Landgoed-moorde: ‘Seun word wakker van skote’

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die seun van die egpaar wat vroeg Dinsdagoggend in hul huis op ’n landgoed in Elandsfontein in Gauteng doodgeskiet is, het glo wakker geword van skote wat in die huis afgevuur is. Hy het daarna op sy gewonde familielede in die huis afgekom.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n 28-jarige man het na bewering sy pa Dinsdag op die onderste verdieping van die gesin se huis in die Fly Inn-landgoed naby Olifantsfontein aangetref. Hy was noodlottig gewond. Die seun het daarna op sy gewonde ma en suster op die boonste verdieping afgekom.

Maroela Media het vroeër berig die pa (57) is in wat lyk soos ’n gewapende roof in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar. Die ma (56) is in die bors en hul dogter in albei bene geskiet.

Die ma het op die toneel aan haar beserings beswyk, terwyl die dogter met ’n lugambulans na ’n hospitaal vir verdere mediese behandeling gehaas is. Dit is nie in dié stadium duidelik hoe oud sy is nie. Sover bekend, het die seun geen beserings opgedoen nie.

Volgens Peters word ’n televisiestel en verskeie skootrekenaars vermis.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van moord, poging tot moord en huisroof. Niemand is egter nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dit is ook nie duidelik hoeveel aanvallers betrokke was of hoe hulle toegang tot die huis verkry het nie.

Die polisie doen ’n beroep op mense om enige inligting rakende die voorval by hul naaste polisiestasie of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Duck ·

Jumping to conclusions…. maar ja, dit laat ‘n ou nogal dink aan die Henri sage hier in Stellenbosch
Nou moet die suster wat in haar bene geskiet is, ook nog ly aan ‘n geheue verlies…..EISH!

Cherokee ·

Julle lees te veel fiksie. Hierdie is Suid Afrika. ‘n Moorddadige land. ‘n Land waar mense vir ‘n selfoon geskiet word en dikwels sommer vir niks. Nou lees en ondersteun julle mekaar se kommentare en verwar dit met die rillers op TV.

Realis Thailand ·

Daar is so iets soos “common sense” ook
Laat ons maar kyk wat se die ondersoek se resultate.

Cherokee ·

‘common sense’ noem jy dit? Daar was van die symste kommentators wat Madeleine Mc Cann se ouers beskuldig het van betrokkenheid by haar verdwyning. Al wat nodig is, is dat een kommentator ‘n vuurtjie aansteek waarna daar hout opgepak word, soos met die Spur. Oor die algemeen word nie common sense geskryf nie, maar eerder wat kommentators dink wat gelees wil word. Ek sê nie julle is verkeerd nie, maar eerder dat die skaal oorwegend wegswaai vanaf jul raaiskote.

LANA is ELANè ·

Aaklig, hoop die suster herstel vinnig. Ons land is rerig baie bloeddorstig en vreesaanjaend om in te woon.

Cindy ·

Het julle klomp beterwetiges al verskoning gevra? Of lees julle net een artikel en besluit self wat het gebeur?

Nico ·

Die ondersoeke neem solank dat die dossiere weg raak of verdwyn, dit is hoe die polisie te werk gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.