Limpopo-gevangenis in ligte laaie

Skermgreep van video op Twitter.

Brandbestryders is tans besig om ’n brand by die Kutama Sinthumule-gevangenis buite Louis Trichardt (Makhado) in Limpopo te blus.

Die oorsaak van die brand is in dié stadium nog onbekend. Swart rook het laat Maandagmiddag uit die korrektiewe fasiliteit, wat 3 000 gevangenes kan huisves, geborrel.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê die kombuis, ʼn onderhoudsafdeling en twee blokke word tans geraak. Die twee sentrums huisves altesaam 1 892 gevangenes.

Nxumalo sê gevangenes is na ’n veilige sone binne die fasiliteit geskuif terwyl brandbestryders die vlamme blus. Sekuriteit is intussen opgeskerp om te verseker dat die situasie beheer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kokerboom ·

Brandstigtigting?Kwaadwillig?
Kan die klomp leegleer boewe nie maar ekonomies aangewend word in ophefting van gemeenskappe..paaie herstel, skoonmaak en vele ander? Sluit hoë risiko gevalle uit bv moordenaars ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.