Korporaal wat vrou skiet bots weer met gereg

Foto: SAPD

Die weermagkorporaal wat Carine van Staden (28) verlede jaar ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer geskiet het, is in hegtenis geneem in verband met ʼn ander voorval.

Jacob Marakalla (35) van die weermag se BBP-eenheid in Pretoria is Maandag saam met nog twee verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van roof. Marakalla, Lucas Mudau (42) en Rendani Edzani (42) is in hegtenis geneem kort nadat ʼn hardewarewinkel in Dzanani buite Louis Trichardt in Limpopo beroof is.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die drie ook werkers by die hardewarewinkel van hul selfone beroof voor hulle in ʼn Volkswagen Jetta van die toneel gevlug het. Die polisie is in kennis gestel en het die wegkommotor op die R523 gewaar en agternagesit. Die motor is voorgekeer en die drie verdagtes in hegtenis geneem.

Marakalla (voor in die pak) buite die hof. Foto: Phillip Bruwer

Ngoepe het gesê daar is op die dag van die inhegtenisneming beslag gelê op vier motors, waaronder ʼn BMW 540i wat aan die weermag se BBP-eenheid behoort, balaklawas, twee 9 mm-pistole, kontant en twee blou ligte. Daar is intussen ook vasgestel die Jetta is vroeër in Johannesburg gekaap.

Die drie verdagtes het intussen in die Dzanani-landdroshof verskyn en die saak is tot 17 Mei uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding tot dan terwyl die polisie se ondersoek voortgaan.

Volgens Ngoepe het die polisie intussen Donderdagoggend bykomende inligting opgevolg wat hulle na Nzhelele gelei het waar daar op nog drie motors beslag gelê is, waaronder ʼn Audi wat in KwaZulu-Natal gekaap is.

Van die voertuie waarop beslag gelê is, is glo deur Edzani aan gemeenskapslede verkoop. “Daar word vermoed dat Edzani al meer as 40 gesteelde motors in die Nzhelele- en Musina-gebiede verkoop het.”

Marakalla, die BBP-motorbestuurder vir die weermag se hoof vir gesamentlike operasies, genl. Barney Hlatshwayo, staan reeds tereg op aanklagte van poging tot moord, roekelose of nalatige bestuur, die versuim om op ʼn ongelukstoneel stil te hou en die rig van ʼn vuurwapen.

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Dié aanklagte hou verband met ʼn voorval op 10 Augustus toe Van Staden en haar verloofde, Johan Harmse (29), van Daspoort op Harmse se motorfiets op pad na vriende in Montana was, toe ʼn amptelike weermagvoertuig Harmse se motorfiets skrams getref en weggery het.

Die paartjie het die voertuig agternagesit en by ʼn verkeerslig voorgekeer, waarna ʼn insittende in die voertuig Carine glo op ʼn kort afstand in haar linkerbors geskiet het. Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Die weermaglid voer aan hy het gedink hy word gekaap. Hy is nooit amptelik in hegtenis geneem nie en is op waarskuwing vrygelaat nadat hy in die hof verskyn het. Van Staden moes intussen talle operasies ondergaan.

Marakalla moet weer in Mei in die hof verskyn in verband met dié saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Skande

JANEE Maar die kriminele loop mos op straat rond. HIERDIE MAN het nie sy straf gekry vir POGING TOT MOORD NIE< want die slagoffer was WIT .. Terwyl die doodskismanne in die tronk sit sowel as die boere wat hulle plase defend het het hierdie man wat 'n jong wit meisie koelbloedig geskiet het het absoluut NIKS oorgekom nie . GELUKKIG draai die wiel . eenmaal 'n krimineel altyd een . volgende keer as hy 'n SWARTMAN skiet sit hy in die tronk, ek neem aan hy het steeds sy vuurwapen/s. Nous jy nog 'n 'dief' ook . lekker man… Lees meer »

Pos hom

Jip poging tot moord op ‘n WIT VROU Is niks, maar gelukkig het hy hom met ROOF nou vasgeloop .. as ‘n swart ou ‘n wit vrou skiet gebeur daar niks met hom nie, hy was nie eers in aanhouding soos die doodskis manne of die boere wat net VERMOED word moontlik iemand dalk raakgery of raakgeskiet het nie .. MAAR GELUKKKIG het hy lang vingers ook gehad . POS HOM! Laat my aan OJ SIMPSON saak dink .. ook met moord weggekom en toe vir roof tronktoe gestuur . DIE WIEL DRAAI ALTYD !

Joshua

Watter tipe landdros gee net n waarskuwinkie vir poging tot moord? Kan net n ANC landdros wees. Arresteer dai landdros en dai korporaal.

Hennie

Ja nee kyk hoe gaan dit in die NUWE suid afrika!! Weermag lede roof en gaan mal. Niks word gedoen nie. Die CIT rowe word ook deur lede van die weermag gedoen want meeste van hulle het al die kennis en vooraad van plof stof. So kom ons kyk of hy uit die een gaan kom.

Reguit

Die liberales se wonderlike reënboog-droomland wat hulle geskep het.