Leerder geskors ná video op sosiale media versprei

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Gr. 10-leerder van ʼn Gautengse hoërskool is geskors nadat ʼn video aan die lig gekom het waar hy ʼn onderwyser by die skool herhaaldelik tart en onder meer aan die onderwyser se boud vat.

Op dié video, wat sedert verlede week wyd op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe die seun uitlokkend voor die manlike onderwyser gaan staan en sy hande rondswaai. Wanneer die onderwyser oor ʼn tafel buk, skynbaar om ʼn ander leerder se werk na te gaan, stap die leerder nader en vryf die onderwyser onder sy ken.

Hy gaan sit dan laggend by ʼn lessenaar agter die onderwyser en kyk reguit vir die kamera, voor hy oor die onderwyser se boud vryf. Daar kan ook gehoor word hoe die leerder wat die video neem, oor sy klasmaat se optrede giggel.

Die Gautengse departement van onderwys het intussen bevestig dat dié voorval by die Lenasia Secondary School gebeur het. Nadat die video onder die departement se aandag gebring is, is die leerder geskors hangende ʼn dissiplinêre verhoor wat Vrydag sal plaasvind.

Panayaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het verlede week die skool besoek om sy misnoeë oor die voorval teenoor die skoolbestuur uit te spreek. Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het Lesufi ook met die betrokke leerder gepraat waarna hy hom na die klaskamer vergesel het en gevra het om sy klasmaats en die onderwyser om verskoning te vra.

“LUR Lesufi het die onderwyser ook namens die departement en die skool om verskoning gevra,” het Mabona gesê.

“Die departement veroordeel enige vorm van wangedrag in skole ten sterkste en sulke voorvalle word geprioritiseer en vinnig aangespreek. Leerders word aangemoedig om gehoor te gee aan skole se gedragskodes en hulle van wangedrag te weerhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

liz ·

In die goeie ou dae, sou hy vir weke daarna nie op sy bas kon sit nie.

Swapie ·

Ek stem. Geen respek meer in skole (en die samelewing) nie. Bring die rottang terug.

Cherokee ·

In die goeie ou dae was daar ook iets soos ‘n verbeteringskool. Weet nie of iets van daardie aard steeds bestaan nie.

Penellope Jones ·

In die goeie ou dae sou sulke gedrag nie gebeur het nie – ouers het hul kinders respek geleer.

Nooit ·

Nee @Liz, in die goeie ou dae sou dit nie simier nie gebeur het nie. Kinders WAS opgevoed en het respek gehad vir ander. Die fout of skuld le by die ouers van die kind, en as hy nie ouers het nie, by diegene wat verantwoordelik is vir hom.

IK ·

Dis hierdie soort leerders wat Lesufi wil invoer na Afrikaanse skole waar daar nog dissipline en opvoeding ook tuis plaasvind.

Mossie ·

Stem heelhartig met jou saam, ongelukkig is daar reeds leerders met hierdie tipe gedrag en houding in Afrikaanse skole teenwoordig. Die hartseerste van als is dat daardie leerder wel ordentlike opvoeding en dissipline tuis ontvang en NOOIT voor sy/haar ouers so sal optree nie, maar wel in die klaskamer waar die leerder weet dis sy/haar woord teen die onnie. Omdat dit nie toelaatbaar tuis is nie, is die ouers aan die kind se kant en MOET die onderwyser verkeerd wees of n vendetta teen die leerder hê. Daarom die cctv kamera’s in klaskamers, om beide leerders en onderwysers te beskerm.

Se maar net ·

Hierdie is nie ‘n uitsondering nie. My twee dogters is albei onderwysers en hierdie intimidasie en uittarting vind daagliks teenoor onderwysers plaas. Selfs in die laerskole. Kinders is net vir niks bang nie want daar mag nie aan die bloedjies geraak word nie. Boonop is die meeste kinders se opvoeding onder verdenking. Hulle het geen respek vir hul opvoeders nie. Waar is die dae toe kinders moes luister as gepraat word en hul hand opsteek vir ‘n spreekbeurt? Ek wonder of die regering en die ouers van sommige kinders besef dat “wat jy saai, sal jy maai”. ‘n Onregeerbare jeug is ons voorland.

