Letterkundige bedank by SAAWK na veelbesproke rubriek

Prof. Hennie van Coller. (Foto: Verskaf)

Prof. Hennie van Coller, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Letterkundekommissie, het Maandag as voorsitter van die kommissie sowel as lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) bedank.

Van Coller, wat meer as 45 jaar in verskeie leierskapsposisies by die SAAWK betrokke was, se bedanking hou verband met die polemiek oor sy rubriek “‘Gewone mense’ word al hoe meer randfigure”, wat in Mei op Netwerk24 verskyn het.

In sy bedankingsbrief het Van Coller apologie aangeteken en daarop gewys dat hy uit vrye wil uittree.

Volgens Van Coller het hy in die betrokke rubriek probeer om sekere kwessies onder die aandag van lesers te bring. Onder meer dat bepaalde temas té veelvuldig voorkom in kinder- en jeugliteratuur en dat ander ontbreek.

Sy grootste literêre beswaar was egter dat daar ʼn sekere politiekkorrekte voorskriftelikheid is wat kinder- en jeugliteratuur betref en dat dit lei tot resepmatige boeke.

“By ʼn herlees van die betrokke rubriek besef ek egter dat van my stelwyses vir verskillende interpretasies vatbaar was. Daarom wil ek graag ongekwalifiseerd verskoning aanbied as ek deur my woordkeuses enige persoon (of groepering) te na gekom het óf onsensitief oorgekom het.

“Dit was werklik nie my bedoeling nie. Veral is ek jammer omdat my eie persoonlike opinies herlei is tot my voorsitterskap van die Letterkundekommissie en raadslid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

“Ek wil op geen wyse verleentheid vir dié organisasie skep nie; ál my uitsprake was my eie. Daarom het ek besluit om met onmiddellike effek te bedank as lid en voorsitter van die Letterkundekommissie én as raadslid.

“Ek wil dit duidelik stel dat ek nie gevra is om te bedank nie, maar dat ek dit self besluit het; óók omdat die voortslepende polemiek gelei het tot groot emosionele spanning by myself én my gesin,” het Van Coller gesê.

Die SAAWK het in die bekendmaking van die Akademiepryse vir 2022 daarop gewys dat Van Coller deur die gehalte van sy wetenskaplike artikels en boeke ʼn impak op die literêre wêreld in Suid-Afrika én internasionaal gehad het.

“Van Coller is ʼn veelsydige en deeglike vakman wat werk van hoë gehalte lewer. Hy het akademiese skryfwerk in Afrikaans nie net gedien deur sy eie lys publikasies nie, maar ook deur sy talle boeke (soos Perspektief en profiel) waarin vir ander (jong) akademici die kans gegee is om te publiseer. Boonop het hy ʼn mentorsrol vervul teenoor verskeie kollegas en oudstudente.”

Die SAAWK bestempel Van Coller se bedanking as ʼn enorme verlies aan intellektualiteit en ervaring vir die organisasie. “Ons onderskryf oop gesprek en debat oor enige aangeleentheid omdat dit aan die wese van intellektuele diskoers lê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Waarnemer ·

Daar is baie maniere om n persoon te verplig om te gaan.Prof van Coller is hier heel duidelik onder druk geplaas om ‘uit vrye keuse’ te bedank.Sterkte vorentoe prof….en mag u boeke nog veel meer impak op die wereld maak.

Nommer 7 ·

Die prof se rubriek was in die kol. Om manlik of vroulik gebore te word, en om as heterseksuele man of vrou te lewe, raak al hoe meer sosiaal onaanvaarbaar.

Anel ·

Dit is so hartseer dat Afrikaaners nie die waarheid mag praat nie. Ons moet altyd “politiese korrek” wees, al druis dit teen ons hele wese in. Kinders word deesdae so geindoktrineer en ouers mag hulle nie tereg wys nie. Geen wonder die wêreld is so deurmekaar nie. Jamner dat die prof nog verskoning vra vir sy sienswyse. As jy in iets glo, dan vra jy nie omverskoning nie, veral as jy dit kan staaf!!! Sterkte aan hom en sy familie.

Martin ·

Hoekom die moeite doen om standpunt in te neem, net om dan voor die Liberale bedeling te swig en nog in die proses sy werk ook te verloor?

Christine ·

Hy het soveel positiewe bydraes gelewer al die jare! Hoekom so verskoning maak? Prof. Jou bydraes getuig van jou etiese waardes, jy moet met eer uittree. Sonder om die knie te buig.

domheks ·

Prof – jammer dat jy bedank! Sterkte voorentoe. Maar soos hulle se, as die skoen jou pas, trek hom aan. Die mense weet vir wie die skoen pas!

Hendrik ·

Baie jammer en n groot verlies as n behoudende christen in hd normlose verval en chaos die knie moet buig.. Die stryd bly n stryd tussen lig en duisternis en daarin mag ons nooit besgee nie. Ek vertrou dat u steeds die geleentheid sal he om in hd tyd impak te lewer.

Jacobus ·

Iemand het gister gesê die prof is beter af sonder die toksiese woke atmosfeer. Die prof het 40 jaar se goeie diens agter die blad, iets wat die kritiese wokes nooit sal bereik nie, slegs aanbeweeg na nog erger dieptes van verval!

Nicci ·

Die reaksie op prof Hennie se rubriek onderskryf sy standpunt ten volle. Enige persoon wat dit durf waag om met hierdie klein groep persone te verskil, word onmiddellik aangeval. As hulle van almal verwag om met hulle saam te stem, word basiese menseregte geskaad.

