‘Korruptes kan nêrens meer wegkruip’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Twitter / Cyril Ramaphosa)

“Diegene wat by korrupsie betrokke is, of wat selfs daaraan dink, moet weet daar is nêrens om meer weg te kruip nie. Staatskaping was ʼn moeilike en donker tydperk, nou moet ons aan die toekoms bou.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand gesê toe hy die nasie toegespreek het oor stappe wat die regering gaan doen na aanleiding van die bevindings en aanbevelings van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Ramaphosa het aangedui dat die regering die aanbevelings en bevindings van die Zondo-kommissie rakende die aard en omvang van staatskaping in Suid-Afrika aanvaar. Die kommissie het sowat 350 aanbevelings gemaak, met 202 vir kriminele en ander ondersoeke.

“Die stappe wat gedoen gaan word en die implementering van die kommissie se aanbevelings is ontwerp om gebeure van die verlede reg te stel en om die vernuwing van ons samelewing te bevorder. Deur die toepassing van die aanbevelings kan ʼn nuwe blaadjie omgeslaan word in die geveg teen korrupsie.”

Ramaphosa het Saterdag die kabinet se reaksie op die Zondo-kommissie se verslag by die parlement ingedien. Dit is ses jaar ná die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela haar “State of Capture”-verslag aan die parlement voorgelê het.

Die verslag, wat uit ses dele bestaan, is aan die president oorhandig, met die eerste deel wat reeds op 4 Januarie vanjaar oorhandig is. Die finale deel is op 22 Junie oorhandig.

Die die verslag van die kommissie wat staatskaping ondersoek het, het tot die gevolgtrekking gekom dat “daar geen twyfel kan wees dat staatskaping in Suid-Afrika plaasgevind het nie”.

Ramaphosa sê staatsamptenare en entiteite in die private sektor het staatsinstellings “geïnfiltreer” en wydverspreide korrupsie veroorsaak.

“Staatskaping was ’n doelbewuste poging om onwettige aktiwiteite te onderhou en aanspreeklikheid te vermy. Dit is verraad van ons demokrasie, en ’n aanslag op die instellings wat ons gebou het om ons mense op te hef,” sê Ramaphosa.

“Die probleme waarmee ons land vandag te kampe het, het baie oorsake, maar staatskaping het ’n wesenlike bydrae tot baie van ons uitdagings gelewer. Die korrupsie wat in ons land gepleeg is, was ’n misdaad teen die mense van Suid-Afrika. Die geld wat gesteel is, het ons mense van hulpbronne beroof.”

Volgens Ramaphosa het staatskaping voortgegaan ondanks die regering se pogings om dit tot ’n einde te bring.

“Ons sien die uitwerking van staatskaping. In ons verswakte instellings, in die openbare skuld van sommige van ons instellings, in gebrek aan dienslewering.”

Ramaphosa sê gegewe die impak wat bedrog en korrupsie op die land gehad het, moet die reaksie op staatskaping ’n nasionale poging wees.

Volgens Ramaphosa het die regering sedert die ontstaan van die kommissie in 2018 stappe gedoen om staatskaping te beveg. Dit sluit in: Senior aanstellings by die Valke, die aanstelling van ’n nuwe direkteur vir openbare vervolging by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die stigting van die NVG se ondersoekdirektoraat om staatskapingsake en korrupsie te ondersoek en die stigting van die spesiaal tribunaal om geld te verhaal.

“Meer as 4 500 skuldigbevindings vir korrupsie en ander prioriteitsmisdade is reeds verseker en altesaam R8,6 miljard is verhaal.”

