Lesotho-pa gevonnis oor verkragting van seun

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

ʼn Pa van Lesotho is skuldig bevind aan die verkragting van sy negejarige seun en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die man, ʼn onwettige immigrant, is ook ʼn boete van R3 500 of ses maande tronkstraf opgelê omdat hy onwettig in die land is.

Hy het sy seun in November 2021 saam met hom na ʼn bergagtige gebied geneem waar hulle glo na moetie sou soek en het hom daar verkrag, sê ao. Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die seun het die voorval by sy stiefma aangemeld en die polisie op Ladybrand se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het dit ondersoek.

Ondanks die stiefma se versuim om in die hof te getuig is die man skuldig bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.