Kyk: SA vrou breek langafstandrekord 

Toni McCann by die eindstreep. (Foto: Simon Dugue)

ʼn Langafstandatleet van Kaapstad het die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om een van die uitmergelendste internasionale wedlope te wen.

Toni McCann het verlede Donderdag eerste oor die wenstreep van die Ultra Trail Mont Blanc OCC gehardloop. Sy het honderde ander deelnemers van reg oor die wêreld uitgestof om dié titel te verower. Volgens die wedloop se webwerf word die 55 km‑marathon in die Alpe in Frankryk gehardloop en deelnemers klim nagenoeg 3,5 km tydens die wedloop.

Deelnemers het 14,5 uur om die roete af te lê, meer tyd as wat vir die Comrades-marathon gegun word, maar McCann het dit in net 5 uur en 28 minute voltooi. Dit is boonop ʼn nuwe rekord.

In ʼn plasing op die Otter African Trail Run, ʼn hardloopklub waarvan McCann deel is, se Facebookblad, sê hulle dit was nog altyd haar droom om die wedloop te wen. “Jy het Suid-Afrika vandag trots gemaak. Ons salueer jou en kan nie wag dat jy binne die volgende maand weer aan ʼn wedloop op eie bodem deelneem nie,” skryf die klub.

St. Mary’s DSG Kloof, McCann se alma mater, het haar op Facebook gelukgewens met die oorwinning. “Geluk met ʼn hoogtepunt in jou loopbaan en ʼn fantastiese wedloop. Wat ʼn ongelooflike prestasie.”

Volgens die webwerf Faces Africa, het McCann die wedloop vir die eerste keer in 2021 aangepak, en 14de geëindig. In 2022 het sy, as deel van Adidas se Terrex-span, ʼn vyfde plek losgehardloop. McCann het aan die webwerf gesê sy was op haar senuwees toe die groot dag uiteindelik aanbreek, maar dat sy meestal opgewonde was om te begin hardloop.

???? What an emotional victory for Toni McCan ???? She is the new Queen of the ???? OCC???? Une victoire pleine d’émotions pour Toni McCan ????#UTMB #UTMB2023 #DaciaUTMBMontBlanc #MeetYourExtraordinary

Posted by UTMB Mont-Blanc on Thursday, August 31, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Mag sy SA verteenwoordig? Wat van “transformasie” in sport? Wat van raskwotas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.