Kragkrisis: Ramaphosa knip buitelandse besoeke kort  

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy ontmoeting met pres. Joe Biden (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa is nie meer op pad na New York nie, maar op pad terug Suid-Afrika toe weens die kragkrisis.

Ramaphosa sou die 77ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering van 20 tot 27 September in New York bygewoon het, maar volgens Vincent Magwenya, sy woordvoerder, is die president nou op pad terug na Suid-Afrika om “die fase 6-beurtkragkrisis te hanteer”.

Volgens Magwenya het Ramaphosa reeds ʼn dringende vergadering met die relevante minister en beamptes gehou oor die aangeleentheid. “Die president wou weet wat het daartoe gelei dat soveel eenhede onklaar geraak het en die land teruggedompel is in ʼn situasie wat hy geglo het bestuur is.

“Hy wou ook verstaan wat onmiddellik gedoen kan word om die huidige toestand van beurtkrag, wat verwoestend is vir ondernemings sowel as huishoudings, op te los.”

Ramaphosa het Vrydag met pres. Joe Biden in die Withuis vergader waarna hy na Londen is vir koningin Elizabeth II se begrafnis.

Eskom het Sondagoggend fase 6-beurtkrag met onmiddellike effek ingestel.

Tydens ʼn mediakonferensie oor die stand van die kragnetwerk het Andre de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, gesê instandhoudingspanne werk onverpoosd om soveel as moontlik eenhede weer so vinnig as moontlik aan te skakel.

De Ruyter sê die stelsel is die afgelope week lank reeds onder druk en reserwes (diesel en damme) moet dringend aangevul word om ʼn veiligheidsbuffer te verseker, soos vereis deur die netwerkkode. Hy het gesê daar is in dié stadium geen teken van enige onwettige aktiwiteit wat die toename in kortsluitings veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Twallie ·

“op pad terug na Suid-Afrika om “die fase 6-beurtkragkrisis te hanteer”.

En wat gaan hy nogal doen?

Johann ·

Die ANC het vooruit beplan. Plaas van kospakkies en Tshirts, kry elke “grantling” ‘n kers en pakkie vuurhoutjies wat van KUBA af ingevoer is en deur ‘n KADERLING uitgedeel word. En TATDDAAAAAAAAA! Ramanocio en kie sort ons almal.uit.

Henri ·

De Ruyter op die lamlendige perd en ‘The Prince of Darkness’.

KatjieDeKat ·

Hier is n idee of twee, Mnr. Ramaphosa. 1) Laat AL die onwettige kragkonneksies afgebreek word. 2) Laat elke sielsalige landsburger BETAAL vir die krag wat hul gebruik. 3) Hou op krag uitvoer na buurlande. 4) As jy bang is die land gaan afgebrand word weens nommers 1 en 2 oplossings, vra die VN en jou maatjie Biden se weermagte om te kom help om orde te hou.

Samuel ·

Ek is seker sinies, maar Ramaphosa is clueless, om ‘n goeie Afrikaanse term te gebruik.

Perdeby ·

Hulle het al in Soweto, Mamelodi en ander dele al die onwettig konneksies verwyder. Die kragstasies word nie onderhou nie. Daar is honderde van die werkers wat geskors is al vir jare, en hulle kom nie so ver om hulle af te dank sodat daar nuwe mense aangestel kan word nie. Dit volgend De Ruyter.

Leon ·

Jip, een van daai kersies watsê “ek dink aan julle” maar doen boggerôl aan die probleem

Burgermeester ·

So …“Die president wou weet wat het daartoe gelei dat soveel eenhede onklaar geraak het en die land teruggedompel is in ʼn situasie wat hy geglo het bestuur is”? Die antwoord is maklik: Kader onplooiing, Zuma et al., korrupsie, en geen bestuur van Rhamaphosa. Die feit dat Ramaphosa die vraag vra, wys hoe “blind” hy vir die ANC se misdrywe en onkundigheid is.

miche ·

Dankie Burgemeester, jou en my kommentare stem so ooreen, dit lyk asof ek joune gedupliseer en ” getweak ” het. Maar ek het nounet eers jou kommentaar gelees. Great minds think alike!

Di ·

Hy kan maar bly waar hy is. WAT presies kan hy nou eintlik doen aan die kragprobleme? Al wat hy doen is bla bla bla en NIKS gebeur nie.

