Klerelys glo deur handelaars en nié Patel opgestel

Minister Ebrahim Patel (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die veelbesproke lys van klere wat tans deur Suid-Afrikaners in die grendelstaat gedra mag word, is glo deur klerehandelaars en klerevervaardigers opgestel en nie deur die minister van handel en nywerheid of deur die regering nie.

Dié onthulling is Vrydagoggend in die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid gedoen deur die direkteur-generaal van handel en nywerheid, Lionel October.

October het aan die portefeuljekomitee gesê die regering het bloot die aanbevelings geïmplementeer. Die klerebedryf het glo aangedring op ʼn eenvormige lys sodat niemand ʼn onregverdige voordeel kry nie.

Minister Ebrahim Patel is die afgelope tyd van alle kante met kritiek gebombardeer oor die lys van klere wat verkoop mag word. Hy is uitgekryt as ʼn Stalinis en sommige DA-ringkoppe het selfs grootoog beweer Patel skryf voor wat gedra mag word.

Dit het nie beteken LP’s het Patel sommer alles vergewe nie. Die minister was nie by die vergadering van die portefeuljekomitee teenwoordig nie, wat die VF Plus-LP Jaco Mulder laat opmerk het dat die minister meer verantwoordbaar gehou moet word.

October het op verdere kritiek van LP’s toegegee dat dit altyd ʼn debat is oor wat die regte mate is om die ekonomie oop te maak gegewe die gesondheidsrisiko’s. Hy het ook gesê die departement se jaarbeplanning en begroting word tans opdateer om die koronavirus se impak te reflekteer.

Die ekonomiese ingryping deur die regering sluit in voortdurende ekonomiese impakstudies, gesondheidsmaatreëls, versekering van verspreidingskettings van die plaas tot in die winkel, maatskaplike steun aan kwesbare inwoners, regulatoriese hulp om ondernemings aan die gang te hou, beskerming van verbruikers teen onbillike pryse asook laastens internasionale koördinering.

Dit is tans moeilik om te bepaal met hoeveel die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar gaan krimp, maar dis iewers tussen 5,8% en 9,1%, wat rampspoedig is.

Die departement van handel en nywerheid het intussen ʼn meesterplan vir die suikerbedryf gefinaliseer wat deur alle rolspelers ondersteun word. Ventilatorproduksie word ook deur die departement ondersteun.

Die departement help voorts plaaslike verskaffers van noodsaaklike goedere soos maskers, saniteerders, deppers en beskermende mediese klere. Wat produksielyne betref geniet kos, farmaseutiese produkte, mediese beskermingsdrag, invoere en uitvoere tans voorrang.

Vir saniteerders is Sasol (vervaardiging) en Coca Cola (bottelering) geprioritiseer. Binnelandse verspreiding van hoenderprodukte, uitvoere van graan en invoere van medisyne is ook vergemaklik, met spesifieke hulp aan Evergreen, Adcock/Aspen en PharmaQ.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Willem ·

Wonder watter klere handelaar so dom om net sekere van sy klere te verkoop

marius ·

Glad nie dom . Oorskot en gebruik hul invloed om dit wetgewing te maak.

Amatambo ·

Glo nie dis die klerehandelaar nie – ek glo eerder dat Patel agter hierdie nuutjie sit – dit was mos dieselfde Patel wat ook ‘n herrie oor die verkoop van warm kos opgeskop het…

Burgermeester ·

Ek kan net lag, met ander woorde, nou skryf die klerehandelaars en klerevervaardigers vir die regeing voor wat moet en wat moennie! So die regering erken hulle is nie in staat om enige sinvolle besluite op hul eie te doen nie? Ek weet ook nie hoekom ek verbaas is nie, want die taxi-bedryf skryf vir die Regering al jare voor wat gedoen moet word. Dit wys ook maar net dat die Regering uit ‘n klomp onbevoegde mense bestaan.

koos10 ·

1. Ek glo dit nie.
2. Dit vat hulle 2 weke om die nuus aan die publiek te verkoop?
3. Dan is dit soos tipies van die regering, plaas dat hulle die ouens wat alles nie verkoop nie, “uplift”, maar nee ons bring die res eerder af (en dan word die nuwe maatstaf).
4. Tipies Minister gedrag, smyt ‘n bom neer en kruip dan weg vir die ontploffing, en as dit lekker ontplof het ontken hulle alles en laat die howe maar voort baklei met die belasting betaler se geld!!!