Reaksie op verslag

Die kommissie het meer as 350 aanbevelings gemaak, waaronder:

  • 202 vir kriminele of ander ondersoeke,
  • 27 aanbevelings vir die verhaling van bates,
  • 15 verwysings na ander staatsliggame vir dissiplinêre oortredings, belastingoortredings, misdadigheid van direkteure en ander wangedrag,
  • 11 verwysings na professionele en regulerende liggame vir verdere ondersoek van individue vir beweerde oortreding van professionele kodes,
  • 5 aanbevelings voorgestelde grondwetlike veranderinge,
  • 26 aanbevelings voorgestelde wetswysigings, en
  • 64 aanbevelings wat bedryf‑ of regulatoriese veranderinge vereis het.

Die kommissie het ook die stigting van twee nuwe instellings en ’n kommissie van ondersoek voorgestel. Die aanbevelings het op verskeie instellings betrekking, op staatsinstellings sowel as in die breë in die samelewing.

Die grootste aantal aanbevelings is aan die wetstoepassingsagentskappe gerig vir ondersoek en moontlike vervolging en vir die invordering van fondse wat wanbestee is.

Die president sê die regering sal al die kommissie se aanbevelings oor intelligensiesektore toepas. Oor die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) sê Ramaphosa swakhede in die regulatoriese raamwerk het die intelligensiedienste kwesbaar gemaak. Al die kommissie se aanbevelings in hierdie verband sal geïmplementeer word.

“Sedert die begin van die werk van die kommissie is aansienlike hulpbronne beskikbaar gestel om die kapasiteit van wetstoepassingsagentskappe te bou en te herbou om doeltreffend op die bevindings en aanbevelings van die staatskapingskommissie te reageer.”

Volgens Ramaphosa het die ondersoekdirektoraat wat binne NVG gestig is tot op hede 26 sake ingeskryf, 89 ondersoeke verklaar en 165 beskuldigdes het in die hof verskyn vir beweerde staatskapingsverwante misdrywe.

“Wetstoepassingsagentskappe is tot op hede bevriesing- of bewaringsbevele ten bedrae van R12,9 miljard toegestaan.

“Altesaam R2,9 miljard is verhaal en aan die geraakte entiteite terugbesorg en die SAID het R4,8 miljard se onbetaalde belasting ingevorder wat spruit uit die werk van die kommissie.

“Oorweging word gegee aan eise vir siviele skadevergoeding teen maatskappye wat by staatskaping betrokke is en om hulle te verbied om sake met die staat te doen.”

Benewens die mense en maatskappye wat in die kommissie se verslag genoem word, het ontleding deur die finansiële intelligensiesentrum ’n verdere 595 individue en 1 044 entiteite geïdentifiseer wat by die vloei van fondse van staatskaping betrokke kan wees.

Die kommissie het ook aanbevelings gemaak oor die stigting van nuwe instellings, die totstandkoming van ’n onafhanklike openbare aankope teenkorrupsie-agentskap en die instelling van ’n permanente teenkorrupsiekommissie – wat toesig oor die parlement en die hoofbestuur sal hê.

“Die kommissie se aanbevelings onderstreep die behoefte aan ’n samehangende en geïntegreerde benadering tot die bekamping van korrupsie, bedrog en wanadministrasie. Dit is dus gepas dat hierdie aanbevelings deel van ’n fundamentele herontwerp en hersiening van die land se teenkorrupsie-argitektuur uitmaak.”

Ramaphosa sê gebaseer op die advies van die onlangs aangestelde nasionale teenkorrupsie-adviesraad en die uitkomste van ’n hersiening van die land se teenkorrupsie‑argitektuur deur die departement van justisie, sal ’n omvattende voorstel oor ’n doeltreffende en geïntegreerde teenkorrupsie institusionele raamwerk vir die publiek opgestel word.

“Die Wetsontwerp op Openbare Aankope, wat na verwagting teen Maart 2023 afgehandel en aan die parlement voorgelê sal word, sal baie van die kommissie se aanbevelings omvat.

