Liggaam van vermiste Chileense toeris dalk gevind

Slavko Yaksic. Foto: Facebook

Die liggaam van die 29-jarige Slavko Andro Yaksic Besoaín, ʼn Chileense rugsakreisiger wat op 24 September in KwaZulu-Natal vermis geraak het, is vermoedelik in ʼn lykshuis in dié provinsie aangetref.

IRS Forensic Investigations, wat by die soektog na Yaksic betrokke was, het Saterdag op hul Facebook-blad gesê Yaksic se liggaam is in die lykshuis opgespoor en deur sy pa uitgeken. “Ons wil in die stadium nie verder kommentaar lewer nie en dra ons opregte medelye aan die familie oor,” lui die inskrywing.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het egter aan Maroela Media gesê die identiteit van die oorledene moet nog amptelik deur DNS-toetse bevestig word.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin nadat die liggaam gevind is, maar die saak is intussen na moord verander nadat dit aan die lig gekom het dat die slagoffer gesteek is,” het sy gesê.

Dessie Rechner van die organisasie Pink Ladies, wat vermiste mense probeer opspoor, het Sondag aan Maroela Media gesê sy is bewus van die bewering dat dit Yaksic se liggaam is wat gevind is, maar is nog nie amptelik deur die polisie in kennis gestel dat wel hy is nie.

“Daar is amptelike prosesse wat gevolg moet word en totdat die ondersoekbeampte nie aan ons kan bevestig dat dit inderdaad Yaksic se liggaam is nie, kan ons nie sê hy is gevind of dat die soektog na hom opgeskort is nie,” het Rechner gesê.

Slavko Yaksic voor sy hare afgeskeer is. Foto: Facebook

Maroela Media het vroeër berig Yaksic, ook bekend as Kaka, het op 20 September by die Melusi-Christengemeenskap op Dundee aangeklop. Nadat hy ʼn paar dae daar oornag het, is hy op 24 September met sy kamera en volledig toegeruste rugsak daar weg op pad Bergville toe.

Toe hy by die sentrum weg is, het hy ʼn gestreepte wynrooi-, bruin-en-geel top gedra by ʼn oranje “hippie”-langbroek, blou hemp en Crocs.

Op 25 September het Yaksic se ma, Patricia Besoaín, wat in Santiago woon, nog ʼn WhatsApp-boodskap van hom af ontvang. Blykbaar is hy ook nog op 1 Oktober op Dundee gesien, maar het daarna spoorloos verdwyn. Hy het ook nooit by die OR Tambo-lughawe opgedaag om sy vlug terug huis toe te haal nie.

Past. Peter Hambidge, direkteur van die Melusi-Christengemeenskap, het vroeër aan Maroela Media gesê hy het Yaksic gewaarsku dis onveilig om so deur dié omgewing te reis. Maar Yaksic het Hambidge verseker hy het nog nie een keer op sy reis deur die land bang gevoel nie. “Hy het gesê hy glo solank ʼn mens vriendelik en goedhartig is, sal ander jou ook so behandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Peach ·

Ai so hartseer. Die probleem met die toeriste is hulle weet nie hoe gevaarlik die land is so hulle loop laat nagte praat met enige iemand gaan enige plek want hulle wil explore.

HPV ·

Nog ‘n slagoffer van die anargistiese helhool, een van meer as 50 per dag en ons tel voort!

Rupert Ashford ·

Die mense dink mens dik aan as jy hulle waarsku oor hoe boos dit is.

Hoe nou....... ·

Wonder wat die internasionale media met die storie gaan maak?

Manie ·

Surprise Surprise. Suid Afrika is leeu wereld. Hulle will now hoor of luister na raad nie. Jammer om the hoor

Cherokee ·

‘ solank mens vriendelik en goedhartig is, sal ander jou ook so behandel.’
Wat ‘n wonderlike plek sou dit gewees het as dit werklik so was. Maar hierdie is Afrika.

Theresa ·

Ja, sowaar. Ongelukkig beteken dit baiemaal net dat daar meer en meer verwag word en as jy dan ongelukkig nie meer kan nie – is die hel los.

Eksa ·

IK, hartseer maar waar. Ook Piet Retief is so mislei. En hoeveel van ons mense word nie daagliks nog so mislei nie. Ons wil maar net glo almal is soos ons.

Karolis ·

Jammer die ou moes op die manier uitvind hoe verkeerd kan jy mense opsom.
Sommige mense.

Elvira ·

Hoe boos het hierdie land nie geword nie. Doodstraf asseblief.

Peet ·

Doodstraf?? Wil jy regtig doodstraf in die hande van ons mal regeerders oorlaat?!