En dan vra hulle hoekom ek drink en rook en vat dit dan ook weg????
Ramaposa en kie, ek moet op ‘n plak wees om julle te verstaan, sien my IK is redelik hoog en ek moet iets doen om dit af te bring.

RB ·

Net so Koos10! Jy moet dommer as n plank wees om hierdie storie te glo! Meeste van ons se IK gaan nooit genoeg afgebring kan word nie.

Agge nee ·

Regtig? Miskien moes hy dit darem net deurgelees het voordat hy dit as sy eie breinkind verkoop het. As hy het sou hy besef het dit is idioties. Jammer maar ek glo nie regtig nie, né.

Termiet ·

Ag. Asseblief. Moet nie ons integritet beledig nie. Bly liewers stil.

Jessey ·

Lag ek nou my masker af !!!!!

So die klerewinkels het dan besluit jy mag net ñ T hemp onder jou baadjie dra. En net toe skoene. En net dik kouse want nie almal kan dun kouse aankoop nie?

Powere poging om die skuldlas te skuif.

Maar dan laat dit ñ ander vraag. Gaan die sigaret maatskappye en brouerye dieselfde geleentheid gegun word of gaan dit ñ eensydige besluit wees want nie almal het ñ spesifieke “Brand” om te verkoop nie. So ons gaan almal moet Zumpie Zolle rook?

Erica ·

Blablablabla. Julle lieg. Verskaf die name! Dit kan julle nie doen nie nes die 2000 wat se geen rook. Rerig?? Ons almal weet dit is die een wat zol rol. Maar wag laat ek eers my zol lek en rol my wind af blaas en lag meskien sal ek julle dan glo.

Fedup ·

It wasn’t me. It was them. Strange when one start feeling that grip, someone else gets the blame.
No economy. No matter how we look at it.

Uhm. I think it was ne. Not really sure though.

Pampoen ·

Wie het dit goedgekeur en geteken? Wie is die verantwoordelike persoon? Nee wat ou maat, prober ‘n ander triek!

Burgermeester ·

Ek kan net lag, met ander woorde, nou skryf die klerehandelaars en klerevervaardigers vir die regeing voor wat moet en wat moennie! So die regering erken hulle is nie in staat om enige sinvolle besluite op hul eie te doen nie? Ek weet ook nie hoekom ek verbaas is nie, want die taxi-bedryf skryf vir die Regering al jare voor wat gedoen moet word. Dit wys ook maar net dat die Regering uit ‘n klomp onbevoegde mense bestaan.

Wondermaarnet ·

Bull!!! Geen klerehandelaar sal in hierdie kritieke tydstip nee sê om geld te maak nie. ANC probeer weer hier maak of dit nie hulle was nie.

Boortor ·

Wat n blatante lieg! Soos altyd! Geen handelaar kan so dom wees nie. Ons is nie kindertjies nie patel. Probeer weer en weer jy sal jou later self glo, dan voel jy dalk beter!

JohanR ·

Mnr Patel as jy soe na my kyk sien jy “stupid” hier op my voorkop geskryf, en die van 30 miljoen ander? ‘n Handelaar wil als en alles verkoop wat hy kan om geld te maak omdat daai handelaar nie vir 5 weke geld gemaak het nie. Gaan hy nou rerig vir jou se hy sal verkies om nie seker goed te verkoop nie soos toe skoene? Die toe skoene is regs langs die oop skoene…nou hoekom. In Engels se mens “your brain is fried Minister!”

gatgogga ·

Wel, as dit waar is (ek twyfel), dan het die klerehandelaars hulle kans waargeneem om ‘n groot gek van Patel te maak. En Patel het geval daarvoor.
Wat ookal, Patel is die mampara in hierdie verhaal.