AndrewL ·

Ons is oorgelewer aan polities korrektheid. Om ons Christen oortuiging uit te leef het ‘n vloek geword. Almal hardloop nou agte “wokeness” aan.

Dit gaan eindig!

Marianna ·

Hierdie ‘wokeness’ is nou soos ‘n kanker wat sy lêplek orals kry. Ek lees gister in ‘n Britse koerant dat ‘n transgender man [‘n vrou wat in ‘n man verander het] geboorte gegee het aan ‘n baba as ‘n man maar nou mag jy nie meer praat van ‘breastfeeding’ nie, maar jy moet praat van ‘chestfeeding’. Wat betref kinderboeke. Kinders wil weggevoer word na ‘n magical plek. Hulle is nog nie gereed vir hierdie afskuwwelike ‘wokeness’ nie. Woke boeke gaan nie glees word nie. Ek onthou daar was ‘n tyd toe kinderboeke siektes uitgebeeld het. ‘n Kind wie se ma aan kanker dood is, die kind wat in ‘n rolstoel sit, die kind wat blind is, ens. Hierdie boeke het groot pryse gewen maar is nie gelees nie. Net so gaan hierdie woke stories die kinders afsit van lees.

Nettie ·

Goeie vergelyking! Ek was as 12-jarige kind gedwing om as ons lees boek van die jaar ‘n boek te lees van ‘n kar ongeluk van ‘n pas af, en die insittendes was almal kinders met fisiese probleme. In rystoele, blind, ens. Tot vandag het ek ‘n doodse vrees vir kranse, hoogtes en passe. Voor dit het ek dit nie gehad nie.

Jy’s reg. Dieselfde gaan met die “woke” boeke gebeur. Dit gaan ons kinders eerder afsit, as aanmoedig. Die regte boek op die regte ouderdom en uit eie keuse, kan simpatie ontlok, en “understanding”. Maar te jonk en afgedwing…. en dit doen eerder groot, groot skade aan die psige. Baie van hulle gaan dit begin vermy en haat, net soos ek het.

Die pendulum gaan anderkant toe swaai, en die “woke crowd” gaan nie verstaan waar die haat vandaan kom en dat dit hulself was wat dit meegebring het nie.

Alfred E Neuman ·

Die wokeness het nou waaragtig sy kloue op alle vlakke van die samelewing ingeslaan.

Elma ·

Ek stem heelhartig saam met Anel.
die apologetiese skuldgevoel van die Afrikaner is misplaas. Mens vra nie verskoning vir n oortuiging waarin jy glo nie. Nog minder vra jy verskoning vir n opinie in n land wat vryheid van spraak voorhou.

Pieter9 ·

Ondersteun Prof van Coller 100%- jammer om iemand van sy kundigheid en integriteit te verloor – U kan nou meer boeke Skryf!

Hennie Biebouw ·

En heel ironies, staaf sy bedanking, juis die punt wat hy in sy rubriek gemaak het.

Lesly ·

Ek het gedink dis net hier in Engeland waar die samelewing heetemal die kluts kwyt geraak het. Maar hierdie ding is soos ‘n kanker wat baie vinnig versprei. En die meerderheid regsdenkende persoon word vervolg as hy/sy durf opstaan teen die malheid. Ons kan almal sien Sodom en Gomorra is besig om opnuut te gebeur.

Sarel ·

Daar val nog ‘n groot en in intelektuele Pilaar wat die Fondamente gaan skud want dit is onvervangbaar.

Nettie ·

En dis oor mense so geroskam word oor HUL menings, dat hul daarna om verskoning vra, terug tree en ‘n randfiguur word, soos hy genoem het. Tot almal slegs polities korrek is in hul opinies, hul literere werke, tv programme en flieks, politiek, ens. Soms soos op sekere sosiale media, word ons letterlik gekansselleer, ander kere soos selfs op hierdie media, ons kommentare uitgevee.

En so word ons randfigure. Dit begin by daardie “apologie” wat jy aanteken oor jy iemand blykbaar te nagekom het met jou mening. Ons moet leer om TEEN die aanslag te bly staan by wat ons gese het. HULLE het dit offensief bedoel, JY het dit nie offensief bedoel nie. Die probleem le by die HULLE, en dus moet HULLE verander, nie JY nie.

Kerneels ·

Dis jammer as vooraanstaande professionele mense swig onder politieke druk, en dan eerder verkies om polities korrek te wees en die “easy way out” kies…

Andre ·

So word hy gesnoer. Praat bietjie met ‘n Rus wat groot geword het in die koue oorlog dan hoor jy wat in die Soviet Unie getoets is in daardie tyd, vandag sy praktiese toepassing het in die weste. Mense hou nie van geskiedenis nie of het ‘n baie kort geheue. Vaar wel prof Hennie. Sulke reaksie beteken jy het die kol getref.

Christine ·

Dit word oral in ons kele afgedruk. Ek het opgehou om my geliefkoosde sepie te kyk , want dis glashelder dat hulle voorgeskryf word waaroor hulle moet skryf. Ek is baie jammer, professor, dat jy in die posisie geplaas is om te bedank.

Elsiegeselsie ·

Ek het nie sy rubriek gelees nie, maar uit dit wat ek in hierdie artikel gelees het, stem ek met hom saam. Normale mense het randfigure geword wat gekanselleer word indien hulle hulle opinie lug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.