Ansie ·

Daar gaan meer wittes die doodstraf dan kry . Die ander se sake sal bly uitgestel word

Corné ·

Dit sal wees soos toe ek by SARS PTA Noord was. Ons word ingedeel onder ‘advanced enquiry’ en die ander onder ‘general enquiry’ bv. Ons word nie geroep nie, ek het daar gesit van 11uur tot 3uur. Eers toe ons begin kla toe ‘werk’ ons afdeling se nommers na 3 x wat ons gevra en gekla het. Die ander het lank na ons ingekom, is vinnig gehelp en is weer uit en ons sit en word nie gehelp nie. Met doodstraf sal dit omgekeer wees. Ons sal vinnig gehelp word ?

Gerhard Griesel ·

Elvira, dink helder! Soos die ander kommentaar: 1. Watter ras sal die maklikste doodstraf kry? 2. Hoe regverdig sal dit uitgedeel word? 3. Daar is 60 moorde per dag in SA. As net 1% skuldig bevind word en doodstraf kry, is daar 4 teregstellings per week. Is dit volhoubaar?

Al ·

My innige simpatie aan sy familie.
Miskien moet Lindiwe Sisulu die arme gebroke ouers te woord staan…
Die Regering misluk om sy burgers en toeriste ñ veilige land te verseker met ñ lae moordsyfer.

Chantél ·

As ‘n Suid-Afrikaner wat in Chile woon kan ek net sê dat hulle persepsie van misdaad baie anders as ons s’n. Alhoewel hier wel misdaad is, is dit minimaal in vergelyking met Suid-Afrika. Hulle dink mens oordryf deur hulle te waarsku. Ek voel báie jammer vir sy familie om hom onder sulke omstandighede te verloor.

Mia ·

Hoe tragies van die jong man. Ek beaam jou woorde as Suid Afrikaner wat in Kanada woon. Iemans vra my nou die dag of ons Halloween vier in SA. My antwoord is nee, want jy kan skaars buite in jou eie erf rondloop bedags, wat nog te se van in die aand as dit donker is jou kinders die strate instuur vir lekkers agv die erge misdaad. Ek is omtrent aangestaar asof ek van ‘n ander planeet afkom.

Hanni ·

Maar al die oorsese toeriste SOWEL as SOMMIGE Suid Afrikaners wat OORSEE bly . (waarvoor ek hulle beny) dink ons is RASSISTIES wat nog hier in SA agtergebly het as ons mense waarsku. ONS is VER REGS en ons is RASSISTIES en ons is NEGATIEF teenoor ons land .. dan is diegene wat gevlug het skielik die KENNERS op SA politiek en SA gevaarsituasies. So ja . ongelukkig is dit die gevolge van IGNORANCE .. BAIE jammer vir die seun en sy ouers .. maar as mense minder VER REGSE konnotasies aan ons gewone blankes wat hier vasgekeer sit maar ander probeer waarsku HET, sal MINDER Mense met hulle lewens daarvoor betaal …

Johnny ·

Dis is so hartseer. Niemand is meer veilig opi strate nie. Maak nie saak waar jy gaan nie….daar is hopeloos te veel kriminele op straat…hopelose situasie in RSA!!!! TOERISTE….bly weg!!!

Liberalis ·

Daar is so baie kriminele opstraat omdat ek vir liberale veranderinge gestem het. Nou hap dit ons almal.

Johan H. ·

Dagvaar hierdie dof regering en sommer vir tuitlippies sisulu. Dis om van naar te word. Jammer toerus julle wil nie leer nie.. BLY weg!!!!

Dienkie ·

Peet, jy is nou teen die doodstraf. Watter straf stel jy dan voor word daar gebruik teen die hemelhoe misdaadtendens in Suid-Afrika.? Sal graag wil weet wat jou antwoord is, want tronkstraf is GEEN STRAF vir die MOORDENAARS in Suid-Afrika nie.

Katerina ·

Ja en die doodstraf sal NET teen witmense gebruik word. Is dit regtig wat jy wil he? Ek was ook eers n voorstander van die doodstraf maar ek het met die tyd saam besef – in Die land sal NET witmense dit kry.

Ian ·

Die mense word nie eers gevang nie …doodstraf sal geen verskil maak nie.

Deon ·

Ek het net ‘n gevoel dat daardie Pastoor Pete bietjie meer ondervra moet word!!!
Hy kan net te mooi onthou wat die man aangehad het toe hy vertrek het asook die feit dat hy sê hy het hom gewaarsku!!