PieterP ·

Die Patel kêreltjie dink ons is onnosel of ten minste so onnosel soos hy en sy mede agbares. Blok jouself en klim terug waar jy ookal vandaan kom

Pieter J ·

Dit is verstommend hoe daar vir die publiek gelieg word soos die storie oor die 2000 mense wat kamstig beswaar gemaak het oor die verkoop van sigarette.

Alexz ·

En die klere vervaardigers is seker op Patel se payroll….

Jessey ·

Ek wonder wat is die Suiker Meesterplan wat daar is.

Sien Ketting winkels pak nou sjokolade waar die sigarette was. Suiker is seker goed vir mense.

Die bakkers sal maar hulle resepte moet aanpas by die voorgeskrewe maatreels van hoe suiker gebruik mag word want “all sugar will not be equal”

Mariana ·

Klink weer of geld bo toon voer. Hoe kan handelaars besluit wat ek moet of mag dra of nie. Nee wat hoekom is daar dan nog ‘n president en ministers wat besluite neem. Nee ek dink dit is weer net ‘n verskoning van “issie my skiltie” iemand moet tog die skuld kry vir swak besluite.

Deon ·

Dit maak nie n duit saak wie dit opgestel het nie, hy Patel het dit goed gekeur saam sy mede ncc’s!!!

Jack ·

Nie net goedgekeur nie maar in die staatskoerant afgekondig om dit regskarg te gee en na ontvangs van kritiek dit in die openbaar verdedig.

Mense, julle moet kennis neem dat kommuniste nooit foute maak nie want hulle is bo die normale mensedom verhewe. Hulle sal ook nooit erken dat hulle fout gemaak het nie maar die blaam op ander afskuif. Dis die klerehandelaars, apartheid, Jan van Riebeeck, die gierige kapitaliste …. enigiemand buiten die kommuniste.

marius ·

Dring aan dat october ingevolge die wet op openbaarmaking van inligting die name van die handelaars bekend maak !

Francois ·

Ag asseblief. Dit is seker deur een van sy eie familie se winkels voorgele. Wys my watter winkel gaan sy keel afsny en se jy mag net dit of dat koop. Ek dink die minister het net vlak 3 op skool gemaak

Henk ·

Hoe dom dink die man is ons, hoekom sou enige handelaar net sekere van sy produkte wou verkoop en sou dit die geval wees, is die Minister dan niks meer as n rubber stempel nie, geen wonder mense honger agv hulle besluite nie!

Jakes ·

Duidelik te onnosel om in besigheid te wees…..word n politikus…….

Hannes ·

Belaglike verskoning. Skuif sy verantwoordelikheid en patetiese besluite af na die bevolking. Pateet!!

Yvonne ·

Die is soos alles wat uit hulle monde kom n hengse bogstorie en toesmeerdery uit die boonste gestoeltes

twaalfboor ·

Ek moet my weerhou om nie te VLOEK nie. Blame shifting the name of the game.

john ·

OOH nou typies van hulle ” dit was nie ekke nie !” Hulle kon nie nou apartheid blame nie nou is dit die klere vervaardigers. Welke vervaardiger gaan voorstel dat daar net n gedeelte van sy lyne verkoop mag word?

Kruger ·

Hoe weet jy wanneer iemand van die regering lieg? Wanneer sy lippe beweeg……

Peetjie ·

Regtig??? dit is tog so maklik om die vinger na iemand anders te wys… watter klere winkel wat by sy volle verstand is sal homself in die voet skiet om net sekere klere en items te verkoop…. hulle maak reels en as dit backfire dan is dit altyd iemand anders

Jack ·

Dit laat my te veel dink aan die kleur van staatsgeboue in Moskou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.