Kommer of stadion groot skares kan hanteer

(Foto verskaf deur die DA)

Die Demokratiese Alliansie is besorg oor die huidige toestand van Noordwes se Mmabatho-stadion met ʼn kapasiteit vir 59 000 toeskouers.

Die stadion is al ʼn geruime tyd lank gesluit weens veiligheidskwessies en sal na verwagting op 3 Desember talle toeskouers lok vir die #FillUpMmabathoStadium-geleentheid deur Cassper Nyovest, ʼn kletsrymer wat in Mahikeng gebore is.

“Alhoewel die geleentheid ʼn groot hupstoot sal wees vir die plaaslike ekonomie, is ons bekommerd oor die toestand van die stadion ná ʼn oorsigtelike besoek verlede week,” sê Winston Rabotapi, die DA se woordvoerder oor sport en ontspanning in Noordwes.

Die stadion het nie enige funksionele ablusiefasiliteite nie, van die stoele is vervalle en die kolligte op die veld werk nie. Een van die kolligte het onlangs aan die brand geslaan en die brandblussers is op die toneel gelos.

“Daar is geen sitplekke in die BBP-area nie; die dak lek; die presidensiële suite is vervalle; die plafon sak inmekaar; die lugverkoelingstelsel werk nie.”

Die ouditeur-generaal het tydens ʼn voorlegging oor die departement van openbare werke se jaarverslag vir 2021/22 gesê daar was vir verskeie jare lank ʼn versuim deur die departement om assesserings te doen oor sy geboue. “Wat ons by die Mmabatho-stadion gesien het, beaam dit.”

Die DA versoek die LUR vir kuns, kultuur, sport en ontspanning, Galebakwe Tlhapi, en die uitvoerende burgemeester van Mahikeng, Tshepiso Mphehlo, om seker te maak dat die nodige veiligheidsmaatreëls nagegaan word om die strukturele integriteit van die stadion te bevestig voor die #FillUpMmabathoStadium-byeenkoms.

“Ons sal LUR Tlhapi ook versoek om ʼn gedetailleerde beplanning voor te lê om die veiligheid van besoekers te verseker. Dit is betreurenswaardig dat ʼn multimiljoen rand se fasiliteit soos Mmabatho-stadion, wat ten doel het om Noordwes se sport- en toerismebedryf ʼn hupstoot te gee, tot só mate verwaarloos is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Dit was in 2010 voorspel, met die stadions wat nie volhoubaar is nie…baie het verander sedert 1981 toe dit gebou is.

Jacobus ·

Die meeste sport stadions en hul meegaande geriewe is net ‘n shopping mall vir die affirmative shoppers.

Susanna ·

Sit die vlag van R22 miljoen op. Dit sal dit beter maak…soos ‘n pleister oor ‘n sny!

marius ·

Alles in die hool is vervalle . Dit kan nooit reggestel word nie .

Veronika ·

Tipies, alles wat onder die ANC se “sorg” is lyk so!! Ons pragtige Eiland op upt lyk net so, wat eens n gesogte toeriste aantreklikheid was waar mense vir n naweek en vakansies kom uitspan het is weg!!

Aggie ·

Ek was paar maande gelede daar en gesien dis totniet????????

Kokerboom ·

Ek het jare in Mahikeng/Mmababatho gebly en werk en die traumas van oorgang beleef. Voor kaders oorgeneem /gevat het was die Mmabatho ‘n ster ontwikkeling. Dis ‘n absolute skande dat bates so verwoes word. Toon soos altyd die kaders het geen emosie met enige infrastruktuur asook geen verantwoordelikheidsin. Die skepsels KAN NIE regeer!!! Laat ons dit nou vir eens en altyd besef!! EN Optree!!!

Marilize ·

Gaan kyk hoe lyk die Oppenheimer stadion in Klerksdorp/Orkney. Daar is absoluut NIKS oor nie.

Roek ·

Toe ek in Noord wes gewerk het ek ‘n kollega gehad wat altyd gese dit sal nooit ‘n sukses wees nie omrede dit verskeie platforms het soos son panele , hy het altyd gese dit sal ‘n goeie son paneel vir krag wees in die toekoms , hy is reeds oorlede en dink ek sy woorde is waar !

Di ·

Dis nie eers meer snaaks om dit te sien nie, ALS in die land is ten gronde!

Lurock ·

Hierdie geleentheid sal voortgaan sonder dat een Sent gespandeer sal word. Hierdie kaders is min gepla.

Nommer 7 ·

Die toeskouers sal niks agterkom nie. Dis maar hoe dit is.

Marcello ·

Wat is nuus, alles in hierdie land het verval, geboue, Staatsinstellings en so kan ‘n mens voortgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.