Liggame van vermiste seuntjies gevind

‘n Snuffelhond wys die gedeelte van die rivier uit waar daar tydens die soektog gefokus kon word. (Foto: IPSS Medical Rescue)

Die soektog na twee jong KwaZulu-Natalse seuns wat Donderdag van stapel gestuur is, het tragies geëindig.

Andile Ngema (11) en Sibongokuhle Msami (12) het Donderdag saam met maats in die Umdlotirivier gaan visvang, toe hulle besluit het om te gaan swem, lui ʼn verklaring van Reaction Unit SA (Rusa).

“Albei het in die moeilikheid beland en het onder die water verdwyn. ʼn Poging om die liggame gister te herwin moes egter weens swak lig opgeskort word.”

ʼn Grootskaalse soektog deur lede van IPSS se soek-en-reddingseenheid, lede van die metropolisie, die polisie, die honde-eenheid en Rusa is vanoggend hervat.

“Die Rusa-R44-helikopter is gebruik om die dik hiasinte stroomaf te skuif van waar die seuns vermis geraak het,” sê Samantha Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue.

Die Rusa-R44-helikopter is gebruik om die dik hiasinte stroomaf te skuif. (Foto: IPSS Medical Rescue)

Met die hulp van snuffelhond Dante, wat ʼn spesifieke soekgebied uitgewys het, is ʼn duikoperasie geloods en die liggame van die twee seuns is herwin, sê sy.

Die kinders se liggame is slegs enkele meter van mekaar aangetref.

“Die liggame is aan die Verulam-polisie oorhandig wat die voorval verder sal ondersoek,” sê Meyrick.

Sy het almal betrokke by die soektog geloof vir hul “fantasiese” spanwerk en hulp om te verseker die kinders se familie kry afsluiting.

Bodies Of Drowned Minors Recovered: Mdloti River – KZNThe bodies of two boys who drowned while swimming in the Mdloti River near Mt. Moreland – KZN have been recovered a short while ago (Friday, 11:26). Andile Ngema (11) and Sibongokuhle Msami (12) were fishing with friends yesterday (Friday) when they decided to enter the water for a swim. Both minors experienced difficulty and disappeared underwater. An attempt to recover the bodies yesterday was abandoned due to poor lighting. This morning, Members of Reaction Unit South Africa (RUSA), IPSS Medical & Rescue Services, the SAPS Umhlali K9 Search & Rescue Unit and Metro Police Divers met on the river bank. The RUSA R44 helicopter was called in to conduct a low level flight to disperse Water Hyacinth that covered the search area and posed a risked to rescuers. Police with a specialised dog entered the water on an inflatable boat while Divers with oxygen tanks searched areas indicated by the K9. The bodies of both children were recovered metres away from each other. Ngema (picture 5 in video) was in Grade 5 and Msami (picture 6 in video) a Grade 6 learner. Both boys attended Waterloo Primary School in Waterloo – KZN.

Posted by Reaction Unit South Africa on Friday, April 28, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Hartseer, maar sonder die soek en reddingshond, Dante, en sy hanteerder, sou hulle ook nie so gou gekry gewees het nie. Goeie werk almal betrokke.

Leina ·

Baie hartseer dat ons kinders so verniel word, maar die Skepper van Hemel en Aarde slaap nie. Vergelding sal kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.