Leerders stig brand in skoolsaal

Die leerders het glo die brand gestig omdat hulle nie ʼn eksamenvraestel wou skryf nie (Foto: Skermgreep)

Die Gautengse departement van onderwys het sy misnoeë uitgespreek oor ʼn voorval wat Maandag by die Glenvista High School in die suide van Johannesburg plaasgevind het, toe ʼn groep leerders ʼn brand in die skoolsaal gestig het.

Die departement gaan ook nie die skade wat aangerig is herstel nie.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag die skool besoek om na die omvang van die skade te kyk (Foto: Verskaf)

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het die leerders glo die brand gestig omdat hulle nie Maandagmiddag ʼn eksamen wou aflê nie.

“Die brand is in bedwang gebring voordat dit ernstige skade kon aanrig. Die saal se gordyne, projektorskerm, elektriese bedrading en klankstelsel is deur die brand beskadig,” het Mabona bevestig.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag die skool besoek om na die omvang van die skade te kyk.

“Dit is onaanvaarbaar dat die leerders so ver gegaan het om ʼn brand te stig en die skoolinfrastruktuur in die proses te vernietig,” sê Lesufi.

Die skool se beheerliggaam doen ook ʼn ondersoek na die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Net ek ·

En hoekom is dit nou skielik ‘n probleem? As universiteit fasaliteite gebrand en geplunder word is dit oraait. Hulle leer dit by die volwassenes, kyk net wat se skade is gedoen met die plundering en “looting” in KZN en Gauteng waar voertuie en geboue gebrand is. Miskien kan Lesufi se rassistiese uitlatings ook gehelp het as aansporing, alles wat uit die vorige era kom is mos sleg…

Ny ·

Ek het geen woorde…….
Volgende keer brand hulle iets anders af omdat hulle nie ‘n skoolsaal het nie.

Elize ·

Ek sit liewer op my hande voordat ek iets leliks se. Kry maar vir mamma en pappa in om te betaal. Alles behoort seker op kamera te wees. Skors hulle en mag hulle nooit weer toegang tot ‘n gewone skool kry nie. Het ons nog verbetering skole?

Blomme ·

Word hulle geskors word die rassekaart weer uitgehaal. Dan gaan EFF weer die skool dans. Dis mos reg as hulle afbreek en afbrand.. Hulle word so opgelei.

piper ·

ek hoop die departement hou by die besluit om dit nie die skade te herstel nie. laat hulle en die ouers dit uit hulle sakke herstel.

Esme ·

My skoolsaal was my trots. Hierdie lot ‘hooligans’ het geen trots in enige iets nie. Hulle huise is heelwaarskynlik nie iets vir die oog nie en nou moet die skoolsaal daarvoor boet. Skandelik!

Persheks Adri ·

Los die ongeletterde wesens ongeletterd dan as hulle so tekere gaan! Moet hulle alles staan en brand pffft?

Misky ·

Hulle maak soos hulle sien en by ouers en rolmodelle in gemeenskap sien. As jy nie jou sin kry nie en aandag soek: BRAND!!! Moet asb net nie ons belasting geld gebruik en herstel nie.

Ronel ·

Dit is vir my so ironies. Kom ons brand die skool af, dan protest ons more want ons het nie n skool nie. Hulle wil nie die eksamen aflê nie, maar aan die einde van die jaar moet die arme onderwyser punte van wie weet waar uitgrou, want die arme bloeitjie mag nie sy jaar herhaal nie, hy/sy moet mos bevorder word na die volgende graad anders is dit mos nou diskriminasiel.

Dup ·

Nou wonder ek net…..wie het die skoolsaal aan die brand gesteek….? Kan mnr Lesufi miskien vir ons sê of is dit ñ staatsgeheim?

#Maarnetmyopinie ·

Wat sal die ondersoek oplewer? Dis tog so duidelik soos daglig, die leerders tree net op soos wat hulle die afgelope hoeveel jaar by hulle ouers, voorouers en politieke-leiers gesien het. Ek sê weer die ANC het hierdie monster geskep, hulle moet nou maar hierdie monster self tem…

Joe Olivier ·

Die ergste is dat ons vertel word dat ons almal dieselfde is. Pfft. Ek het nog nooit behoefte gehad om iets te brand nie. Net ‘n ou braaivleisvuurtjie.

Stefaan ·

Ses van die bestes sou toekomstige balhorige kinders in bedwang kon hou.

Werner ·

As jy nie eksamen wil afle nie bly by die huis.Miskien is hierdie die begin van rondte twee

Cobus ·

Hulle is die produk van die regering, van Lesufi en sy bende. Freedom fighters en strugglers wat vir hul regte veg. Hulle volg oupa JZ, oom Cirril en la die ander piesang eters se voorbeeld.

Hardekwas ·

Lekker man, lekker. Dié plek staan nou einde se kant toe.

Gert ·

Dis omdat daar nie meer dissipline met lyfstraf en totale skorsing afgedwing word nie. Die arme kind se menseregte word geskend, net jammer dis nog nie ‘n mens wat logies kan dink nie en die meeste se ore sit op hulle bas. So met die regte leiding van agteraf leer hulle wat reg en verkeerd is. Die feite is daar in die verlede. Ons het nie sulke twak aangevang toe ons jonk was nie want daar was gevolge. Nou is daar net ditensie wat almal se tyd mors

Elinette ·

Ons het ook detensie gesit, maar kinders wat herhaaldelik dieselfde tipe oortreding begaan het, is naderhand gedwing om terreindiens te doen – skoonmaak, was, vee, vuillis optel … alles natuurlik onder die Detensiediens Onderwyseres se oë – en ek was in ‘n MEISIESKOOL …

Keelvol ·

Laat my aan die onluste dink. Ons brand en die regering herstel.