“Hierdie aanbevelings sluit in die bekendstelling van ’n gedragskode wat die etiese standaarde vir verkryging uiteensit; die beskerming van rekenpligtige beamptes teen kriminele of siviele aanspreeklikheid vir optrede in goeie trou; die harmonisering van openbare verkrygingswetgewing; groter deursigtigheid met verkryging; en die stigting van ‘n professionele liggaam vir openbare verkrygingsbeamptes.

Soos deur die kommissie aanbeveel, word leefstyl-oudits vir die president, adjunkpresident, ministers en adjunkministers deur die direkteur-generaal in die presidensie bestuur en deur ’n onafhanklike eksterne diensverskaffer onderneem, sê Ramaphosa.

Ramaphosa sê verder het die kommissie bevind dat die aanstelling en verwydering van raadslede en senior bestuurders in staatsondernemings een van die sleuteloorsake van staatskaping was.

“Die gebrek aan nakoming, deursigtigheid en aanspreeklikheid by die aanstelling van direksielede het nie net die vaslegging van hierdie maatskappye moontlik gemaak nie, maar het ook bygedra tot ’n afname in hul bedryf- en finansiële prestasie.

“Daarom aanvaar die regering die kommissie se aanbevelings oor die behoefte aan ’n proses vir die aanstelling van direksies van staatsondernemings wat nie vir manipulasie oop is nie. Dit sal die betrokkenheid van onafhanklike panele met toepaslike tegniese kundigheid insluit om geskikte kandidate by die betrokke minister aan te beveel.

“Geen raadslid sal toegelaat word om by verkrygingsprosesse betrokke te wees as om ’n toesighoudende rol te speel nie. Ministers sal verbied word om enige rol in verkryging binne staatsondernemings of departemente te speel.”

Ramaphosa sê die regering sal ’n kommissie van ondersoek na die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) oorweeg. Hy sê daar is egter voortdurende wydlopende ondersoeke wat plaasvind, en die regering sal op hul uitkomste wag voordat hulle ’n kommissie aanvra.

Ramaphosa sê ook skenkings aan politieke partye in afwagting van staatskontrakte sal gekriminaliseer word.

Wat politieke partye betref, sal aanbevelings gemaak word deur konsultasies met die publiek en politieke partye, aangesien die implementering van veranderinge sal beteken dat dele van die Grondwet verander moet word, het Ramaphosa gesê.

Die kommissie het ook bevind dat die kabinet nie politici betrokke by staatskaping verantwoordbaar bevind het nie.

“David Mabuza sal met parlementêre beamptes praat oor die skakel tussen die parlement en die nasionale uitvoerende gesag, om te verseker dat hulle tot verantwoording geroep kan word.”

Oor die aanbevelings oor die parlement sê Ramaphosa hy is bedag op die skeiding van magte en die parlement se reg om sy eie reëls te maak. Hy sê die tesourie sal met die parlement in gesprek tree om te verseker dat die parlement die hulpbronne het om sy werk te doen.

Die president het ook die fluitjieblasers wat met inligting na vore gekom het bedank, asook die ondersoekers, navorsers en joernaliste wat ’n rol gespeel het om staatskaping bloot te lê.

“Meer as 300 getuies het voor die kommissie verskyn en meer as 400 dae se verhore is gehou.”

Volgens Ramaphosa is sy reaksie op die verslag ʼn teken van die oppergesag van die gereg en die demokrasie wat werk. Hy sê die reaksie is ook ʼn platform om alle sektore van die samelewing teen staatskaping te mobiliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Groen Ghoen ·

O, so gerieflikheidshalwe word al die ANC se korrupsie en onbevoegdheid nou agter “Staatskaping” verberg. Pateties!

