Kragprobleme in Oos-Kaap weens storms

(Argieffoto: Mujahid Safodien/AFP)

Eskom het om verskoning gevra aan inwoners van die Oos-Kaap wat al dae lank sonder krag is nadat van Eskom se infrastruktuur verlede week deur storms beskadig is. Van die gebiede in dié provinsie is reeds ʼn week lank sonder krag.

“Eskom beleef tans ʼn groot aantal kragverskaffingsprobleme weens erge storms in die provinsie. Gebiede wat veral geraak word, is die Chris Hani‑, OR Tambo- en Alfred Nzo-distrik,” het Eskom Maandag in ʼn verklaring gesê. Die storms het verlede Maandag en Woensdag voorgekom.

Die kragvoorsiener sê die omvang van die skade aan hul infrastruktuur en uitdagings om by die infrastruktuur uit te kom ten einde dit te herstel, veroorsaak dat die herstelproses langer duur as wat verwag is.

“Eskom se tegnici doen alles in hul vermoë om te verseker dat die kragtoevoer so gou moontlik herstel word.”

Hy het by verbruikers gepleit om geduldig te wees terwyl hulle die probleem oplos.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.