Laerskool-leerder neem eie lewe

Avante Primary School in Randfontein. (Foto: Google maps)

ʼn 12-jarige leerder aan die Avanté Primary School in Randfontein het verlede week sy eie lewe geneem. Die seun was in gr. 7 gewees.

Volgens die Gautengse departement van onderwys was die skool bekommerd oor die betrokke leerder se welstand en het hy verskeie beradingsessies ondergaan voor die aanvang van die skoolvakansie aan die begin van Oktober. Die seun het nietemin die eerste week ná die skoolvakansie, op 6 Oktober, sy eie lewe geneem.

“Ons dra graag ons innige simpatie oor aan die leerder se ouers en die hele skoolgemeenskap. As departement is ons verpletter deur die voorval,” het Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, Vrydag gesê.

Hy het gesê die departementele beradingspan werk saam met ander organisasies en plaaslike ondersteuningstelsels om berading aan leerders te verskaf en hulle te help om hul verlies behoorlik te verwoord en te verwerk.

“Ons vra weer dat leerders met moontlike persoonlike probleme sal uitreik na ondersteuningsnetwerke wat geredelik beskikbaar is by skole, voordat dit te laat is.”

Maroela Media het vroeër berig die afgelope twee jaar was daar ʼn skerp toename in tienerselfmoord wêreldwyd. Dit kan deels regstreeks toegeskryf word aan die maatreëls om die Covid-19-pandemie te bekamp. Weens die isolasie van kinders van alle ouderdomme in die inperkingstydperk, is hulle van hul natuurlike ontwikkelingsgeleenthede ontneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sê maar net ·

Dis verskriklik hartseer. Wat het daai arme kind deurgegaan om so absoluut moedeloos te wees dat hy op so ‘n jong leeftyd homself om die lewe gebring het? Skokkend.Mag die Here die familie toevou in sy arms en krag gee. Oud- onnie.

Gaitsigubib ·

Ek noem nie name nie, maar julle sal weet van wie ek praat, as jul dalk my skrywe lees. Ek dink gereeld aan julle wat jul dogtertjie, ook in graad 7, op dieselfde wyse verloor het. Julle het absoluut niks verkeerd gedoen nie. Troos jul eerder nou daarin dat jul daardie oulike kind van julle eendag weer sal sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.