Transnet se Siza Mzimela gooi ook handdoek in

Siza Mzimela (Foto: LinkedIn)

Siza Mzimela, uitvoerende hoof van Transnet-spoorvragvervoer, het Donderdag bedank. Sy sal tot einde Oktober as hoof aanbly.

Mzimela se bedanking volg nadat Portia Derby, voormalige uitvoerende hoof van Transnet, en Nonkululeko Dlamini, Transnet se finansiële hoof, ook bedank het.

Die DA het Maandag gesê Mzimela moet ook vrywillig bedank of die trekpas gegee word. Daar was gerugte dat sy geweier het en wou “baklei teen die oproepe vir haar bedanking”.

Die grootkoppe in dié staatsbeheerde vervoerinstelling val nou een ná die ander op hul swaard terwyl verskeie krisisse die instelling teister.

Transnet vorm die kern van Suid-Afrika se invoer- en uitvoer-ekonomie en is verantwoordelik vir nagenoeg 68% van die land se BBP. Onafhanklike skattings raam dat die probleme by Transnet boonop kan lei tot ʼn 5%-daling in vanjaar se BBP.

Mzimela herinner personeellede in ʼn brief aan die vordering wat die afgelope drie jaar gemaak is; sy bedank hulle vir hul diens en vra werkers om nie op te gee om van Transnet ʼn sukses te maak nie.

Sy het in April 2020 by Transnet begin.

“Ek het die geleentheid gehad om persoonlik 26 000 hardwerkende Transnet-werkers te ontmoet en saam met hulle te werk tydens my besoeke aan verskeie plaaslike depots,” het Mzimela in die brief geskryf.

Volgens Mzimela het Transnet se werkers haar geleer om veerkragtig te wees en elke dag op te staan en ʼn verskil te probeer maak.

“Julle het toegewyd gebly ondanks die wind van voor. Dit is danksy julle passie vir die spoorwegbedryf. Ek bid dat die bedryf weer suksesvol kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Moes nooit in die eerste plek aangestel gewees het nie. Geniet daai R14 miljoen bonus vir wat doen?

Karoo ·

Maak sin dat almal vinig uitklim want so kan hulle nie verantwoordelik gehou word nie. Toemaar, sy sal weer elders opduik in ‘n ander staats pos.

Jr ·

Hierdie Kaders net soos die mini ster van elektrisiteit dink om n plek te besoek het hulle hulle werk gedoen. Merk my woorde Eskom gaan een van die dae uit mekaar gaan val. Die stilte voor die storm

Hannelie ·

En so val hulle een-vir-een, bou die land tot in die grond in. En gaan huis toe met ‘n hele paar miljoen in haar sak.
Hoop sy kan darem een naam van die 26 000 wat sy persoonlik ontmoet het, onthou.

Wit Leeu ·

Net nog een sal haar opvolg, skep en ook bedank ! Niks nuut nie.

Peter ·

Ja laat julle almal gaan, goed daarin geslaag om die entiteit ook in die grond in te dryf, nou sit ons met die gelag

Carel ·

Sy het seker eers ‘n paar Nepotisme “Tên-dâs” gefinaliseer, voordat sy haar “bedanking” ingedien het

Jakes ·

Goed en wel dat hulle bedank maar soos ek die ANC ken word daar weer kaders aangestel. Transnet se lot was in 1994 reeds beklink toe die ANC oorgeneem het. Die kanse dat daar enigsins n verbetering gaan kom is skraler as sneeu in die Sahara woestyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.