Verkeerd ·

Hy het gedink dit is ‘n groot joke, en sal uiteindelik niks oorkom nie, hy sal maar net weer in ‘n ander skool opgeneem word of stil stil teruggeplaas word in dieselfde skool sonder enige strafmaatreels teen hom. Hy het die onderwyser heeltyd uitgetart en dit WORD TOEGELAAT, sou dit ‘n wit kind was het hy lankal op straat gesit. DIS DAREM lekker dat sekere mense net OM VERSKONING mag vra en ander word permanent geskors .. Sjoe die selektiewe vervolging in hierdie land MAAK MY SIEK!!!

Stuiwer ·

Ek verstaan nie hoekom die Minister van Onderwys persoonlik die skool moes besoek het en die kind na die klaskamer geneem het sodat hy om verskoning kon vra nie. Wat maak hierdie seun so spesiaal?

Algemeen ·

Dit is ongelukkig die wortel van die kwaad – daar is geen respek vir reels, wette en morele waardes nie. Dit is ‘n grap om te kyk hoe ver ‘n persoon uitgelok kan word net om reaksie te kry en te lyk soos die slagoffer !

Theresa B ·

Geen respek en geen discipline. Plein ongeskik, as jy my vra. Jy kan niks aan hulle doen nie en hulle weet dit. Volgende week is hy terug in die skool. Nou lê hy lekker by die huis en kyk TV of kry info van sy laggende klasmaats op sy foon.

Stem Saam ·

Pakslae moet terugkom in die skole. Sekere kinders het geen respek vir onderwysers nie. Tart hulle tot hulle uit die klas uit stap en dan lei ander kinders daaronder wat wel wil leer en in die klas wil wees.

wielie ·

Foeitog …. nou het jy jou aandag gekry! Hoop jy word permanent van alle skole verban!
Sies man !! Skaam jy jou nie ??? Dink jy nie aan jou ouers nie ??

Judge Dredd ·

Maar did mos nou ‘n rasse voorval, nie waar nie Lesufi?

Jip ·

Rupert, wat van as altwee partye dieselfde kleur was? Net die mense wat die video gesien het, sal dit actually weet.

Elsa ·

Ek haal my hoed af vir die onderwyser dat hy sy humeur beteul. Waarom maak die man nie n saak van seksuele teistering oop nie. Dit sal die res gou op hul plek sit.

Karin ·

Maak n klag van seksuele teistering teen die leerder, dis tog wat dit sou wees as dit n onderwyseres was, nie waar nie?

HESTER ·

Eks stem volkome saam met jou. Gaan maak n saak teen hom . Maar ek wil nou net iets vra as hy in Graad 10 is dan behoort hy 16 hierdie jaar te wees as alles volgens plan verloop het. Maar hy mag dalk ouer wees. Wat ek wil weet Kan hy dan aangekla word en verantwoordelik gehou word (seksuele teistering) indien hy sestien is. Ek praat geensins sy houding of geen respek teenoor onderwyser goed nie. Vra net die vraag? Ek meen hy is oud genoeg om te weet wat hy doen, kyk reguit vir kameras, dan kan mos maar pa staan vir sy uitartende optrede of hoe?

koos1 ·

As die situasie anders om was was al wat ‘n politikus al on die “bandwagon”!
Skole en beheerligame, beskerm julle onderwysers (en kinders) deur kameras met klank, te instaleer. Dis duur, maar ‘n hofsaak kan duurder wees. By my kinders se skool het ons begin met 8 kameras vir sowat R20000.00 en het alreeds 1 kind kon beskerm, met bewyse, teen ‘n kwaai oupa.

Ruby ·

Ek haal my hoed af vir daai meneer vir sy selfbeheersing.

Wat van die knaap wat al giggelende die video geneem het?

Ore ·

Lesufi vra namens leerder omverskoning.Indien dit andersom was sou dit ‘n hengse rasse herrie veroorsaak het en die agbare LUR sou summier aangedring het op stappe.

De Villiers ·

Dis ‘n direkte gevolg van die ANC se sosialistiese en kommunistiese stelsel wat ondersteun word deur menseregte dat die goed gebeur. Lyfstraf en goeie dissipline sou die ding doen, maar word deur hierdie stelsel afgebreek, wat ‘n ongedissiplineerde jeug skep. Die ANC sal dit seker nooit raaksien of besef nie.

jaco ·

Hoekom het sulke goed dan nie in skole in bv. die ou Sowjetunie en Oos-Duitsland gebeur nie? Daardie lande was dan ook kommunisties.

Jip ·

GM, my pic is blank. Ek kan niks sien nie. Dan vra ek hartlik om verskoning.

