Ouers, onderwysers en ander belanghebbendes sal weer die kans gegun word om hul mening oor die beplande wysigings aan die Skolewet te lug.
Die portefeuljekomitee oor basiese onderwys het Dinsdag besluit om ’n uitgebreide openbaredeelnameproses oor die wetsontwerp, wat verlede week aan die portefeuljekomitee vir onderwys voorgelê is, te begin.
Bongiwe Mbinqo-Gigaba, komiteevoorsitter, sê die komitee het ingestem om die vloer vir skriftelike openbare kommentaar vir ’n maand lank oop te stel. Dit sal waarskynlik in Maart plaasvind.
Die komitee sal vandaar ook openbare verhore fasiliteer.
Mbinqo-Gigaba sê die openbaredeelnameproses het ten doel dat alle belanghebbendes die geleentheid gegun word om hul menings te lug. Alle platforms sal gevolglik ingespan word om die publiek van die wetsontwerp bewus te maak.
Die publiek het reeds die afgelope jare verskeie geleenthede gehad om op beplande wysigings aan die wet kommentaar te lewer voordat ʼn aangepaste weergawe van die wetswysigings verlede week in die parlement ter tafel gelê is.
Maroela Media het vroeër berig daar word met beplande wysigings aan die Skolewet beoog om die provinsiale onderwysdepartement die reg te gee om oor skole se taal‑ en toelatingsbeleid te besluit, eerder as skole se beheerliggame.
Die wetsontwerp bepaal dat die beheerliggaam van ’n openbare skool die skool se taal‑ en toelatingsbeleid vir goedkeuring aan die departementshoof moet voorlê. Die departementshoof kan ook ’n openbare skool opdrag gee om meer as een onderrigtaal aan te neem.
Die wetsontwerp maak ook voorsiening daarvoor dat die minister die gesag het om ’n persoon, ’n organisasie of ’n groep persone aan te stel wat oor kurrikulum- en assesseringsverwante aangeleenthede geraadpleeg sal word.
Daar word met die wetsontwerp ook beoog om graad R verpligtend te maak vir voorskoolse leerders.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Hierdie ding moet hof toe, of die ANC gaan not iets in SA opneek!
So word demokrasie deur sentrale beheer met katastrofiese gevolge. Ons gaan dit NIE toelaat!!
Die STAAT het geen reg om beheer oor alles te neem nie. Ons is nie ‘n militaristiese Staat nie, hoewel die AMC so hoop. Ongelukkig is ons blanles in die minderheid en voorspel ek dat hulle oor ons gaan loop.
Gelukkig het ek nog net 1 skool jaar oor. Plaas jou kind liewer in’ n privaatskool, Beter onderrig en gemoedsrus vir die ouers.
Ouers beter Saam Staan, of……
Die spekter van siviele onrus word al hoe groter namate ons in ‘n hoek gedruk word !!