‘Kosmos-skieter’ laat vaar aansoek om borgtog

Ruzanne Weideman en haar ma, Magdalena Prinsloo (Foto: Facebook/Ruzanne Weideman)

Paul Prinsloo (61), wat van die dubbele moord op sy vrou en stiefdogter beskuldig word, het Dinsdag sy aansoek om borgtog laat vaar.

Lumka Mahajana, Gautengse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die saak is tot 20 Februarie 2024 uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Prinsloo word daarvan beskuldig dat hy Ruzanne Weideman (31) en toe vir Magdalena Prinsloo (58) op 27 November by die gesin se huis op Kosmos in Noordwes doodgeskiet het.

ʼn Bron het vroeër gesê daar was glo kort voor die skietvoorval ʼn rusie tussen Paul en Magdalena. Hy het hierna na bewering sy jaggeweer gaan haal en albei vroue doodgeskiet.

Prinsloo bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack ·

En so stel ons maar hofverigtinge uit en uit na ‘n volgende datum.Meskien voel iemand nog lus om die skuldige te vonnis oor 5 jaar van nou ??

Niklaas ·

Geen simpatie met hierdie man nie. Die arme 6 jarige dogtertjie moes dalks al die skietery van haar ma en ouma gadeslaan en het sekerlik permanente emosionele skade opgedoen. Mag geregtigheid seëvier in hierdie moordenaar se geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.