Lisensiekantoorbeampte verdink van bedrog, korrupsie

Meer as twee miljoen rybewyse verval Donderdag. (Foto: Maroela Media)

Die burgerregteorganisasie AfriForum se klagte by die Stad Tshwane oor beweerde bedrog en korrupsie van ’n beampte by ’n lisensiekantoor in Pretoria, het vrugte afgewerp nadat die beskuldigde beampte deur die SAPD in hegtenis geneem is.

Die Stad Tshwane het ook bevestig dat ’n interne ondersoek teen die beskuldigde beampte van stapel gestuur is en dat dissiplinêre stappe op grond van die uitkoms daarvan gedoen sal word.

AfriForum het vroeër in 2022 inligting ontvang dat ’n beampte by die betrokke lisensiekantoor aan ernstige bedrog en korrupsie skuldig is. Volgens AfriForum se inligting beloop die totale bedrag van korrupsie en bedrog waarvan die beampte beskuldig word meer as R1 miljoen. Die organisasie het ’n prokureursbrief aan die Stad Tshwane gestuur met die amptelike klagte, sowel as relevante inligting en bewyse. ’n Vergadering tussen AfriForum en die Stad Tshwane het ook in Mei 2022 plaasgevind waarin die munisipaliteit onderneem het om die saak te ondersoek.

“Suksesse soos hierdie is altyd die hoogtepunt van ons werk by AfriForum,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum. “Dit beklemtoon ook die sleutelrol wat die burgerlike samelewing speel om korrupsie en bedrog van regeringsbeamptes aan die kaak te stel. AfriForum onderneem om voort te gaan om regerings op plaaslike en nasionale vlak aanspreeklik te hou vir gebrekkige dienslewering en korrupte werknemers.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig die Openbare Beskermer (OB) ondersoek klagtes van korrupsie by die Waltloo-lisensiekantoor in Tshwane nadat bewyse hiervan gelewer is. Dit volg nadat die burgerregteorganisasie ʼn dokumentêr bekendgestel het oor die verdagte optrede deur beamptes by dié lisensiekantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Antie Sarie ·

So dit is in Mei 22 geraporteer. En toe begin die ondersoek. En eers in Okt gestop? Ek sou dit nie n sukses verhaal genoem het nie. Inteendeel. Al die lede van die publiek wat deur die beampte gehelp was, se lisensie hernuwing is nou onder skaduwee. Onskuldiges kan dalk gestraf word.

Robert ·

As dit nie vir Afriforum was nie het dit nog steeds voortgegaan. In my opinie dus : Sukses!!!

Antie Sarie ·

Dalk moet afriforum ook gaan kyk na die scammers buite die stasies wat mense indoen met vals afsprake ens.

Moedeloos ·

So n ondersoek kan nie oornag plaasvind nie. Dit neem tyd en kundigheid om bewyse te verkry sonder om iemand te laat agterkom dat ondersoek gedoen word.

Hasie ·

Wens hul Wil Bloemfontein Se verkeersdepartement kom ondersoek . “Die reel is dat geen skaap gaan in die kraal sonder betaling nie ” Van die mense moet tot 7 keer hul leering lisensie skryf en hoop hul Kom deur . Elke keer druip hul met net 1 punt …..almal in Bloemfontein weet jy kry nie jou leerlinglisensie en of bestuurslisensie sonder daardie “ekstra tolgeld” nie .

Roek ·

Net ‘n regstelling die beamptes wat bestuur lisensie toetse uit voer is nie verkeers beaptes nie maar wel toets beamptes in die lisensie deparement , lisensies en verkeer val nie onder die selfde vaandel nie !

Roek ·

Hulle moet ‘n taakspan aanstel en belowe ek dat 98% van die kantore of beamptes hul skuldig maak aan die optrede, glo my ek was daar en moes gaan omrede ek ‘n out sider was !

Roek ·

Net ‘n regstelling die beamptes wat bestuur lisensie toetse uit voer is nie verkeers beaptes nie maar wel toets beamptes in die lisensie deparement , lisensies en verkeer val nie onder die selfde vaandel nie !

Di ·

DIE korrupte spul is ORALS! Ondersoek ieder en elke een van hierdie kantore landwyd, hulle sal geskok wees om te sien wat WERKLIK aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.