Kragtariewe styg met byna 19%

(Argieffoto: Du Preez de Villiers/Maroela Media)

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Donderdag ʼn kragtariefverhoging van 18,65% vir die 2023-’24- finansiële jaar goedgekeur.

Eskom het ʼn verhoging van 32% versoek – byna dubbel die hoeveelheid wat Nersa eindelik goedgekeur het.

Thembani Bukula, voorsitter van Nersa, sê die verandering aan elektrisiteitspryse sal na verwagting in April vanjaar in werking tree.

“Die nuwe Eskom-kragtariefverhoging, sonder dat die regering ʼn werkbare plan het om die kragkrisis op te los, is onvanpas,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“Verbruikers kan nie meer en meer betaal vir minder en minder krag nie. Die enigste rede waarom daar meer en meer gevra kan word vir swakker en swakker diens is omdat Eskom ʼn staatsmonopolie is. Daar moet dringend alternatiewe vir kragvoorsiening in Suid-Afrika geskep word. Die huidige situasie is onaanvaarbaar en ekonomies onvolhoubaar. Die antwoord is in minder staat en meer privaat.”

Hermann meen doeltreffende verbruikersprotes is nodig om die staat te dwing om alle struikelblokke uit die weg te ruim vir privaat opwekkers en deur belastingverligting.

Eskom het Donderdag gesê hy sal Vrydag ʼn amptelike verklaring uitreik.

Maroela Media het vroeër berig dat Nersa se aankondiging te midde van die onbepaalde inwerkingstelling van fase 6-beurtkrag gedoen word.

Die tariewe ter sprake is Eskom se tariewe aan regstreekse kliënte en groot ondernemings. Die munisipale kragtariewe tree in Julie in werking en word later bepaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Eugene ·

Ja want eishkom is bankrot, so ook Ander instansies. Erens moet geld vandaan kom.

Johanna ·

Raak die geld nou op nou Moet ons maar weer die sakke vol maak. Kry niks terug nie net loadshedding

Anel ·

Laat almal betaal!!! Nie net sekeres nie! Laat SOWETO ook betaal. Die lot wat daar bly was nie eens gebore voor 1994!!!!

Leon ·

Suid Afrikaners kan nie meer bybly met die ANC se korrupsie nie. Nie een sent van die geld sal na Eskom gaan vir instandhouding nie. ANC kaders staan klaar bakhand om nog te vat…
Cry the beloved country…

marthie ·

Waar gaan sls heen krag huis kar kos gaan als op. Skool klere skoolfonds end en ook petrol. Dink hul nie aan die matige arm mense tot die mees armste mense ‘nie. Dis ‘n skande maar mense se werke wat nog werk het maar mense se geld halfeer het. Maak geen verhogings nie mense sukkel. Asrbskatryk mense smile so unfair

Pannies ·

Hierdie is net nog n manier om die publiek te beroof en dan hul misdaad sindikate te verryk.

Johannes Wilhelmus ·

Hoe kan hulle meer kry vir iets wat hulle nie kam voorsien nie? Hulle moet mindet kry tot hulle krag 24/7 kan voorsien. Dis belaglik….

Danie ·

Darem een positiewe. Ons hoef ons nie te bekommer oor ons bekwame leiers nie, hulle generators word elke dag vol gemaak deur ons hard verdiende belasting geld. Beurtkrag en verhogings hoef hulle gelukkig nie te pla nie. Hulle kan hulle aandag spandeer op die effektiewe bestuur en besluite wat altyd in ons belang is.

Pieter ·

Die besigheids model van die cANCer kan net nie volhoubaar wees nie. Soos hulle naam simboliseer sal hulle hul eie lot veroorsaak. Kan hulle werklik so dom astrand wees.

Nico ·

Eskom het droog gemaak nou met net ‘n sekere groep betaal en die ander kry dit verniet.

Papsak ·

Ja maar seweto se krag kan af geskryf word want stemmery kom mos hy moet stemme werf om nie uit te val nie ons moet duurder betaal maar het nooit krag nie ek like dit

Raadsman ·

Dit beteken as Eskom 40% gevra het en Nersa keur 30% goed dan is almal gelukkig oor 30%???
Wie gee Nersa die reg om gebruikers te belas met hierdie massiewe bedrae a g v korrupsie by Eskom wat net steeds voort gaan.
Die uitkoms moes gewees het dat Eskom sy in-huis probleme self moet uitsorteer en ‘n inflasie gekopplede verhoging goedgekeur word.!!!

Hannelie ·

Bankkrot instansie!!! Swak dienslewering….dan moet ons betaal vir hul gemors waarin hulle ons sit????

Tanniepetoors ·

Ek wonder hoeveel persent my GEPF-pensioen die jaar gaan styg? Hoeveel minder gesonde kos in my huis? Hoeveel hoër my mediese fonds? Nog minder krag hierdie winter? Stank vir dank vir jare se onbetaalde oortyd en indiens-opleiding aan lui, onproduktiewe, baadjies-vir-boeties-en-sussies aanstellings wat oor jou kop bevorder word sonder beter kwalifikasies omdat hul kamtig drie of meer tale kan praat. Spreek hulle in Afrikaans aan en skielik het dié taal van sy/haar bevoegdheid verdwyn. Ag, hoe lekker pak ek nou uit.

pestilensie ·

En ek reken ons moet nou tevrede wees met die groot afslag ???? , and

Adri ·

O, dit is die rede vir die fase 6 en dreigende fase 7. Maak nou sin.

Karina ·

As ons tydens beurtkrag moet kos maak, dan moet ons gas gebruik, wat ook duur is. Waarvoor betaal ons as ons in 2022 meer as 200 dae beurtkrag gehad het? Ons wil elke dag krag verbruik hê teen ‘n bekostigbare prys. Die land is in ‘n chaotiese toestand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.