Lesufi-uitspraak verbreking van 1994-skikking

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Solidariteit Beweging het Vrydag gesê op die oog af lyk vandag se uitspraak oor die geldigheid van die Gauteng-onderwysdepartement se omstrede toelatingsregulasies vir openbare skole, na die verbreking van die historiese 1994-skikking.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het reageer op die konstitusionele hofuitspraak waarvolgens Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR van onderwys, mag besluit wie in Gautengse skole geplaas moet word.

Buys meen dat vandag se skikking die beskerming van minderhede, soos die voortbestaan van Afrikaanse skole, vir ’n meerderheidsregering verruil.

“Ons sal die uitspraak nog verder in samewerking met ander groepe in die onderwyssektor bestudeer om met ’n amptelike strategie na vore te kom,” het Buys gesê. “Die kern van hierdie strategie sal gerig word op die uitbouing van ons internasionale reg op moedertaalonderwys, asook demokratiese ouer-inspraak deur middel van skoolbeheerliggame. Hierdie uitspraak bevestig ons siening dat demokrasie sonder vryheid net vryheid vir die meerderheid is.”

Lees meer: Grondwethof sê oor Gauteng se skooltoelatingsbeleid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

Ja, soos by werkplekke. As daar een Engelse mens bykom, dan moet almal in die skool of by die werkplek Engels praat want die’ een mens kan of wil nie iets anders verstaan nie en sy/haar menseregte word glo dan erg geskend. Die ander s’n is minder belangrik. G’n wonder hulle hamer deesdae so op ons ou Van nie, want die wiel het nou weer tot daar gedraai (glo so 2,000 jaar gelede). Almal moet ook nou weer net Engels, Engels, alles wat jy sien en hoor… want Herrie die Strandloper verstaan net Engels, of was dit… Mandaryns?

Veritas

Die ‘inheemse bevolking’ se haat teenoor die blanke, en in besonder die Afrikaner, is bloot ‘n uitvloeisel van jaloesie. Jaloesie oor dít wat die Afrikaner deur die jare heen bereik en vermag het. Die Afrikaner se sukses is vir baie (Engelse ingesluit) ‘n steen des aanstoots, iets wat nie maklik geëwenaar kan word nie. Twintig jaar na die totstandkoming van ‘demokrasie’, begin hulle besef dat sukses net deur harde werk en deursettingsvermoë bereik kan word. Daarvoor sien hulle nie kans nie en gevolglik poog hulle om die Afrianer op enige moontlike manier te dwarsboom. Die mees effektiewe metode sal wees… Lees meer »

Theo

ek weet nie veel van die grondwet se bepalings nie, maar ek glo dat soldariteit dit nie hier sal laat nie. ek kan ook nie glo dat as daar een zoeloe sprekende kind na n vol afrikaanse skool gaan , dié skool hom/haar moet akkommodeer ? Wat gebeur dan hier?

Flippie

So sal geen ooreenkoms waaroor daar destyds beding en ooreengekom is die toets van die tyd gaan deurstaan nie. Daar voor is die weersin van die huidige regering in Afrikaans te groot. Ons (Afrikaner/ Boer) se metodiek/strategie om die regime se aanslag op alles wat afrikaanserig lyk of ruik te weerstaan gaan nie werk nie. Ons maak van sg. beskaafde metodes gebruik om die aanslag die hoof te bied. Die regime aan die anderkant maak van ‘n boelie (barbaarse) taktiek gebruik om ons nageslag van hulle herkoms te ontruk en ons van ‘nageslag te ontneem. Dit is erger as Milner… Lees meer »

Skatimyr

Die probleem is nie te min skole nie maar te veel kinders, maar dít is die Olifant in die klaskamer wat niemand raaksien of nie wil raaksien nie want dit is polities nie korrek om daaroor te praat nie. Daarom sê ek hou by julle strategie van Doen jou eie Ding want dit gaan nie verander nie. Gebruik eerder geld en energie op ‘n meer positiewe manier.