Jack ·

Nee wat Rammaparra jy onderskat ons intelegensie.Die eerste deel van die Zondo verslag was al in Januarie uit.Hoeveel van die wat in die verslag uitgewys word is al agter tralies ? Hoeveel is al nader geroep en uit hulle poste verwyder ? Deel 4 van die Zondo verslag is al uit en niemand is al gearresteer of skuldig bevind nie ten spyte van die bewyse in die Zondo Verslag ? Nee wat jy kan gorrel tot die varkies kom ons glo nie ‘n millimeter van jou idees of woorde nie.Jy is ‘n swakkeling in ‘n posisies van mag wat misluk het.Moenie ons intelegensie onderskat nie.You can fool some but not all of them.

SjN ·

Die hele Anc kaders is korrup, nog aanstellings van kommissies, Afrika tyd tov optrede teen die skelms.

duiweboer ·

Niks Sal gebeur nie. Hy Sal nie Sy vriende hang nie. Dit is maar net n verkiesing plooi

domheks ·

So wil ons sien dat ALMAL wat korrup is – oranje pakkies kry, en die $$$$$ terug betaal word!
Hoop dit is nie weer net verkiesings MOOI PRAATJIES nie. Want voor verkiesings is almal tog soooo onskuldig.

Snowball ·

Trae tydverloop van die implementering van aanbevelings sodat kriminele vervolg kan word, gaan verseker dat hierdie presidensiële -borsslaan -stemdikmaak – hoe-ha ook net weer ‘n operasie in futiliteit baar. Soos Jakob se hof eskapades. Afrika tyd beteken weer jare se gesloer sodat die gespuis kan verdwyn. Onuitwisbare realiteit bly staan – dis ANC medebendelede wat vervolg moet word.

Flip ·

“Korruptes kan nêrens meer wegkruip”
BEHALWE BY NKANDLA jou NAR

BenA ·

Ja nog n geval van klomp betekenlose en rigtinglose woorde… wat met vorige toesprake al gesê en belowe was…
Baie van die goed wat kamma inplek gesit moet word bestaan alreeds. Hierdie maatstawe is vasgevat of reeds in wetgewing, konsitusie en in die parlimentêre gedrags kodes..
ANC en die Regering het nie die mense of integriteit om die reëls en wette toe te pas nie en geen wil om dit te gehoorsaam nie….
Die gebrek van hulle vir verantwoordbaarheid, geen respek vir wette, reels en regulasies….. en agv dit is daar nie gevolge nie.. Is n skande en verlentheid dat kriminele in die parmliment en in staats instansies ons land moet regeer…

Nie Verbaas ·

So sluit dit jou in Phala Phala Ramaphosa? Net weer leë beloftes en leuens soos gewoonlik om ondersteuning vir verkiesing te kry.

Vexed ·

LOL hulle het nog nooit weg gekruip nie, ons weet waar julle is… die ou darem!

Nicholaas ·

Soos ek voorheen al gese het, 1 vir 1 is die pionne besig om te val, ons as n nasie moet net aanhou bid vir n omkeer in die land onthou net GOD se tyd is nie dieselfde as ons tyd.

Johan ·

N lang gesprek wat niks beteken nie, net soos die staatsdiens en alles wat met die cANCer te doen het.

Henry ·

2024 is om die draai. Die ANC weet dat 2024 ‘n maak of breek gaan wees vir SA politiek. Vir die volgende 18 maande gaan Cyril alles sê wat regdenkende mense wil hoor. Hy gaan die ANC se beeld poets totdat dit lyk of werklike verandering besig is om plaas te vind. En net totdat die verkiesing verby is – dan is alles weer terug na normaal – volskaalse korrupsie en plunder op alle vlakke. 30 jaar se ANC regering het ons geleer dat diepe korrupsie deel is van die karakter van die ANC en dat werklike verandering eers sal gebeur as die ANC ontwortel en uitgesmyt word in totaliteit. Eers dan sal SA begin herstel.

Lurock ·

Nie net Prasa nie. Wat van SAL, Eskom, Poskantoor, en nog vele ander. Nee Mnr. die President jy moet die net baie wyer as net Prasa span.

