Kyk: Daar ís lig in die beurtkrag-tonnel

(Foto: Reint Dykema)

“Daar ís hoop,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, op die soveelste dag van beurtkrag en te midde van groeiende kommer oor die kragnetwerk.

“Maar die hoop is nie om die toekoms te plaas in die hande van ʼn owerheid nie,” sê hy.

Kriel meen Suid-Afrikaners behoort sake in hul eie hande te neem en alternatiewe oplossings vir die kragkrisis te vind.

AfriForum het Dinsdag die eerste fase van ʼn driefaseplan, bekend as Projek AfriEnergie, aangekondig in ʼn poging om die kragkrisis te pak.

Fase 1 van dié projek fokus op korttermynoplossings en behels die bekendstelling van ʼn verslag om kragverbruikers van relevante inligting te voorsien en eindelik die regte besluite te help neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.

Kriel sê tegnologie maak dit moontlik om te hoop.

“Daar kom nuwe tegnologie na vore. Ons moet op die voorpunt van nuwe tegnologie wees en voortdurend planne maak. Daar lê natuurlik nog ʼn lang pad voor, maar dit ís moontlik en daar is hoop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Truman Burbank ·

Almal wat sonpanele kan bekostig, het dit reeds. En wat gaan hul doen omtrent waterwerke en riolering? Help veel jy het lig in die toilet maar jy kan nie spoel nie.

Nie Verbaas ·

Korrek. So watter persentasie van die burgers het die finansies om sonpanele te installeer onder die huidige ekonomiese toestande Mnr. Kriel? Volgende briljante plan?

Danie ·

Ek hou hierdie projek dop.Water probleme kan ook met min moeite verminder word werklose mense kan ingespan word met die hulp van boere en boorgate.

Truman Burbank ·

Shhhht. Dit is soos die ou suid afrika. En niemand wil dit he nie

Jakkie ·

Ek hou van die planne. Sal graag wil lees hoe die bou van transmissielyne en nuwe substasies deel vorm van hierdie planne. Vir die gewone salaristrekker is sonpaneelopsie nog te duur en hoe gaan son-en windplase die krag verdeel sonder die nodige infrastruktuur. Die huidige infrastruktuur van Eksdom sal dit nie kan hanteer nie.

Heinrich ·

Stap nommer 1 is die belangrikste van alles. Kry die regte wetgewing in plek; dit sal ook die deurbraak gee na ander areas soos water, paaie en sanitasie. Ons sal self, het nie die ANC nodig wat dit breek en dan belowe om dit weer reg maak nie.

Pierre ·

Kry al die windplase aan Die Weskus ook op die grid. Dit sal baie help. Hulle draai al vir jare.

Nettie ·

Dis tyd dat mense dit uitspel. Ons is in die VYFDE maand van KONSTANTE beurtkrag. Hoe was dit moontlik dat ons ‘n jaar terug bykans elke dag krag gehad het? Hoe was dit moontlik dat ons vir kort tydjies net beurtkrag nodig gehad het?

En skielik, kom September 2022, toe is daar KONSTANT so min dat ons HEELTYD op fase 2 of hoër is? Ek’s jammer, maar ‘n gebrek aan onderhoud verklaar dit nie heeltemal vir my nie. Dan sou dit ‘n meer geleidelike afwaartse proses gewees het. Erge beurtkrag, herstel vir ‘n week. Erge beurtkrag, herstel vir ‘n week.

Nie skielik van 9 Sep (as ek reg onthou!) KONSTANTE beurtkrag nie. Hier’s ‘n plan aan die gang en ek hou niks daarvan nie!

Jacobus ·

Hierdie beurtkrag is die vewaarlosing en plundering van Eskom oor 28 jaar en maak jou reg dit gaan nog baie erger raak.

Truman Burbank ·

Die afgelope tien jaar het al my conspiracy theories waar geword. Ek het n teorie oor loadshedding ens. Maar die media wil dit nie plaas. Maar ja. “energie probleme” wereldwyd gaan oor meer as “maintenance” of die oorlog in Ukraine. Ons kyk maar of my teorie daaroor ook waar word. Maar dit het direk verband met die jabbed.

Vriendelike Frikkie ·

Jan, verduidelik hoe om jy van beurtkrag af by vaksines uit? Klink my daar is ‘n storie daar.

Jaco ·

Toe beurtkrag begin het 15 jaar gelede, moes Afriforum al met dié wonderlike planne begin het. Dis nou te laat. Dit gaan nou te duur wees, infrastruktuur om dit te doen is nou te erg beskadig, dit gaan BAIE lank vat om te implementeer en die anti-wit houding van die ANC beheerde owerhede is nou só erg dat hulle orals vir Afriforum sal keer.

Hilda ·

ja oom Kallie, jy het skynbaar ook tred verloor met realiteit. Waar de hel moet pensioenarisse en arm/middelklas mense geld kry vir alternatiewe krag watookal. Ons flippen raap en skraap alklaar net om te oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.