‘Laat rentekoers onveranderd; dereguleer brandstofprys’

(Argieffoto: Maroela Media)

Solidariteit het aanbeveel dat die rentekoers vandag onveranderd gelaat moet word en het weer eens beklemtoon dat die regering die brandstofprys moet dereguleer.

Dit volg nadat die verbruikersprysindeks (VPI)-koers Woensdag bekend gemaak is.

In ooreenstemming met die neiging die afgelope paar maande het die hooflyn VPI-koers wat op ʼn koers van 5% te staan gekom het weer nader aan die bopunt van die Reserwebank se teikenbestek geëindig.

“Brandstof is vandag ʼn skrikwekkende 23,1% duurder as ʼn jaar gelede. Ons moet druk op die regering uitoefen om gehoor te gee aan ons eise om die brandstofheffing te verlaag en om die prys ten volle te dereguleer,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by Solidariteit.

“Mense moet genoeg geld hê om werk toe te kan gaan en kos te koop. Hoër brandstofpryse is net nóg ʼn regulasie wat ons ekonomie versmoor. Die vrye mark is doodeenvoudig ʼn beter prysbepaler as ons regering,”

Volgens Du Buisson sal ʼn verlaging in die brandstofprys ook uitkring na voedselpryse, wat self ook op ʼn koers van 6,7% te staan gekom het.

Hy wys verder daarop dat dit ʼn buitengewoon negatiewe uitwerking op die armes en mees kwesbares het en dat die regering sy verantwoordelikheid teenoor alle landsburgers, maar veral hierdie groep, versuim deur nie aan hierdie eise gehoor te gee nie.

“Die algehele VPI-koers is veral belangrik in ag genome die nuutste rentekoersbesluit wat vandag aangekondig word. Die besluitnemers mag dalk gedruk voel om die rentekoers te verhoog, maar ons moet in ag neem dat die meeste faktore wat die VPI opstoot ekstern is, veral die skeepsvragkrisis en die swak monetêre beleid in die VSA.

“Ons verwag daarom, en beveel ook aan, dat die rentekoers onveranderd gelaat word. Die rentekoers is nie die oorsaak van die hoë VPI-koers nie en ʼn styging kan die bietjie groei wat daar is ongedaan maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

VaalDonkie ·

Dis nie regulasie wat die prys opstoot nie, dis all die “heffings”.

Grassie ·

Dit is hoog tyd dat die rentekoers ook ‘n bietjie verhoog word. Pensioenarisse wat van rente-inkomste afhanklik is kry tans swaar met die lae rentekoerse.

Pierre ·

Sterkte siende dat jou siening die minderheid is, belleging opbrengs sal verbeter as rentekoerse laer bly want dit stimuleer ekonomiese groei die realiteit is dat hoer rente koerse miljoene negatief beinvloed en is beter as dit laer is.

Jeffrey ·

Ek hoor wat jy sê maar ek wil nou n klip in die bos gooi. Pensionarisse kom uit n era waar daar gulde geleenthede was (vernaamd die sestiger en sewentiger jare), geen BEE, geen regstellende aksie, geen beurtkrag, geen corona nie. Inteendeel meeste pensionarisse het die wind van agter gehad, in baie gesinne het daar net een ouer gewerk, dinge was dus BAIE makliker vir hulle as vandag se jongmense en as hul reg gewerk het, hard gewerk het, kon hul BAIE GOED afgetree het. Vandag se jongemense het BAIE TEEN HUL! Dis bloedsweet en nogsteeds sukkel hul om net n klein meenthuisie te kan bekostig, wat nog te sê van twee of drie kinders kry. So gun hulle maar die laer rentekoerse, dis dalk nog AL wat nog in hulle guns tel. PS. Ek het n dokumenter gekyk waar daar uitdruklik gesê was “in the 70’s no nowere on EARTH people lived as well as the white population of South Africa.” Dis al wat ek gaan sê.

E ·

Jeffrey, ek kan nie glo as my ouers se hulle het ‘n kar in ‘n paar maande afbetaal nie. Nou kan ‘n mens nie eens ‘n tweedehandse motor in ‘n jaar afbetaal nie. En ek praat nie luukse motors nie. En ja een inkomste was genoeg en hulle het vakansies gehou. Ek was jare laas weg vir ‘n vakansie.

Pieter ·

So dom is die anc kommuniste dit is die geld wat hulle op die brandstof maak wat al die grands betaal. Ouer people soek mos als verniet.

Althes ·

Is daar ñ wyse wat ons kan eis dat die heffings verminder word op petrolprys?

Gary ·

Met respek …….hoe gaan ons druk op die regering uitoefen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.