Mellissa ·

BLA BLA BLA BLA BLA !! Actions speaks louder than words!!

domheks ·

Nog kommissies – en daar gebeur NIKS! Kommissies net werkskepping vir nog korrupte kaders.

Tante Toekie ·

Geagte President,

Neem asseblief kennis dat daar BAIE wegkruipplek in Dubai is. Boonop 100% effektief.

Groetnis

Arno ·

Wat die president sê is waar. Dit kan nêrens weg kruip nie, want alles word in die oop en bloot gedoen sonder enige vervolging. Waarom sal dit wil weg kruip?

Papsak ·

Hy sal niks doen nie want hy net so skelm soos sy kaders ons ken jou ook Ramaphosa

Kensy ·

Ek kan aan een plek dink waar hulle weg kruip….
binne die Parlement’s mure.
Verder is daar wel een plek waar hulle NIE gevind word nie…. die tronk!!

LANA is ELANè ·

Maar wat van die uwe self?
Sy geheue is maar kort, of eerder geld dieselfde reëls nie vir hom en sy lakeie wat vir ander geld nie.
Nee wat, “hipocricy” is al woord waaraan ek hier kan dink.

Grassie ·

Ek wonder waar gaan hy probeer wegkruip oor sy miljoene wat op sy wildsplaas gebêre was. Daar is geen wettige manier om soveel geld op te gaar sonder om dit aan Jan Taks te verklaar nie. Hy moes eintlik nou al saam met ou Ace op die kantlyn gesit en sy lot afgewag het.

DJ ·

Leë woorde. Hy is net so korrup soos die res van die ANC. Leë simbale maak baie geraas.

KaRoOkWaGgA ·

Hoe sê hulle in engels? “Charity begins at home”. Jy meneer die president is die grootste voorbeeld van korrupsie en geldwassery, so neem jou besempie, en begin vee voor jou eie deur voordat jy jou kompetisie vir die wolwe wil gooi.

Vonkprop ·

Ag man, dit help nie julle vang al die manne op straat wat korrupte tenders gekry het nie. Julle moet die baasbreine vang en toesluit, DAN sal ek eers glo julle is ernstig oor die saak. Dieselfde met die onluste. Julle vang die man op die straat wat geplunder het maar is te vrek bang om die grootkoppe wat dit beplan het toe te sluit. Die ANC veroordeel alles en is gedurig geskok, maar neem nooit aksie nie.

Manie ·

Hou op gorrel, daar is niemand nog agter tralies nie, punt.

Waarnemer ·

Nou ja toe….en ons moet al hierdie bollie glo.Waarvoor sien hy ons aan?Begin by die 28 in die parlement….stuur almzl na C max en hooi die sleutels weg….

Casper ·

Dit wat die president kwyrgeraak het klink belowend maar gaan dit in die praktyk gebeur,wat van die presidensieële handleiding en Phala Phala.Is die president vas oortuig dat hy onskuldig is,indien wel bewys dit aan die volk,ons het die reg om te weet.Die president se tyd is stadig maar seker besig om uit te loop.

Anel ·

En wat van zuma en moennie jou self vergeet nie. Jiu hele kabinet, man. Julle is almal ewe skelm!!!

Kokerboom ·

Dit moet baie moeilik wees om in parlement met skuldiges te praat!

marius ·

Bla bla bla . Vee voor jou eie deur . Korrupsie sal julle nooit aanspreek nie want dit is hoe julle en jul kaders dit regkry om in weelde te leef . Daardie standaarde kan nie net so opgegee word nie .

PersHeks ·

Bla…bla…bla!!! En ou Rampies is die leier van die spul!!

Fran ·

Tot die dag dat die ANC uitgestem word sal daar korrupsie wees.

Jr ·

Wharra wharra wharra. Niks gaan gedoen word. Stuur na file 13, kamer 13, 13de vloer( sit dit onder en in die sitbank daar) . Luthuli house.