Joshua ·

Die swaard moet albei kante toe sny; hierdie seun is rassisties

Swart Piet ·

Die ANC regering is dan mos nou n mooi voorbeeld vir die kinders, hulle het ook geen respek vir andere nie en het ook glad nie dissipline nie. SO red nou n nasie.

Ontstoke ·

En wat van die 1 wat dit op video op geneem het, hy is netso skuldig!!!!

Carlien ·

In die ou dae sou jy dit nie gewaag het om met n onderwyser so te maak nie, jy het respek vir onderwysers gehad. Vandag se kinders het bitter min respek en goeie maniere bestaan nie meer nie.. Ongelukkig steun baie ouers hulle kinders se swak gedrag wat die kinders laat voel hulle kan wegkom met moord, en hulle doen. Groot mense word ge ‘jy’ en ge ‘jou’ en tannie en oom word al minder gehoor. Dankie en asseblief het ook n vloekwoord geword. Ek kry vandag se onderwysers baie jammer..

Afrikaanse Knaap ·

Hoe bespotlik is on onderwys stelsel nie dat sulke gedrag die aandag van ‘n minister moet trek?
Wat is nou die regering se plan met so kind? Sit hom neer, praat mooi, en forseer hom om jammer te se.
In my dae het onderwysers die kamer kon verlaat en daar het vir 15 minute stilte geheers oor die klas terwyl die onderwyser weg was. Die slegte ou dae.

Elizbs ·

Die kind sal nog jou of my baas word…ek onderwyser jammer ..ons almal verdrink onder die druk omdat ons wit is…arme bloeidjies kom weg met als..my kind is saam engelse kinders in klas gesit omdat die skool nie afrikaans kon akkomodeer nie..ek wag nou om te sien hoe lank ons skool afrikaans gaan in hou.. kinders self verafsku wat gebeur in skole..hul sukkel om iewers te kom in lewe..en moet so jonkal die les leer

Mickey ·

Liewe onderwyser. Dit is n jammer dat jy jou kennis moet mors op sulke leerlinge. Mag die Vader jou bewaar dat jy nie eendag jou humeur moet verloor nie. Liewe onderwyser ek glo jy is tot in die uiterste toe uitgeput wanneer jy na n dag se werk by die huis kom.

HPV ·

Die anc en hul eff meelopers leer kinders om so op te tree. Afrika op sy beste.

Ben ·

Maar het die regter nie gese daar mag nie aan kinders geslaan word nie. Wonder waar is sy? Sit haar vir ‘n week in in klas kamer dan hoor ons weer wat sy se. Nee daar is nie meer verbetering skole nie en ons onderwysers gaan ellke dag deur HEL. Skors hom en dan is hy oor twee weke weer terug? Wat ‘n grap. Die onderwyseres moet byvoorbeeld vir n kind ‘n pil gee, want hy onwrig die klas, dan weier die kind om die pil te drink. Wat ‘n klomp bollie? Die onderwyser is verantwoordelik vir opleiding nie om die kind se ma te wees nie. Dit is tyd dat die ouers veranwoordelik gehou word vir die swak gedrag en gebrek aan opvoeding. Miskien moet die staat klinieke soortgelyk aan die lees klinieke hou oor hoe om jouself te gedra in die openbaar. Stem saam dat die kind geskors is maar dit is nie genoeg nie – hy gaan dit weer doen.

Liberaal ·

Dit is ons liberales wat hom so gevorm het, liberales neem dissepliene weg en hy mag sy vryheid uitoefen en doen net wat hy wil.

Moeg ·

En nou word slegs die kind blameer. Jammer, maar baie van ons hedendaagse ouers het verander in gehoorsame ouers, doen presies wat die kind wil hê! Díe ouers moet tog verseker die gedrag van die kind ken op díe ouderdom. Die insident is nie net klas of skool gebonde nie, hy is ‘n duidelike rebel teen enige vorm van gesag, ouers insluitend!

Myns insiens ·

Die laatie moet eintlik nie geskors word nie. Behoede my as hy dan by een van my kinders se skole beland! Laat hom vir die res van sy skool loopbaan elke pouse en Vrydagmiddag detensie sit en uitskryf: “I must learn te respect myself!”

SO ·

So kind is nie welkom in enige klaskamer waar ander kinders beslis wil leer en aandag skenk aan dit wat geleer moet word nie. Kry skaam vir die volwassenis wat sy familielede en ouers insluit.

Neilia ·

As dit my kind was sou sy agterent soos n stuk C graad vleis gelyk het. Dank die vader my kinders het respek vir ander .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.