Laaste SA ‘Idol’ vanjaar aangewys

Die beoordelaars van ‘Idols South Africa’. (Foto: Facebook)

Die gewilde talentsoekprogram, Idols South Africa, sal vanjaar vir die laaste keer ʼn platform vir opkomende kunstenaars wees.

Die program het Sondag aangekondig dat die oudisies vir die 19de en laaste seisoen van die reeks op Sondag 12 Februarie afskop.

Die program het die loopbane van sterre soos Heinz Winckler, Andriëtte Norman, Elvis Blue en Shekhinah begin.

“Dit is tyd om totsiens te sê. Agttien onvergeetlike seisoene. Die geskiedenis van sterre skep en ʼn weermag van aanhangers. Gaan jy die laaste Suid-Afrikaanse Idol wees? Die laaste seisoen van SA Idols, jou laaste kans om jou droom uit te leef,” het die program op sosiale media geskryf.

ʼn Rede vir die kansellasie van die program is nie verskaf nie.

Idols SA het in Maart 2002 vir die eerste keer op eie bodem uitgesaai. Heinz Winckler het die eerste seisoen gewen.

Die program word weer op Mzansi Magic, DStv-kanaal 161, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Karinda ·

Geen kommentaar van 18 wenners word net 4 genoem want die wenner word mos gekies sonder om die stemme in ag te neem.

Hendrik ·

Joe en ek het nie eers ‘n TV nie. Ek het al 12 jaar gelede my TV weg gegee.

Vonkprop ·

Dit vat nie ‘n rocket scientist om dit uit te werk hoekom dit doodloop nie. Jy hoor weer bitter min van die Idols wenners na die tyd. Van 18 seisoene kan ons net vier onthou? Uitgediende resep.

Ronel ·

Dit nog nooit gekyk nie – nog nooit belang gestel om dit te kyk nie.

Sandra ·

Gaan kyk bietjie na Loki Rothmann, hy het nie gewen nie, was 2e na ‘n dowe danser wat soos mis voor die son verdwyn het. Kyk bietjie watter hoogtes hy al bereik het.

piet ·

Dit was seker nie Idols nie. Idols is net sangers sover ek weet.

Genis ·

Dit was in elk geval nie meer SA Idols nie… verdraai en verkrag… niemand gaan dit mis nie

Euodia ·

Onthou net vir Elvis Blue, Anke, Heinz en Andrette wat 2de gekom het. En Bianca en Brandon wat dink ook 2de gekom het. Swakste program en beoordeelaars op TV

Euodia ·

Beste idols toe Randell, Mara, Dave en Marcus beoordelaars was. Tussen hankies wie op aarde is die ou/vrou op die foto v d idols!!????

Etienne ·

Was in elk geval ‘n eensydige klug…. ek is oor die 50 jaar in die musiek bedryf en dis selde of ooit dat die beste in elk geval wen.

Ettienne ·

Ag dank die hemel. Ek het nie ‘n groot probleem met die werklike goeie sangers wat deur Idols die mark betree het nie. My probleem is die 3de en laer geposisioneerdes en hopefuls wat ook CD’s gemaak het, bloot net omdat hulle op Idols was!

Eclectus ·

Idols? Wat is idols? ‘n Nuwe posbenaming vir staatsamptenare?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.