Koebaai e-tol, maar wie gaan skuld betaal?

e-tol 2

(Argieffoto)

Die Gautengse premier Panyaza Lesufi het opnuut die versekering gegee dat die gewraakte e-tolstelsel in Gauteng iets van die verlede is.

Lesufi het dit Maandagaand in sy eerste provinsiale rede opnuut benadruk en gesê sommige van die praktiese kwessies wat nog uitgestryk moet word, sal in samewerking met die departemente van onderskeidelik finansies en vervoer gedoen word.

“Ons is op die punt om ooreen te kom oor alle kwessies wat ons sal toelaat om die afskakeling van die tolhekke in die Staatskoerant af te kondig.”

Hierdie kwessies sluit in die terugbetaling van skuld en die hantering van geld wat oor die jare van betalende motoriste ingevorder is.

Die drukgroep Outa sê ten spyte van die mooi broodjies wat Lesufi bak, het niks verander sedert die minister van finansies in Oktober verlede jaar ʼn aankondiging daaroor in sy mini-begroting gedoen het nie.

Die stelsel werk nog nes altyd en hou steeds daagliks motoriste se rekeninge daarvoor by.

“Ons het die opmerking dat die besluit geneem is en die ‘e-tolstelsel op die punt staan om geskrap te word’ nou al herhaaldelik oor die afgelope paar jaar gehoor – en formeel het niks nog verander nie,” sê Wayne Duvenage, hoof van Outa.

Daar is oënskynlik geen einde in sig aan die debakel nie en tot die stelsel amptelik afgeskakel word, is alles wat die premier en enigiemand anders daaroor sê, net leë woorde, sê hy.

Sommige motoriste en ondernemings betaal steeds hul e-tolrekeninge omdat hulle aanhou om dit te ontvang. Ander weier om op te hou betaal omdat hulle wag vir ʼn aankondiging en tot dan bly hulle onmededingend en onderworpe aan onnodige uitgawes.

Outa het ʼn beroep op die tesourie, die minister van vervoer, Sanral en die Gautengse premier gedoen om nou eens en vir altyd ʼn einde aan die stelsel te bring. “Die kwessie van wie betaal vir wat sleep nou al te lank voort. Om afsluiting te kry, moet Sanral ʼn afkondiging in die Staatskoerant doen om die aanvanklike verklaring van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek as tolpaaie te wysig.

“Dit behoort nie langer as ʼn paar dae te duur nie. Ons hoop die minister van finansies sal finale sluitingsdatums in sy begrotingsrede verskaf sodat ons hierdie sage nou agter ons kan laat,” sê Duvenage.

Ook adv. Anton Alberts, die VF Plus se nasionale voorsitter en lid van die Gautengse wetgewer, sê benewens Lesufi se aankondigings oor misdaadbekamping, township-ontwikkeling en basiese onderwys, het hy “weer gespog oor die afskaffing van die e-tolstelsel wat ironies genoeg steeds aktief is”.

“Hy het gerieflikheidshalwe nie aangedui waar die fondse vandaan sal kom vir die projekte nie,” sê Alberts.

Solly Msimanga, die DA-leier in Gauteng, sê hulle gaan ʼn omvattende lys van vrae oor die skrap van die e-tolstelsel aan die premier stuur.

“Gautengers is opnuut belowe dat die e-tolstelsel geskrap is, maar dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

“Die premier moet verduidelik presies waar die geld vir die provinsie se gedeelte van die skuld vandaan gaan kom – en waarom dit nou soveel meer is,” sê Msimanga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Koos 100 ·

Bla bla bla bla. Gramafoonplaat wat vas hak. GEEN aksie nie. Absoluut Afrika styl.

Faraway ·

Dit sal nou n meevallertjie wees INDIEN dit terug betaal word. . . Dalk kan ek n inverter koop met daai geldjie

Koen ·

Hoekom in die eerste plek betaal en korrupsie finansier. Dis was mos ‘n bekende feit. Moenie jou asem ophou vir die terugbetaling nie.

Faraway ·

Want. . . Die WOORD leer ons duidelik betaal aan die keiser wat hom toekom so my gewete is skoon wat hulle doen is op hulle

Christine ·

Die Woord sê ook : Want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand.
Spreuke 2:6

Sanet ·

En jou eie belastinggeldjies gaan vir die terugbetaling gaan………. HEHE

Carel ·

Retoriese vraag . . . Natuurlik gaan ONS die skuld moet aflos?!
Our People gaan defnitief nie vir die Korrupte gelag betaal nie?

Rooi rissie ·

Hoe gemaak as die melk koei droog is. Wie gaan dan vir alles betaal.

Sandra ·

Hulle kan netsowel die ding afsit, want ek weet van baie mense wat dit nie betaal nie. Dit was maar nou net ‘n geldmaak storie wat platgeval het. Die feit dat hulle dit aan hou en nog steeds rekeninge vir motoriste stuur, moet vir hulle eie koste wees. Buig die knie en erken dat julle uitoorle is deur die simpel stelsel en sit die ding af.

Yoda ·

Ek het net n vraag: As e-tol geskraap word beteken dit dan dat alle e-tol gaan wegval. As dit die geval sou wees dink ek net aan die toestand van die paaie. Gaan dit nog onderhou word. Word e-tol aangewend vir die huidige onderhoud van die paaie. Ek vra net n onskuldige vraag. Ek sal waardeer as iemand vir my meer inligting hierop kan gee.

Faraway ·

E-toll is NET die oorhoofse stelsel wat jy onderdeur ry. . . En wat jou baie minder kos as Tolhekke

Pierre ·

Yoda, basiese antwoord is nee biiter min van die inkomste behoort aasn SANRAL wat n mandaat het om paaie te onderhou, die grootste gedeelte gaan aan buitelanders wat bele het in die stelsel, maar net een van die ANC masjien se korrupte programme wat geensins bydra to RSA nie

Elma ·

Ai die arme mense wat al die jare betaal het. Skryf maar enige terugbetaling op jou maag. Dai geld is laaaankal elders bestee deur een of ander knaap in posisie van gesag.

Faraway ·

Wel die WOORD leer ons betaal aan die keiser wat aan hom toekom.

Mossie ·

Ek hoop nie hulle gaan die skulde verhaal van die belasting betaler, soos in die geval van Eskom se R400 Miljard wat uit die staatskas moet kom

CHRISTINE ·

DIE ANC. DIS AL WAT HULLE KON ‘OPRIG’ IN 20+ JAAR, EN NOU IS DAAR SKULD.

Jeanette ·

Die regering kon die R220miljoen wat opsy gesit is vir die SA Weermag se funksie vandag net so gevat het en elders aangewend het waar dit brood nodig is. Hulle weet om die belasting betalers se geld te mors. Ons betaal ons gedaan aan duur brandstof, kos en wat nog alles, dis tyd dat hulle besin en ophou geld in hulle sakke druk waarvoor hulle in elk geval nie eers gewerk het nie.

Lillian ·

Dit was nie ons idee nie maar ons gaan iewers anders weer geskroef word om die skuld terug te betaal. Nog ‘n bewys van die onbevoegdheid van die anc om die land na behore te regeer

DieKriek ·

Ons het Sondag van Pretoria na Alberton gery en al die ligte op die e-tol stelsels was af.

Adri ·

Nou is ek spyt dat ek nooit e-toll betaal het nie! Dink net wat kon ek nou teruggekry het! Hahaha. Kom ons kyk wat gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.