Lewenslank vir vrou wat gestremde verkrag

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

ʼn 55-jarige vrou is lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van ʼn verstandelik gestremde man by sy huis in Krugersdorp.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die vrou is as die man se versorger aangestel. Sy het hom verskeie kere verkrag en seksueel aangerand terwyl sy ouers nie tuis was nie.

Die 21-jarige slagoffer het die bure vertel wat aan die gang is en die saak is by die polisie aangemeld.

Die versorger is die afgelope week in die Krugersdorpse streekhof skuldig bevind en lewenslange tronkstraf vir verkragting en ses jaar vir seksuele aanranding opgelê. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die polisie het die vonnis geloof as verdere bewys van sy toewyding tot die uitwissing van geslagsgebaseerde geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tanniepetoors ·

Hierdie is regtigwaar verby tragies en skokkend. Wat ‘n siek individu. Die jong man was geensins opgewasse teen die vrou nie. Sy verdien haar straf.

melW ·

Absoluut skokkend! Ek het self ń gestremde kindjie gehad, die skade wat die slagoffer moes en moet deurgaan breek my hart.

madels ·

Dit moet verskriklik wees vir die jong man om so n walglike situasie moes deurgemaak het. Ek bid vir diep genesing vir hom, in liggaam siel en gees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.