Vanessa ·

Ek glo nie eers Ramaphosa sal iets aan die probleem kan doen nie!!!!!

annie ·

De Ruyter is darem eerlik oor een ding: Dit is nie agv onwettige aktiwiteite nie. Wat mog beteken dat halwe werk en versuim nou toelaatbaar is? Selfs dalk moontlik doelbewus geskied wanneer die buiteland tot pledging gedwing sou kon word en die nasie tot kniel voor die vuurspuwende reuse-randvreter?

miche ·

Ek lees, ” Die President wou weet wat het daartoe gelei dat soveel eenhede onklaar geraak het (Eskom) en die land terruggedompel is in ‘n situasie wat hy geglo het bestuur is”.
Wel, Agbare President, ons wetsgehoorsame landsburgers wil presies dieselfde vraag vra aan jou en die ANC . Want sedert jul die leisels vashou is omtrent alles onklaar in dié land!

Anel ·

Ag, wat kan hy doen? Is hy ‘n Eskom tegnikus? Dank die hele lot af want ek laat my nie vertel dat sabotasie nie betrokke is nie. Dodra die masiewe verhoging goed gekeur is, verdwyn beurtkarg soos mis voir die son. Dank die kaders af en stel die kundiges aan waaroor julle so gespog het. Maar nou ja, daar word seker eers nou weer na Bee gekyk, want oo wee, geen blanke moet tog aangestel word nie. Hulle sien dalk die sabotasie!!!

wiesalweet ·

Dis so waar wat jy sê Anel. BEE!!! En ook Kaderontplooiing!!! Daar is reeds vanoggend gesê die kundiges wat aangewys is om Eskom te help “RED” is te “WIT”. Ek het net doodeenvoudig nie meer woorde nie. Hulle is besig om alles in hierdie land te vernietig – dit wat nie alreeds in sy maai is nie. Ek is op die stadium waar ek nou bekommerd raak.

Geert ·

Ek wonder of dit moontlik is dat die ANC en sommer ook die klomp liberale sal kan begryp hoe onbevoeg en kortsigtig hulle is?

Pieter ·

Rampadda en die ANC is self mede argitekte van die ramp by Eskom dus hulle is deel van die probleem en nie deel van die oplossing nie. Met ‘n gemiddelde IK van 70 sal jy die probleem nie opgelos kry nie. Weet nie hoekom ons langer die ANC moet tolereer nie, hulle hoort in Weskoppies, permanent.

miche ·

Moenie Weskoppies hospitaal pasiënte beledig nie. Daar is baie wonderlike, begaafde mense wat in Weskoppies opgeneem word weens onverwerkte trauma ensovoorts.

Martin ·

Wat wil Cyril nou kom doen om ons land se krag krises uit te sort?. Cyril se party moes al die staats instansies in stand gehou het sedert 1994 wat duidelik nie die geval is nie. Die mense moet in 2024 vir ‘n beter party stem wat iets gaan beteken.

Katinka ·

Ek het regtig gedink De Ruyter is die man vir die job, dit lyk my dalk nie so nie. Niks verbeter nie.

Pietertjie ·

Dis maar die prys wat ons betaal vir Rastellende Aksie en Staatskaping, meneer die presedent!

Peter ·

Nothing to do, it’s too late, they’ve destroyed this country

Elma ·

Nou wil JY ook nog kom krag gebruik Rama. Ons het reeds te min.

Sobymykoolkop ·

Hy kon nie eers behoorlik toesig hou oor sy rusbanke op sy plaas nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramkat, die land is teruggedompel voor 6 April 1652.

Althes ·

Eenvoudig Hou op die ANC se marionet wees en neem daadwerklike optrede. Privaatiseer of kry alle ras. kundiges in.
Enigeen kan sien hoe jul omgekeerde apartheid toepas l.

PieterJ ·

Hoe edel van hom om terug te kom en absoluut geen verskil te maak as hy hier is nie.

honeybee ·

Skaf BBE af en kry die mense wat die werk kan doen. Dis al oplossing. En laat almal wat krag gebruik betaal.

Waarnemer ·

Ag hoe edel van hom om sy belangrike afspraak met die britse konings gesin af te stel om …wat te kom maak om fase 6 te kanseleer?o ja,hy gaan brian weer in beheer van eksdom plaas en voila…kragkrisis opgelos.Well done cyril.

Jubba ·

Niemand weet wat presies hy gaan kom doen aan die situasie nie, hy uiteraard ook nie.

Swerwer ·

Hoe en met wat wil Oom Cyril die krag probleem oplos? Die probleem is juis hyself met sy kader.

domheks ·

Ou cyrelll jy kan maar bly waar jy is. Ons is in donker Afrika as gevolg van KADER ontplooing> Het jy nie geweet nie?!?!?

