Kyk: Wolkbreuk in Hartenbos; skoonmaakwerk amper klaar

‘n Winkelsentrum in Hartenbos na die reënbui. (Foto: Elize Swanepoel, Storm Report SA/Facebook)

Die Mosselbaai-munisipaliteit sê hy gaan vandag voort met die laaste opruimingswerk nadat minstens 50 mm reën Sondagoggend binne 15 minute in Hartenbos geval het.

Foto’s en video’s van die massas water wat in dié vakansiedorpie stroom is op sosiale media gedeel en wys hoe riviere water deur die dorpie stroom. Talle huise was onder water.

Nickey le Roux, kommunikasiebeampte van die munisipaliteit, het gesê rampbestuurspanne is gister kort ná die wolkbreuk al ontplooi om met skoonmaakwerk te begin. Die meeste paaie wat ná die reën met klippe en modder besaai was, is reeds skoongemaak.

“Geen groot infrastruktuurskade is aan die munisipaliteit se eiendom aangerig nie,” het Le Roux gesê.

ʼn Keerwal in Vogelsang, ook bekend as Vakansieplaas, het wel ná die stormreën meegegee. Die toneel is beveilig en die wal sal mettertyd herstel word.

Die Monte Christo Eco-landgoed, ʼn private ontwikkeling in Hartenbos, het waarskynlik die ergste deurgeloop. Video’s en foto’s wat in die ontwikkeling geneem is, wys hoe die modderwater plaveisel meesleur en deur verskeie huise stroom.

Volgens Le Roux is geen beserings aangemeld nie. Dit was ook nie nodig om enige buurte as voorsorgmaatreël te ontruim nie.

Sy het gesê gebiede soos Vleesbaai, Boggomsbaai en Groot-Brakrivier, wat deur Eskom van elektrisiteit voorsien word, het wel kragonderbrekings ondervind. Die toevoer is sedertdien weer herstel.

Die dorp se stormwaterstelsel het gesukkel om die massas water af te voer. Le Roux het gesê daar is geen fout met die stelsel nie, dit kon bloot nie byhou by die wolkbreuk wat in so ʼn kort tyd soveel reën veroorsaak het nie.

More footage emerging from today's excessive flooding in Hartenbos sent in by Boela du Plessis.

Posted by Storm Report SA on Sunday, September 29, 2019

Video sent in by Michelle de Marillac Robinson of flooding in Hartenbos Monte Christo.

Posted by Storm Report SA on Sunday, September 29, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sê maar net ·

Dit is wat gebeur as ontwikkelaars binne die 50 en 100 jaar vloedlyn bou. Nie baie slim nie.

Francois ·

Dit word n’ wolkbreuk genoem waneer 100mm reën of meer binne n’ uur val. Sterkte aan almal wat skade het.

B-man ·

Wolkbreuk? Is dit wiskundig, soos ‘n egte of onegte breuk?

Antie ·

Dankie, Hemelse Vader, vir die welkome reën wat so broodnodig is.

Kerneels ·

Lyk te pragtig as die sluise van die hemel so oopgaan. Die mense van Hartenbos is werklik geseën.

Francois le Cochon ·

Dit laat my terug dink na Hartenbos, 14 Januarie 2005, toe daar tussen 10:00 en 11:00 240mm gereen het.

Pensioenaris ·

Ai wens dit wil ook so reent in die Noord kaap waar die boere dit so nodig het. Kom ons bid vir hulle vir n lekker reent bui.

jaco ·

Vreemd dat dit reën daar. ‘n ANC-raadslid van iewers in die binneland het dan in 2017 gesê die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste mense daar DA stem. Blykbaar is korrupsie, jobs vir onbevoegde kaders, swak of geen dienslewering ens ens ALLES binne die Here se wil…

Nix ·

Welgedaan aan die Munisipaliteit en almal wat gehelp het met die opruim en skoonmaak.

Moet sê, ek dink as dit in die Tshwane distrik was, het dit nog maande gevat om skoon te maak en nie net ‘n dag nie…

Lou ·

In Limpopo vat dit jare. Daar is nou nog ‘n brug op die openbare pad tussen Ellisras en Vaalwater wat omtrent 4 of 5 jaar terug weggespoel het wat nog nie herstel is nie. So tydelike bruggie is langs die oorspronklike brug gebou en dit is nou permanent.

wielie ·

Tshwane sal moontlik 2 weke bepalnning moet doen, dan n taakspan aanstel, dan moet daar eers besluit word wie gaan die werk doen. Moontlik is die mense nie tevrede met salarisse of die tender word verkeerd deur gesit dan strike hulle …………. jip Tshwane het so 7 maande tot n jaar nodig.

Gert Retire@Midstream ·

Werkloosheid en opvoedingspyl / opleidingsvlak bepaal plasing in die sameleweing. Die enorme verkwisting van geld deur korrupte tender toekennings verg nie MBA kwalifikasies nie.

Heksie ·

Ons het reën nodig Vader! Dankie daarvoor, alles hier in Gauteng is droog en dor.

Clipper ·

Net klagtes en nogmaals klagtes. Die reën was nodig en dit was baie water en baie skielik maar almal behoort dankbaar te wees. Darem bly die Mosselbaai munisipaliteit het hom so goed van sy taak gekwyt. Die DA mag maar en hulle regeer in Tswane ook net jammer die anc en eff regeer saam

Julie Jansen van Rensburg ·

Laat my aan ‘n paar jaar gelede terugdink toe ‘n wolkbreuk ons hier aan die Oos Rand (Kempton Park) getref het – my reënmeter het op 82mm gestaan toe die reën na sowat 30 minute later bedaar het …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.