Anel ·

En die spul gaan later aandring om iewers in diens geneem te word. Doen jy dit nie eord jy of vermoor of jou plek word af gebrand!! Lekker, man, lekker. En dan gasn hulle nog srker aandring om na ‘n Afrikaanse skool te gaan, ook. En as hulle geweier word, is dit rasisties!! Al ooit gehoor van ‘n blanke kind wat sy skool afbrand vir enige rede? Dis hoekom ons apart bly!!!!!!

Mallie ·

Indien hulle weet en kan bewys wie die leerders is laat hulle ouers vir die skade betaal en skors die leerders.

Sê maar net ·

Fantastiese voorbeeld wat gestel was in KZN ‘n maand gelede. As jy nie jou sin kry nie, brand dit af!Geen salf te meer nie :(

Wielspore ·

Goed gedoen Lesufi, jy bestuur jou onderwys puik, teen die tempo is daar een van die dae geen van jou skole oor en dan is daar nuwe moderne afrikaanse skole wat met die hulp van Afriforum en Solidarteit gebou is. Selfbeskikking is die oplossing!

Flip ·

Wil nie eksamen skryf nie want wil nie leer nie. Wil eendag die hoogste pos hê want was voorheen benadeel deur self die skool te probeer afbrand….

Thelsa ·

Die enigste iets wat rede het om te brand is hulle GATTE !!!

Chappie ·

Kinders leer en doen wat afkomstig is vanaf hulle voorbeelde. Indien ouer en meer “volwasse” mense dit kan doen en nog meer, en op die ou einde vry gespreek word van alles, hoe verwag ons dan anders?? Die ‘hoekie staan’ en ekstra paar skool ure op ‘n vrydag middag as ‘n straf werk duidelik nie. Ek sal dit nie is meer snaaks vind as ons oor n paar maande van nou af gaan lees oor ‘n Laerskool wat dieselfde deurloop soos in die berig.

ES ·

Laat daardie kinders se ouers vir die skade betaal. As hulle nie die kinders kan maniere leer nie, moet hulle sakke dit maar voel.

My tannie was vir jare daar ‘n onderwyseres, en dit was ‘n spoggerige skool gewees. Kan nie glo daar is kinders wat hulle skuldig sal maak aan sulke swak gedrag nie. Ons was almal maar bietjie rebels op skool, maar ons het nooit eiendom afgebrand nie…

Sêmaarnet ·

Wanneer mens iets verniet kry waardeer jy dit gewoonlik nie! Ek hoop die departement hou by die besluit om nie die skool te herstel nie. Laat die skuldiges self opdok, met ouers en al!

Anoniem ·

Om ‘n kind ‘n ordentlike pak slae te gee is mos deesdae mishandeling. in my skooldae jaaare gelede het die rottang net die regte ding gedoen. Hierdie kinders wat die brand gestig het is mos nie opgevoed nie…

Elinette ·

Nou maar toe ………… dan moet die ouers van daardie leerlinge maar vir die skade betaal …. of daardie bloedjies moet maar vir so ‘n paar maande terreindiens as straf doen, soos ons moes doen toe ons op skool was. Vensters was, gras sny, vuillis optel, gange en terrein vee en was …..

Kerneels ·

… en pannekoek bak en worsbroodjies verkoop tot in lengte van dae om geld in te samel vir die herstelwerk.

Prikkie ·

Ek voel nie lus om die huis skoon te maak nie – gaan nou vuurmaak (lees aan die brandsteek).

Danie ·

Kry vir julle.
Dis die resultaat van jul beleid teen die toepassing van dissipline.

Kerneels ·

Vir één keer stem ek saam met iets wat Lesufi sê: die Departement van Onderwys gaan nie die skade herstel nie.

Soos my sus vanoggend sê: selfs ‘n blinde hoender pik soms ‘n mieliepit raak.

Caroline ·

Dont rebuild the school hall or the school let them stay uneducated

Theuns ·

Dis maar hoe sommige mense is! Hul kan hulself nie help nie. Misdadigheid is geen probleem nie. Skool is in elk geval mors van tyd en geld vir sulkes. Sal in tronk wees voor 20 met vele kinders by Gugu om SASSA te kry.

Hasie ·

Laat die kinders die skade betaal deur los werkies te verrig

JohanR ·

Moenie worry nie die belastingbetalers sal oornag vir julle ‘n nuwe skool bou!

JohanR ·

Ek was al my hoer skool jare by Jameson High School in Gatooma Rhodesie onder Mnr Angus Burns as hoof. Daai skool was ons trots en sou nooit daaraan gedink het om ietsie daar te beskadig nie, Daai skool is vandag ‘n wrak, en soe paar jare gelede het Starr House een van die koshuiste afgebrand. Ek is seker dis die selfde storie by Que Que High, Thornhill, Guinea Fowl in Gwelo(Gewru) en vele ander skole in die ou Rhodesie in Salisbury(Harare) en Bulawayo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.