Kragnetwerk trek weer swaar

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Eskom beplan nie in dié stadium enige beurtkrag vir Dinsdag nie hoewel die kragnetwerk weer onder groot druk verkeer.

Suid-Afrikaners weet teen dié tyd dat beurtkrag ’n moontlikheid is sou daar enige beduidende ineenstortings van die kragnetwerk later vandag plaasvind.

Eskom sê in sy jongste verklaring die kragnetwerk sal vanaand baie ingeperk word weens ’n voortgesette tekort aan opwekkingskapasiteit.

Sou Eskom wel later genoop word om beurtkrag in te stel, sal dit heel waarskynlik tydens die aand se piektyd van 17:00 tot 22:00 wees.

Die kragvoorsiener moet tans klaarkom sonder 2 195 MW weens beplande instandhoudingswerk. ’n Verdere 15 950 MW is tans onbeskikbaar weens onbeplande onderbrekings.

Intussen benadruk Eskom weer dat beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg ingestel sal word.

“Ons doen dus ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan om elektrisiteit tussen 05:00 en 09:00 en weer tussen 16:00 en 22:00 spaarsaam te gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Genis ·

Onbevoedheid en korrupsie aan die orde van die dag, en Jan Alleman wat ten duurste betaal, betaal vir die gelag..

Samuel ·

Hoekom ons waarsku?? Hulle gaan dit in elkgeval net doen. Afgesaagde storie.

Roebs ·

Ja nee gee geld weg vir Rusland terwyl alle in ons land in mekaar stort, beplan ‘n vlag wat ‘n plaas se prys kos plaas sit Mnr die geld terug in ons eie land en werk om alles beter te maak maar ja trek deur die modder…. mmmm

Martin ·

Het Zuma se stort kop weer die steenkool nat gespuit of is daar weer “klippies in die steenkool”…?

Casper ·

Hoekom is daar soveel M W wat verlore gaan a g v onbeplande onderbrekings waarvan ons nie weet nie.Waar is die onderbrekings.Die kragonderbrekings reflekteer nie op my rekening soos wat dit moet nie.

Delia ·

Spaarsamig gebruik se dinges. Dit is wanneer werkende mense regmaak om te gaan werk om die land se ekonomie aan die gang te hou om sodoende die meeste van ons geld aan belasting te betaal sodat sommige mense in magsposisie die geld kan misbruik.
Terselfdertyd moet skoolkinders en studente saans leer om toe te sien dat hulle produktiewe lede van die gemeenskap kan word om die ekonomie aan die gang te hou.
Moenie vir ons vertel van bespaar nie. Doen julle werk………waarvoor julle miljoene betaal word.
SAPS vang die terroriste wat die terreur pleeg want dit is wat dit is.
Dept Justisie…bêre die kriminele…nie as beskadigers van eiendom nie, maar op aanklag van terrorisme.
Dit klink vir my maklik genoeg

Elma ·

Ons sal die Woensdag kry. Ek is bly Eskom sê nie meer daai simpel sinnetjie “ons vra omverskoning vir die ongerief nie”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.