Liggame van man en vrou langs pad gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Oos-Kaap het die publiek om hulp gevra nadat twee mense dood in ‘n veld langs die R334 buite Uitenhage in die Oos-Kaap aangetref is.

Ao. Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is Sondagaand na die toneel naby Kwanobuhle ontbied waar die liggame van ʼn man en ʼn vrou gevind is. Volgens Seekoei het die twee verskeie steekwonde opgedoen.

“’n Verbyganger het op die liggame afgekom en die polisie in kennis gestel.” Volgens Seekoei is die omstandighede rondom die voorval nog onbekend en word ondersoek.

Enigiemand met inligting word versoek om 0860 010 111 of 32211 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Ek het nie geweet van die seekoei naby Uitenhage . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.