Minstens 42 persone, insluitend ʼn pasiënt van Duitsland, is reeds die afgelope drie dae dood tydens ʼn hittegolf in Egipte.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 Augustus 2015
Tweede persoon sterf in reksprongongeluk in Spanje
Daar is kommer oor die veiligheid van reksprong-entoesiaste nadat ʼn 17-jarige meisie van Nederland Maandagaand in Spanje gesterf het.
Kapenaars sal 3 keer meer opdok as e-tol voortgaan
Die stad Kaapstad het die proses, om tolpaaie te implementeer, as “totaal irrasioneel” beskryf. Hy het Dinsdag die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om Sanral se projek, om gedeeltes van die N1 en N2 te tol, te skrap.
Hof genader om Bela Bela-plakkers te skuif
AfriForum het ʼn aansoek in die Noord Gautengse hooggeregshof gebring teen die Bela-Bela plaaslike munisipaliteit en ʼn grondeienaar om onwettige plakkers te verwyder.
Cosatu se rassistiese rugby-onkunde
Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi oor minder as twee maande en die Springbokke wat laaste in die pas afgelope rugby-kampioenskap geëindig het, getuig dit van rugby onkunde om te beweer dat Heyneke Meyer en die Springbokbestuur nie die beste moontlike spelers, swart of wit, sal wil gebruik nie, meen die VF Plus.
Zuma: ‘Ander lande het nie apartheid gehad nie’
President Jacob Zuma het Dinsdag gesê Suid-Afrika word onregverdig vergelyk met ander lande wanneer dit kom by kwessies soos ekonomiese groei en werkskepping, omdat hierdie lande nie deur apartheid moes gaan nie.
ToekomsVenster: God se kinders lewe anders
God se kinders moet anders lewe. Ons roeping is om ander se lewenskwaliteit en potensiaal te verbeter. Die toekoms gaan die besluite wat ons vandag maak uitspeel.
Uitdrukking: Jou oor op die grond hê
Al ooit gewonder waar die uitdrukking “jou oor op die grond hou” vandaan kom? Taaltoffie stel ondersoek in.
Afrikaans 90: Die reis, die Griekse eilande en die rooi Ferrari
Susan Smith skryf oor “Die reis, die Griekse eilande en die rooi Ferrari”, oftewel, die wat, die waarheen en die hoe.
Lydenburg-polisiebeamptes vas vir ontvoering, aanranding
Agt polisiebeamptes van Lydenburg in Mpumalanga is Dinsdagoggend in hegtenis geneem op aanklag dat hulle glo verdagtes ontvoer en beroof het.
Meisie se lyk in Vaalrivier gevind
Die Viljoensdrif-polisie in die Vrystaat het die publiek gevra om te help nadat die liggaam van ʼn onbekende meisie in die Vaalrivier gevind is.
Gesin sterf in Klerksdorp-huisbrand
ʼn Man, vrou en hul tweejarige babadogtertjie het Maandagaand in ʼn huisbrand in Klerksdorp, Noordwes, verkool.
Student sterf ná aanranding met krieketkolf
ʼn Tweedejaarstudent aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) is dood nadat hy Saterdag in die vroeë oggendure met ʼn krieketkolf aangerand is.
Kind kritiek, ma ernstig beseer ná motor rol
ʼn Agtjarige meisie veg om haar lewe in ʼn Pretoriase hospitaal, met haar ma sowat 200 km verder in ʼn hospitaal in Thabazimbi, nadat hulle verlede week in ʼn ernstige motorongeluk betrokke was.
Belonings uitgereik ná moord op polisiebeamptes
Die polisie het belonings uitgereik vir enigiemand met meer inligting nadat twee polisiebeamptes aan diens vermoor is.
Marble Hall-ongeluk: ‘Die gebede het ons gedra’
“Nou nog kry ons boodskappe en oproepe van mense wat wil weet hoe dit met ons gaan. Terwyl ons daar in die hospitaal gelê het, het die ondersteuning ons so gedra. Ons kon elke dag aan ons lywe voel hoe honderde gebede vir ons opgaan. Dit het ons gedra.”
Nuwe vrystellings: 10 Augustus 2015
Gert Koevert, Tiro en Cordelia is van die sangers wat onlangs nuwe snitte vrygestel het.
Goeie nuus: Emosionele reünie vir snuffelhond en sy nuwe SA eienaar [video]
“Dit was ʼn emosionele paar dae. Hy volg my en laat my nie uit sy sig nie.”
Die Voortrekkers se wigvormige hartbeeshuis wat in die grond ingegrawe is
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, beskryf in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers die wigvormige hartbeeshuise gebou het, wat in die grond ingegrawe is.
Tweelingboetie sterf ná spelery in kar
ʼn Driejarige seuntjie is dood nadat hy en sy tweelingboetie by ʼn huis in Limpopo in ʼn stilstaande motor gespeel het.