Kouefront op pad na Kaapstad

Argieffoto (Foto: Maria Godfrida/Pixabay)

ʼn Kouefront sal na verwagting Vrydagmiddag die land tref en gure weersomstandighede in die Wes-Kaap veroorsaak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê sterk westelike en noordwestelike winde (40 – 60 km/h) kan van die oggend verwag word oor die hele Wes-Kaap net voor die kouefront. Stormsterkte winde (60 – 75 km/h met rukwinde van 80 – 100 km/h) kan ook in plekke oor die Sentraal-Karoo, Breederiviervallei en Kaapse Skiereiland verwag word.

Reën word ook deur die loop van Vrydagmiddag in die Wes-Kaap verwag en sneeu word Vrydagaand tot Saterdagoggend op die suidelike berge van die Wes-Kaap verwag.

Plaaslike vloede word in die Kaapse Wynlande, Overberg en Kaapstad-middestad verwag.

Geprojekteerde windspoed (in knope) oor die Wes-Kaapse binneland en kusgebied vir Vrydagmiddag en Saterdagoggend 

Reën word Vrydag in die Wes-Kaap verwag

 

Maksimumtemperature vir Saterdag, 22 Junie 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Manie van Worcester ·

hoekom se hulle gure weer, is heerlike winterweer wat nodige reen bring

PaulV ·

Manie; natuurlik is die verwagte reën broodnodig en baie welkom. Gure weersomstandighede in die vorm van stormsterkte winde en baie koue temperature sien ek nie baie na uit nie.

sandra ·

Ek sal snoesig onder my vere uvet bly of met goeie boek of fliek op Netflix. Niks lekkerder as reen teen die ruit nie.

Karolis ·

Ek stem met jou saam maar jy moet nie vergeet van lepellê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.