Kommer oor talle verlate babas

(Foto: Christian Bowen/Unsplash)

Groot kommer heers oor die getal babas wat in Gauteng versaak word.

Kwara Kekana, woordvoerder van die departement van gesondheid in die provinsie, sê 118 babas is net die afgelope jaar in Gautengse hospitale agtergelaat.

Sommige van die redes wat hiervoor aangevoer word, is tienerma’s wat bang is vir hul ouers, ongewenste en onbeplande swangerskappe, ʼn gebrek aan basiese benodigdhede soos klere en toiletware vir die ma en pasgebore baba nadat hulle ontslaan word, ʼn gebrek aan emosionele en finansiële steun van die kind se pa asook die feit dat mense onwettig in die land is.

Hospitale met groot getalle voorvalle van ma’s wat babas agterlaat sluit in Carletonville (19), Leratong (19), Verre Oos-Rand (13), Tembisa (10) en die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal (10).

Kekana sê die tyd wat sulke babas in die hospitaal bly wissel van ʼn week tot ʼn maand – of selfs langer – afhangend van die mediese toestand van die kind. Dit hang ook af van hoe vinnig die hospitaal se maatskaplike werkers die kind ingevolge wetlike prosesse na ʼn organisasie kan oorplaas wat geakkrediteer is om na kinders om te sien.

“Om die getal babas wat aan die genade van die hospitaal oorgelaat word te verminder, doen maatskaplike werkers bewusmaking onder verwagtende ma’s oor versorgingsopsies soos aanneming, tydelike versorging of pleegsorg.

“Deur samewerking met kinderbeskermingsorganisasies kan hospitale se maatskaplike werkers ma’s wat oorweeg om hul babas te verlaat help met basiese benodigdhede vir hulself en die baba,” het Kekana gesê.

Op dié manier is die ma in ʼn posisie om na haarself en die baba om te sien tot sy ʼn ingeligte besluit kan maak.

“In gevalle waar die ma’s instem om self na die kind om te sien, word sy na ʼn kinderbeskermingsorganisasie vir verdere steun en versorgingsmoontlikhede verwys wanneer hulle uit die hospitaal ontslaan word.”

Kekana sê daar word al hoe meer vordering gemaak om verwagtende en nuwe ma’s wat moontlik oorweeg om hul babas agter te laat, betyds te identifiseer. Verpleegpersoneel verwys hulle dan na maatskaplike werkers vir berading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Prikkie ·

Dit is omdat die regering so besig om tabak en alkohol smokkelaars vas te trek, dat meisies nie onderrig word oor ongewenste swangerskappe nie.

Spandeer die tyd en geld en energie om mense op te voed op die skoolbanke al!

Sandra ·

Nie goed nie, maar beter as om die baba te vermoor of in ‘n sak êrens te los. Mag al hoe meer mammas gehelp word. Of nog beter – onbeplande swangerskappe voorkom word deur ingelig te wees en voorbehoedmiddels te gebruik.

Anne-Marie ·

Ek sal, solank as wat ek leef, NOOIT OOIT kan verstaan hoekom vrouens “ongewenste” swangerskappe het nie. Voorbehoedmiddels en kondome is gratis. Hulle skree hulle is honger, werkloos en deel van “agtergeblewenes”. In sulke omstandighede moet mens mos rasioneel en nugter dink en nié swanger raak nie!! Onskuldige kinders ly daaronder. Dis verby hartseer en onverstaanbaar.

Althes ·

Ongewenste swangerskappe plaas groot druk op die sosio ekonomiese in ons land.
Sulke kinders bly ñ agterstand in die lewe te hê en sukkel meer om uithul omstandighede te kom.

Wilma ·

Ek bedoel dit nie wreed nie, ek is self ‘n ouma. Maar voorbehoeding is gratis beskikbaar by klinieke, 14 jaar oud en sit met ‘n baba? Die regering moet ophou grands betaal. dan sal die verseker afneem. Die dame het nou in die hospitaal geboorte gegee, Die klein mensie word geregistreer en daar kry sy ‘n grandd en nou het hulle nie meer die baba nodig nie. Ek weet daar is vroue wat die grands regtig nodig het en dit is goed as dit vir die regte rede gegee word. Daar was ‘n geval dat 4 mense (altwee oumas, pa en ma) vir die selfde 1 kind grand kry. My ma se bedoende het haar dit vertel. Die twee oumas sê die ma het die kinders by haar gedump, die pa sê ma is dood en die ma sê die pa is weg. Daardie tyd het hulle R250.00 per kind gekry, R1000.00 per kind per maand. Almal werk, Die ma & pa het ‘n goed betaalde poste. Die twee oumas werk 5 dag week. Die kleintjies word dan net by die outste kind gelos vir die dag.

Sarel ·

Nienand kan vandag nog reken dat hulle nie weet waar kom babas vsndaan of wat voorbrhoed is nie. Dit is bloot traak my nie agtigheid en onskuldige kinders moet prys betaal.

Elize ·

Klim in die bed en sowaar ek klim nie weer alleen daar uit nie! Hoe kan sulke mentaliteit goed gepraat word.

Yolandie ·

Die meerderheid jeug vandag sit eerder by die huis…..maak babas en dump hulle by ouma en oupa vd grant, Nie dat die grant elkgeval eers ‘n pak doeke kan betaal nie, en dan gaan hulle maar net aan met hulle jong lewens. Worry geensins oor die kind se behoeftes nie, ouma en oupa moet nou maar op hulle pensioene sorg. Dis skandelik, so ek is nou glad nie verbaas om te hoor vd tendens nie. Die staat dring mos nie daarop aan dat jy bewys jy sorg vir die baba nie. Die dat hulle seker net met die geboortesertifikaat gaan staan en eis vir ‘n grant. Dinge gaan beslis nie verbeter, ongeag of kondome en voorbehoed gratis beskikbaar is. Dis nie in hulle kultuur om verantwoordelikheid vir enige iets te neem nie, selfs nie eers ‘n baba nie. En daarom sien mens vandag kinderlose blanke pare wat swart babas aannaam, want ons gooi nie ons kinders weg as ons hulle gemaak het nie.

Nici ·

Ons is plek van veiligheid vir baba’s en kinders in nood en betrokke by ‘n kinderhuis. Die hartseer wat mens sien is vreeslik! Baie mense dink die verwaarlosing van kinders is aan ‘n ras gekoppel, maar glo my dit is ALLE rasse! Die ergste is die plekke wat moet help omsien na die kinders is vol en die howe stadig aangesien nie alle afdelings al oop is nie ‘due to COVID’ en dit help ook nie die proses aan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.