Julia ·

Hierdie kragonderbreking was nie ‘n verrassing nie. Gaan terug op die geskiedenis: ELKE keer as daar by Nersa aansoek gedoen word vir ‘n buitensporige verhoging – is daar hierdie “loadshedding” en dan kry hulle ‘n groot deel van dit wat hulle vra. Verder: die elite wat die land “bestuur” voel nie hierdie onderbrekings nie want ONS het betaal vir hulle kragopwekkers en ander kragopwekkings fasiliteite. Neem dit weg en laat almal (ook Ramaphosa en De Ruyter) in die donker sit soos die gewone burgers – sien hoe gou word die probleme dan opgelos.

LANA is ELANè ·

Asof sy terugkoms enigsins ñ verskil gaan maak. Dit is danksy die ANC regering wat dinge is wat dit is, wanbestuur, diefstal, korrupsie, ongekwalifiseerde kader ontplooiing in posisisies wat eintlik hoog gekwalifiseerde persone verg, en al daai lelike woorde. Nee wat, sy terugkoms gaan geen verskil maak aan hierdie krisis nie, AL hulle sg VIP’S het mos kragvoorsiening, so dit raak hulle glad nie!

Vernon ·

So paar weke het hy en sy gevolg kragstasies besoek en die hemel op aarde belowe,niks gehelp nie. Nee maar toe die PEOPLES aan bewind gekom het was dit net sterretjies in die oe toe hulle al hierdie “tjelete” sien wat die wittes weggehou het van die onderdruktes!!

Vettiemaragartos ·

Om wat te kom doen? Ons kerse dood te blaas? Want wat het ons voor kerse gehad? Krag!!!!!

Papsak ·

Ek se weer Ramaphosa kan hom self nie help nie wat wil of dink hy kan iets doen aan hierdie korrupte situasie sy regering wat speletjies speel en hy saam ag ASB

Annelize ·

En wat wil hy kom doen, kerse en vuurhoutjies uitdeel? ‘n Kersie kom brand in afwagting op die totale ineenstorting van Eskom wat nader is as wat ons besef en hulle wil erken?

Of hy in die land is of nie, dis omt’ewe.

Nie Verbaas ·

En hoekom wil hy wat nie eers weet hoe om n kostrollie in stand te hou en nog minder hoe om n land te regeer wil terugkom? Watter verskil gaan hy maak? Nog leuens kom kwytraak?

Koos 100 ·

CR. Eskom is so diep in die moeilikheid dat jy nooit weer sal kan weg gaan nie, want sien jy en jou voorgangers het hierdie moeilikheid gemaak deur Eskom vrye teuls te geen om BEE toe te pas totdat daar geen kundiges oor gebly het nie. Verder wou jou skelm voorganger, wat nou dodelik siek is, en wag om weer die politiek te betree, mos ons laaste geld en een groot hoop skuld vir Ruslang gee om kernkrag stasies te bou, wat ook nooit sou werk nie!

Martie Smartie ·

Ag vader wee ons. Hy gaan dit hanteer. Nogal. Skreeusnaaks. Gan rinking gerus verder mnr die hooggeagte, daar is net mooi niks wat jy kan doen nie. Gaan gerus voort met u reis, ons belastingbetaler betaal daarvoor en vir die gemors wat jy en die ANC geskep het by Eskom.

Martie Smartie ·

De Ruiter weet net so min as wat hy doen as sy ‘ingenieurs’. Die stoel is te groot vir hom. Lat hy terug gaan Nampak toe waar hy vandaan kom. Of is die pay te lekker?

Danie ·

Word wakker MR. P die son gaan ook onder.Luister na die joernalis met sy ope brief.

Anon ·

Mmm, is dit nie opvallend dat hy op vorige geleentheid ook uit die land was toe daar ‘n krisis was nie? Wat gaan hy doen? Sy vinger in ‘n prop druk en elektrisiteit aan die land verskaf?

MJ ·

Ag wat wil hy nou skielik doen, ons het nou al vir jare krag probleme.
Onbevoeg!!!

Wondermaarnet ·

Terug na SA om nog miljoene $ in banke te kom wegsteek?

Jakes ·

Ek sou verkies dat Ramaphosa liewer permanent in Amerika kon agterbly dan is dit een ANC minder. Ons land steier al vir 28 jaar onder hulle bewind en die uitklophou is geplant. Wat n skande om deur sulke narre regeer te word.

Genis ·

Die ou mense het altyd gese, oppas vir n mens wat met twee hande groet….

Atta ·

“Sorry manne, ek kan nie langer kuier nie. My vrou het gebel en sê die krag trip die heeltyd en ek moet kom kyk wat aangaan.” ~ Cyril

Paul ·

Om wat te doen? ‘n Oorpak aantrek en te help om die gebreekte eenhede reg te maak? ????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.