou oordoen nie… Gaan rus-rus voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.