Kusile wek amper geen krag op

Kusile-kragstasie Foto: Leo za1 / © Rute Martins van Leoa’s Photography via Wikimedia Commons

Slegs een van Kusile se vier opwekkingseenhede is in dié stadium in werking, terwyl Eskom dae lank al stoei om ʼn fout by een van dié kragstasie se eenhede op te los.

Eskom se bestuur het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê die kragstasie het tot onlangs toe geen krag gelewer nie en die kragvoorsiener moes noodgedwonge eenheid vier, wat nie eintlik geskik is vir kommersiële opwekking nie, by die stelsel voeg. Eenhede twee en drie behoort eersdaags ook tot die stelsel gevoeg te word.

“Ons krap reeds sedert verlede week kop oor ʼn fout by eenheid een. Daar is ʼn probleem met die kontroleerder op die turbines wat stoom gelykmatig aan die linker‑ en regterkant moet vrystel. Ons het die hele nag met die probleem gestoei, maar kon ongelukkig nog nie met ʼn oplossing vorendag kom nie,” het Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, Donderdag gesê.

Hy sê wel dat eenhede twee en drie deur die loop van die volgende paar dae weer tot die stelsel gevoeg behoort te word.

Nietemin voorsien Eskom dat beurtkrag steeds tot en met Maandagoggend sal geld, aangesien hulle die naweek wil gebruik om dam‑ en dieselvlakke behoorlik op te vul. “Ons moet ook voorsiening maak vir moontlike onbeplande onderbrekings wat nog kan voorkom,” het André de Ruyter, hoof van Eskom, tydens die konferensie gesê.

Onbeplande onderbrekings staan tans op meer as 12 000 MW, nadat nog twee eenhede die afgelope twee dae noodgedwonge afgeskakel moes word. Verskeie eenhede is wel sedert Woensdagoggend weer tot die stelsel gevoeg. Eskom verwag ook om binne die volgende paar ure twee eenhede by Tutuka‑ en Arnot-kragsentrale, wat onklaar geraak het, by die stelsel te voeg.

Oberholzer sê hulle het ernstig oorweeg om beurtkrag vroeër af te skaf, maar het dringend tyd nodig om opwekkingskapasiteit te bespaar. “Ons sal die situasie deurlopend heroorweeg en verbruikers op hoogte hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Chris ·

Ek sit partykeer en dink, partykeer sit ek net. Ek kan, al probeer ek hoe hard om my gedagtegang te orden en dinge te verstaan, daar is goed wat ek die wragtag waar weet, nie verstaan nie. As iets in ‘n werkende toestand is, kyk jy daarna. Jy pas dit op. Jy versien dit gereeld. Jy onderhou dit. Wanneer ek iets verniet kry kyk ek nog meer na dit. Hoe werk dinge nou? My kop is te plat om dit te verstaan.

Frank ·

Die probleem begin by die vermoe om te begroot. Die volgende probleem is dan hoe om daardie geld wat jy ontvang het na die regte plekke te kanaliseer. Nie almal is in staat om dit reg te doen nie. Dis ‘n ge-pleister plak van begin tot einde

Grassie ·

Chris – ek het al moed opgegee om te probeer verstaan. Ek sit maar net en kry myself jammer omdat ek my land sien vergaan en ek niks daaraan kan doen nie.

VaalDonkie ·

Daai geldjies wat jy wegsit om instandhouding te doen krap heeltyd aan jou onderbewussyn en voor jy jou kom kry, het jy ‘n nuwe kar en ‘n los tjerrie aan die arm. More wanneer die tegnikus praat van geen gereedskap om sy werk te doen nie, dan skree jy op hom en se hy moet maar ‘n plan maak.

Janine ·

Ons almal weet hoekom die land in so gemors sit. Maar ons mag dit nie sê nie, want dan is ons rassisties/ons verlang terug na vorige jare…

Di ·

Wonder net of die wat die fout soek wel bevoeg is om die werk te doen. Met Eskom is enige iets moontlik of sal ek se in die HELE land. Orals is daar mos onbevoegde mense aangestel wat geen idee het hoe om die werk te doen nie.

Pieter ·

Watte gemors, stel bevoegte mense aan om die werk te doen, of ons sit binnekort permanent sonder krag.

Mariana ·

Stem saam, Eskom het bevoegde mense nodig om die stukkende goed reg te maak. Daar is mense wat daar werk wat mos geen kennis van niks het nie, as jy sukkel met iets dan vra jy mos hulp van die wat weet. En daar is baie mense wat weet, maar hulle is mos weggejaag om plek te maak vir die ander.

Di ·

Ja en die wat probeer blaas goed op wat miljoene rande se skade beloop

marius ·

Waarom dink julle spring rotte van skepe af ? Omdat hulle lief is vir swem ? Dit het nog nie begin nie .

Pieter ·

Indien die bevoegte werknemers nie gedwing is om te bedank nie, was daar heel moontlik iemand wat die probleem vir julle kon oplos………

Martie ·

Hoekom moet iets altyd eers ‘n krisis word voordat Eskom besef daar is fout met die opwekkingseenhede ?
Word daar nie rekord gehou van van moontlike risikos en mitigasiestappe nie?

VaalDonkie ·

Ja, maar dis al wat hulle doen: maak lysies en stel kommittees aan. Maar niks word daaraan gedoen nie.

Witbaard ·

Waarom word daar van duur diesel gebruik gemaak om krag op te wek.

VaalDonkie ·

Daai diesel-kragstasies is basies ‘n groot generator en word vir dieselfde doel gebruik: om te help wanneer die krag af is. Diesel kragsentrales is nie veronderstel om heeltyd aan te wees nie, dis ‘n teken dat iets ernstig fout is.

mattk ·

Die ding werk so……elke jaar was daar geskeduleerde instandhouding by alle kragstasies. So gebeur dit toe dat die kaders oorneem en gratis elektrisiteit belowe aan die ondersteuners, wat lei tot wanbetaling. Die ander kaders in beheer van munisipaliteite weet van die beloftes en betaal dus nie die gelde oor wat van die wat wel betaal nie (eish, ons gebruik dit vir ons eie salarisse, bonusse en nuwe motors). Gekwalifiseerde personeel word uitgewerk deur afgedwingde kwotas en BBEE’s en siedaar, die pilare stort ineen. Viva ANC, viva

Piet parys ·

TE KOOP grootste scrapyard in Sa ooit . ……Kusile …. slegs EFT .

Johan ·

Is daar iets in die land wat werk?
Eskom, SAA, SAUK, Publieke vervoer, Transnet en en en…… Alles poegaai. 350 jaar se bou aan die land opgefoeter in 25 jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.