Kommer oor Vrystaatse paaie voor reënseisoen

Slaggate op die R59 in die Vrystaat. (Foto: Verskaf)

Alle oë is op William Bulwane, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer na sy aankondiging dat hy miljoene rand bewillig het om ʼn aantal van die gehawende paaie in die Vrystaat te herstel.

Vrystaat Landbou (VL) sê hy is egter versigtig optimisties of dit gaan realiseer.

Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie het al verskeie kere met die LUR vergader en skrywes gerig om optrede te eis. Einde ten laaste is ʼn memorandum in Mei vanjaar aan Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, oorhandig waarin VL die provinsiale regering se onmiddellike optrede op paaie reg oor die provinsie geëis het.

“Hierdie aankondiging is die resultaat van volgehoue openbare druk deur ons organisasie. Dade spreek egter harder as woorde en ons sal die vordering krities dophou,” meen Wilken.

Dit bly egter onduidelik wanneer die nodige herstelwerk aan die provinsie se padinfrastruktuur sal begin.

“Die risiko is tans dat ʼn goeie reënseisoen oor die vakansietyd verdere skade aan die Vrystaat se padnetwerk sal aanrig, nog voordat die aanvanklike skade herstel kan word.

“Ons hoop is dat die provinsiale administrasie sal toesien dat die fondse wat bewillig is, reg aangewend sal word en nie sal ‘verdwyn’ nie.”

Vrystaat Landbou het aangedui dat hy sal voortgaan om verdere druk op die provinsiale regering te plaas om ook die ander paaie in die provinsie te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

Ek klink seker negatief maar sien is glo! ALLES wat uit enige kader se mond uit kom moet met ‘n knippie sout geneem word. Wys my EEN van hulle beloftes wat wel realiseer het! NONE

Danie ·

Ek dink n mens se geduld het perke.Maar die ANCash se beloftes gaan my te bowe.Absoluut geen gevolge vir die faal van verantwoordelikhede.

domheks ·

Praat, praat, praat. Beloftes, beloftes, beloftes = NIKS! cANCer se manier van doen.

Mariana ·

Baie praat,baie beloftes maar niks gebeur of gaan nie. As ons paaie wil reg hê moet ons dit self doen…..soos reeds in baie dorpe gedoen word. ANC regering gee nie om, sorg net vir hulself en wil hê die land moet uitmekaar val. Dit is hul mikpunt

My siening ·

Kader ontplooing dit sal tender bedrog met geen resultaat wees!

Gert ·

Ja good luck met daai. Jy kan dit op jou maag skryf en met jou hemp afvee. Jy kan n kader trust om n kader te wees.

Frederik C ·

Alle oë op bra Bulwane. Liewe vader, ons weet mos hy gaan niks doen nie.

Jacobus ·

Die “herstel” gaan seker groot geel borde wees, met die volgende daarop; ” Road impassible use at own risk”

Willem ·

Die opskrif is verkeerd. Dit moet lui: “Kommer Oor Vrystaatse Slaggate Voor Reenseisoen” want die foto wys nie n pad nie maar n versameling slaggate. Daai slaggate gaan wegspoel met die reenseisoen dan sit die mense met n pad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.