Lewenslank vir tuinier wat Bfn-vrou vermoor

Daleen Cameron (Foto: Daleen Cameron, Facebook)

Die 40-jarige Joseph Mokhoele is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Daleen Cameron (67) van Bloemfontein in die Vrystaat.

Cameron se liggaam is op 23 November verlede jaar in die gesin se huis in Bayswater, Bloemfontein, aangetref. Haar man, Alex, het haar in die slaapkamer in ’n plas bloed aangetref. Haar keel was oopgesny en haar hande was agter haar rug vasgebind.

Mokhoele, die gesin se tuinwerker, is ʼn dag ná Cameron se moord in hegtenis geneem. Hy het ʼn week tevore by die gesin begin werk.

Volgens Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, is Mokhoele Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

“Hy is Woensdag tot lewenslange tronkstraf op aanklagte van moord gevonnis, asook 18 jaar tronkstraf op aanklagte van roof met verswarende omstandighede,” bevestig Shuping.

Dit het in die hof uitgekom dat Cameron met ʼn piksteel geslaan is en daarna vasgebind en toe keelaf gesny is.

Hy het 12 bottels Johnny Walker-whisky ter waarde van sowat R36 000 gebuit.

Maroela Media het vroeër berig Alex was die dag van Cameron se moord gou hardewarewinkel toe en het sy vrou vir sowat 40 minute alleen saam met die tuinwerker wat buite die huis besig was, gelos.

Hy het met sy terugkeer na die huis op die gru-toneel afgekom.

Mokhoele is daardie Woensdagaand in die Botshabelo-nedersetting opgespoor en in hegtenis geneem vir Cameron se moord.

Cameron het jare lank as eiendomsagent in Bloemfontein gewerk en het ʼn paar jaar gelede afgetree. Sy is sewe jaar gelede met leukemie gediagnoseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mariana ·

Wel ten minste is hy nou vir lang tyd uit samelewingverwyder. Daar is nog baie wat hom moet volg. Dit bring nie die oorledene terug nie, maar bring mate van berusting dat hy gestraf word vir sy dade….wat mos ongewoon is in SA. Hier is kriminele mos veilig.

Delia ·

Neem n foto en maak afskrif van die ID dokument of paspoort as jy n huiswerker/tuinwerker in diens neem. ASB

Carel ·

1 week in diens gewees of 20 jaar vir die familie gewerk . . .. feit bly; jy kan hom & sy maters, NOOIT vertrou nie

007 ·

Carel dan mag ons nie haat nie, ek kry dit nog nie reg nie. My vrou se suster is in Pietersburg vermoor in die Standard bank, waar sy bestuurder was. Haar dogter was maar 4 mnde oud.

Dup ·

Wees paraat en waaksaam.Sommiges pleeg ñ moord sonder om ñ oog te knip.Dit is soos dit is en sal nooit verander nie.

Chavonne ·

lekker, en nou sorg ons vir hom vir die res van sy lewe. hy kan tot swot terwyl hy sit, en die arme vrou se familie treur oor haar. maar ja, dis mos hoe dit gaan in ons land

Elize ·

Lewenslank? Nee wat in hierdie land is hy weer vinnig uit. Hulle moet na ander lande kyk en sien wat lewenslank beteken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.