‘Laat staan kaderontplooiing’ met nuwe Transnet-bestuur

(Argieffoto: Transnet)

ActionSA wil hê dat die nuwe bestuur van Transnet nie deur middel van kaderontplooiing gekies word nie.

Dié party sê dit sal katastrofies wees vir die land se ekonomie as bestuurslede op grond van hul verbintenis met die ANC eerder as hul bevoegdheid om Transnet te bestuur, aangestel word.

“In ʼn situasie waar swak leierskap direk bygedra het tot meer armoede en werkloosheid, soos in Transnet se geval, moet net die bes moontlike kandidate vir die pos oorweeg word,” sê Herman Mashaba, president van ActionSA.

Siza Mzimela, uitvoerende hoof van Transnet-spoorvragvervoer, het vandeesweek haar bedanking ingedien nadat Portia Derby, voormalige uitvoerende hoof van Transnet, en Nonkululeko Dlamini, Transnet se finansiële hoof, ook bedank het.

Mashaba sê dit is duidelik dat die uittog deur Transnet se bestuur ʼn bewys is dat die ANC se beleid van kaderontplooiing misluk het. Dit het boonop ʼn belangrike staatsbeheerde instelling verder laat verswak en bygedra tot die land se ekonomiese ellende.

“Die rampspoedige leierskap by Transnet is grotendeels verantwoordelik daarvoor dat die land die oplewing in handel misgeloop het, wat nou bydra tot die land se finansiële uitdagings en sy onvermoë om genoegsame werksgeleenthede te skep,” sê hy.

“Dit is waarom ActionSA in ʼn skrywe aan min. Pravin Gordhan gevra het dat kaderontplooiing laat vaar word wanneer die nuwe bestuur van Transnet aangestel word, en dat die mees bevoegde mense eerder aangestel word.”

Mashaba voer aan dat Transnet te belangrik is om tot niet te gaan. “Daarom moet die rehabilitasie daarvan geprioritiseer word om werk te help skep, lewens te verbeter en armoede uit die weg te ruim.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Amelia ·

En kyk ook hoeveel het die persone wat bedank het verdien om als tot niet te laat gaan

domheks ·

Hoe kan julle verwag dat cANCer nie kaders gaan aanstel nie. Die kommuniste help net kaders.

Oosieoos ·

Kaderontplooiìng het alle staarsdepartemente vernietig wens hulle kan net vir een keer die waarheid erken

Keelvol ·

Dis om met jouself daaroor te argumenteer en dan die einste argument te verloor.

Keelvol ·

Ek lees n paar mense is lekker skynheilig. n Paar drankies in en matroos kry skaam vir hulle.

Mariana ·

Stem 100% saam. Tyd vir kaderontplooiing is verby. Beste kandidate nou nodig om hierdie land uit die modder te trek. Als waaraan die ANC kaders geraak het,het platgeval. Tyd om dit weer reg te maak dat ons land kan vorentoe beweeg.

efjy ·

Laat die kaders dit ook maar afbreek. Die land kan nie net 20 persent effektiewe transport vooruitgaan nie. Die weermag,Telkom, Poskantoor, onderwys,Denel, paaie ag alles is reeds ‘n mislukking.

Sê maar net ·

Wel, ons mag maar droom, nê? Dat hulle nie ‘n kader sal aanstel nie……

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Ek is bevrees ons land benodig nou eerder ñ ander regering want onder ANC beheer sal geen instelling meer kan floreer of gered word nie. Die skade en korrupsie strek te diep en is lankal by herstel of die omdraaipunt verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.