Ligte aardskudding in Randfontein-omgewing bevestig

(Grafika: Google Maps)

Die Raad vir Geowetenskappe (CGS) het Donderdag ʼn ligte aardskudding omstreeks 12:47 in die Randfontein-omgewing bevestig.

Mahlatse Mononela, woordvoerder van die CGS, het gesê die aardskudding van 2.8 se episentrum was ongeveer 5 km suidoos van Randfontein aan die Wesrand van Johannesburg.

Die CGS is die kurator van die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismograaf-netwerk en monitor seismiese golfaktiwiteit deur die land.

Dit volg ná seismiese gebeurtenisse oor die naweek in Kaapstad aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Faruk ·

Hmmm… binnekort is daar nog ‘n sinkgat soos die een in Blyvooruitzicht, destyds in 1964

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.