Kriminele klagte kom teen ‘Eskom-staatskapers’

(Argieffoto: GCIS)

Solidariteit gaan vandag (Donderdag) kriminele klagte teen die beweerde staatskapers van Eskom aanhangig maak.

Hy meen dat die name van diegene wat aangekla gaan word reeds alombekend is, maar steeds word geen stappe teen die individue gedoen nie.

“Ons almal ken die name. Daar word oral gepraat oor die beweerde korrupte en onwettige optrede van mense soos Brian Molefe, Anoj Singh en Matshela Koko,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Ons is moeg gewag vir die regering om tot optrede oor te gaan.”

Die klagte, wat om 12:00 by die Brooklyn-polisiestasie ingedien sal word, hou verband met bedrog, korrupsie en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Solidariteit beweer dat meer as R14,7 miljard se kontrakte by die kragvoorsiener onwettig deur individue, wat nie genoem word nie, aangegaan is.

“As die bewerings wel meriete dra, is dit dan mos hierdie individue se skuld dat ondernemings en huishoudings in die donker moet sit,” sê Hermann met verwysing na die land se voortslepende probleme met beurtkrag.

“Daadwerklike optrede, verantwoordbaarheid en om die gevolge van plunder te dra, begin by hierdie klagte. Laat dit as voorbeeld dien vir enigeen wat dit oorweeg om werkers en belastingbetalers se geld te plunder.”

Eskom het ná die vierde deel van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag onderneem dat niemand wat by staatskaping betrokke was nog by hom in diens sal wees nie en dat die skuldiges aan die pen sal ry.

Die kragvoorsiener het ook ingestem om saam met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te werk om hierdie individue tot verantwoording te roep.

“Dit is ʼn prioriteit vir albei entiteite om diegene wat verantwoordelik is vir staatskaping en ander misdade tot verantwoording te roep, veral in ag genome die verwoestende uitwerking wat dié misdade op Suid-Afrika se ontwikkeling en ekonomiese vooruitsigte het,” het die NVG en Eskom destyds in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Nee, hy het dit al huilende by die Shebeen naby die Guptas spandeer.

Jacobus ·

Nee hy het nie. Ek is n Escom pensioenaris en die fonds is besig om dit aan te vat.

Deon ·

Die president se onlangse stryd met die geld wys duidelik vir my waarom Hy eers die verslae onder oee moes kry voor hulle begin aankla. Daar is seker mense wat weet van ander ongeruimdhede wat hom ook in ongemaklike posisies kan plaas.

Lesly ·

Kommerwekkend wanneer ‘n privaat instansie die werk van die NVG moet doen. So gaan die land maar aan met die belasting betaler wat niks terug kry vir die swaar betaalde geld. Moet maar nog betaal vir sekuriteit om polisie se werk te doen, privaat medies, privaat skole en universiteite en so gaan die lys aan. Slaggate word ook nou deur die publiek gevul en paaie deur boere reggemaak. Kroonstad word nou maar deur die publiek opgeknap en lyk nou soveel beter.

Nicholaas ·

Sal graag wil weet hoekom iemand hierdie kommetaar afmerk aangesien dit die waarheid is tensy die persoon dalk nie van die waarheid hou.

Jannie van Niekerk ·

Dit is die ou wat so in die ANC en EFF se agterente ingekruip is. Ek het vermoede wie dit is want sy aanvallende repliek op ander lede se kritiek teenoor NVG, MRK ANC en EFF stel daardie orbganisasies altyd in ‘n positiewe lig

koos ·

Jy weet, net in Afrika! Privaat instansies moet die huidige regime se Godgegewe reg in eie hande neem om die nodige stappe te doen. Watter boodskap stuur die regering uit aan misdadigers? O jammer, ek het vergeet uit watter tipe persone die regering saamgestel is…..

Frank ·

“Regering se godgegewe reg”, waar op aarde lees of dink jy so iets uit? Grondwetlike plig dalk maar beslis nie godgegewe reg nie

Witbaard ·

Dankie tog vir instansies soos Solidariteit en AfriForum. Hulle is die enigstes wat daadwerklik optree. Ons politieke partye is net besig om geraas te maak, maar kom nie met aksieplanne te voorskyn nie. Waar is die DA……is dit nie hulle werk nie?

Lourens CFG ·

Hulle gaan ook nou met groot opslae in media op die “bandwagon” spring.

Martie ·

Solidariteit en Afriforum doen deeglike ondersoeke en maak hul stem duk

Di ·

BOETIE beskerm vir boetie! Noemand wil iets doen want hulle ALMAL is ewe skelm

domheks ·

Dankie Solidariteit! Julle weet die beste. Ramaparra sal eerder R2 Miljard betaal vir Zondo en dan NIKS doen om die skuldiges te vervolg nie want dis ‘our people’

Vernon ·

Dit gebeur nie want die boeties beskerm mekaar,hulle het almal n hand in die pastei.

annie ·

Gaan ons ad infinitum geld-tyd mors op skobbejakke? Stuur top mense na Israel om hul ‘oorlewing’ na WO2 te bekyk. Die kibboetsstelsel ja, maar die moshavim ‘ovdim (koöperatiewe leefstyl) was meer geslaagd. Afrikaners moet hul godsdiens/taal/kultuur begin beskerm deur dit afsonderlik (met bietjie moeite) uit te bou en Engels (blote Fanagalô) en die res as oorlewingsbronne te benut met eie naskoolbyeenkomstse vir kinders/ouers 1x pw vir klasse ea. Waarom werk emosioneel inkleur? Verbreed ons vermoëns/geleenthede andersyds maar beskerm slim die eie innoverend.

Riaan ·

Verbasend dat Solidariteit en AfriForum altyd die sake moet aanvat en beveg, terwyl die opposisie partye soos die DA en VF+ eenkant staan. Kan al die opposisie partye nie maar net ontbind nie, julle beteken duidelik nie veel nie. Dan kry ons vir Solidariteit en AfriForum om sake in die parlement warm te gaan maak.

Witbaard ·

Politieke partye sal weer voor die nasionale verkiesing aktief raak. Intussen geniet hulle hulle salarisse.

Eden ·

Solidariteit het seker ‘n beter kans as die NPA om die skuldiges aan te kla. Ek glo egter niemand gaan ooit die tronk se binnekant sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.