Danie ·

Ek het die toespraak op utube gevolg en die kommentaar deur sy eie uitgemaak as bla bla bla.Niemand glo meer want dit is net bla bla.Ons soek positiewe bewyse en sukses.Soveel jare is gemors soveel mense se lewens is verwoes agv hulle bla bla.Laastens wat van misdaad????????

Moedeloos ·

Hy het nie n keuse gehad as om te praat nie want Zuma het gepraat so hy moes ook sy storie vertel maar Ai weereens niksseggend. Ek is al so moeg vir hoë korrupsie, hoë kospryse, hoë petrolpryse, kragonderbrekings. Maar hierdie mense kom met als net weg en boet vir niks.

Janee ·

Bla….bla…bla…Hoe het jy dit reggekry om so lank al weg te kruip ou Rama??

Jasper ·

En is daar ook n aanbeveling dat daar ontslae geraak moet word van die Association of National Corruption?

Michael ·

Hopelik is jou naam heel bo aan die lys van wie aangekla word en wie aan verraad skuldig is. Jy is die grootste skelm in hierdie land. Maar ons weet niks sal gebeur nie

Owlie ·

Wow regtig!
Sal baie interessant wees om te sien of die name, daad, bedrae, straf en bewyse van terug betalings aan die wêreld bekend gemaak gaan word. Dis maklik om te sê die en daai bedrae is terug betaal – waar is die bewyse van die korrupte se rekening na waar ookal, watter van daai korruptes het terug betaal – dit lyk nie juis of enige van hulle uit hul poste onthef is nie In n geval soos hierdie hoort die parliament se eie reels geskrap en oorsien te word, jare het al bewys dat hulle nie instaat is om hul eie korruptes te vervolg nie gebruik dus Afriforum en Solidariteit en regter Zonda en nog onafhanklike regs geleerdes van alle tale om hier die besluite te neem en red wat nog in hierdie donker gat gered kan word

Elma ·

SA se grappie vir die dag.
Grappie 1 is Ramaparra
Grappie 2 is Eskom

gatgogga ·

“…….staatsamptenare en entiteite in die private sektor het staatsinstellings “geïnfiltreer” ……..”.
Kader ontplooiing.

Johan Botha ·

Sekere korruptes word al 20 jaar beskerm. Daar is korrupsie bewyse van A NC lede wat nou nog nie vervolg is nie. Nee wat….die stelers sal nooit aan die pen ry nie, want die een skelm kan nie die ander skelm straf nie. Dan word daar boonop ‘n skelm aangestel in ‘n kommissie om sy eie skelmstreke te ondersoek.
Iemand het opgemerk ” you can bluff some people some time, but you can not bluff al the people all the time.”

Kiepie ·

Ek het ophou lees na paragraaf 8 was lees: “Ramaphosa sê staatsamptenare en entiteite in die private sektor het staatsinstellings “geïnfiltreer” en wydverspreide korrupsie veroorsaak.” Hy sê niks van korrupte kaders en onbevoegde politieke aanstellings wat die deur wawyd oop gemaak het vir hierdie krimenele elemente om die infiltrasiewerk te kon doen nie.

Jacques ·

….kan nêrens meer wegkruip’ Ek het nuus vir jou Mr. Ramapromise, hulle kruip nie weg nie, hulle sit die hele parlement vol!

Sarel ·

Indien u nog nie weet nie Mnr. Die President
Hulle kruip nie weg nie…dit word openlik gedoen..

Renier ·

ANC is bang dat die wie se koppe rol,begin praat. Dit is hoekom kaders mekaar beskerm.

Koos 100 ·

Net kommentaar op die berig se opskrif: Waaaatttttt, jou regering is hulle veiligste plekke!!!!

Christo ·

Die korruptes probeer nie eens weg kruip nie, hulle sit in jou parlement/party en jy beskerm hulle!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.