Chrisjan ·

Geweld in SA? Nooit! Dis alles Afriforum se leuens aan die buitewêreld. SA is n wonderlike, misdaadvrye land. Dis dié tipe leuens van ons politici wat indirek die oorsaak is dat toeriste aangeval, beroof en vermoor word. Waar hulle vandaan kom glo hulle sekerlik hul politici – vandaar hul geloof in SA politici se stellings.
My innige innige simpatie aan die jong man se ouers en naasbestaandes. My hart gaan uit na hulle almal. This is Africa!

Dienkie ·

Hester, ek het gaan stem op hierdie link. Hoop meer Suid-Afrikaners gaan stem by hierdie link. Daar is nog te min stemme.

Katerina ·

So hartseer,arme ding. Hy het nie besef hy hou vakansie in n helhool oorlogsone.

Elsa ·

My innige simpatie aan hierdie jongman se familie. Dis darem maar tragies om op vakansie te gaan en in die vreemde vermoor te word. Ek het ook op daardie blad gaan stem, maar hul mikpunt is maar 100,000. Hoekom so min? Kan ons nie hierdie skakel op FB op ons tydlyne plaas en al ons vriende verwittig nie?

Elsa ·

Wors, waar wil jy hê moet die Chileense regering die bom of bomme kom gooi? Wat daarvan as dit by jou huis gaan wees of is jy ook al klaar oorsee? Dis nie ons land wat siek is nie, maar sy MENSE en die regering. Ek kan net nie verstaan dat mense hul eie land so kan haat nie. Dan voel dit vir my julle moet liewer geepad of is dit ‘n geval dat julle nie kan bekostig om te emmigreer nie en daaroor ook kwaad is? Ek wil nie vlug nie en ek het genoeg van oorsee gesien om te besef ek verkies nog steeds my eie land bo enige ander land oorsee. Ek was ook ten gunste van die doodstraf, maar ek besef deesdae is die haat teen die blankes so erg, ek dink dit sal net blankes wees wat die doodstraf gaan kry.

Andrea ·

Die probleem is binne my geliefde land moet ek saamleef met miljoene wat my haat bloot oor my velkleur. En ongelukkig kan jy nie jou land skei van jou medeburgers nie, veral nie as hul die oorgrote meerderheid is nie.

Katerina ·

Ja dit maak mens bitter soos gal- Ek en my geliefdes kan soos baie, nie bekostig om te emigreer nie. Wat het ons om na uit te sien hier in die Hel behalwe n marteldood? Dit is siek en obseen om hier vasgevang te moet wees!!

Lizelda ·

Jammer om te se, ek weet SA het vd beste Somers, lekkerste braaivleis vure, en pragtige diereryk en natuurskoon. MAAR met al die geweld, haat en korrupsie id land, wie wil WERKLIK nog SA besoek?

Anoniem ·

Elsa, ‘n mens kan agterkom uit die kommentare dat Suid-Afrikaners keelvol is vir die situasie in Suid-Afrika. Dit verbaas my egter om op hierdie link te moes sien hoe min Suid-Afrikaners hierdie petisie ondersteun het. Of ons dit nou wil erken of nie ons het die buiteland se hulp nodig.

pa se kind ·

My kop hang in skaamte. Ek het in 1994 gedink ons probleme is verby en gestem. Ek was nog nooit so misgis nie. Sterkte aan die familie en jammer vir julle groot verlies xx

Elsa ·

Dienkie, ek self is ook keelvol vir die geweld, korrupsie en moorde in SA. Tog weier ek om in vrees te lewe en my oor te gee aan haat. Ons mense besef net nie wat die haat aan ons eie siele doen nie. Dit doen mens se siel meer skade aan as die ander spul wat net wil plunder en moor. Ons moet ook onthou, alle swart mense is nie sleg nie en meeste van hulle ly ook maar onder die geweld en word ook maar vermoor. SA is my land, ek is hier gebore en ek het net soveel reg om hier te bly as Malema en sy spul volgelinge wat van ons ontslae wil raak. Ja, ons het die buiteland se hulp nodig en daarom het ek ook daardie petisie onderteken. Ek gaan dit vandag nog op my FB tydlyn plaas om dit nog meer bekend te maak.

Marly ·

Ja die is SUID AFRIKA ,hier het jy bykans 0 present kans op oorlewing.

bella ·

Mense is gek om in SA op staptoere te gaan. Jy kan nie eens in die stad of dorp loop sonder die kans om deur ‘n demoon vermoor te word nie. Julle wit gekke wat vir die doodstraf vra besef asb dat net blankes tereg gestel sal word. My kinders wat oorsee woon weier om vir my te kom kuier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.