Lojaliteit ‘enigste vereiste’ vir kabinetpos

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die bekendmaking van skuiwe aan die kabinet. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Elf nuwe ministers in twee nuwe portefeuljes en ʼn kabinet wat aanhou groei sonder om enigiets te lewer. Kenners meen pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet het eerder ten doel om hom te omring met lojaliste in aanloop tot die 2024- nasionale verkiesing as om die land se probleme op te los.

“Ramaphosa het geen werklik dapper skuiwe gemaak nie,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). “Alles impliseer dat dit bloot politieke teater was. Geen kragdadige en visionêre leierskap kristalliseer nie.”

Volgens Mulder was daar ʼn skommeling wat ʼn kabinet vergroot het wat eintlik verklein moes word, asook min verandering in belangrike departemente met groot probleme.

Ook die nuwe minister van elektrisiteit laat die wenkbroue lig.

Elektrisiteit

Dr. Kgosientso Ramokgopa, onder andere ʼn voormalige burgemeester van Tshwane, is Maandagaand aangewys as die nuwe minister van elektrisiteit. Outa sê Ramokgopa se aanstelling word dalk verwelkom, maar gaan meer verwarring skep oor wie nodig is vir watter dienslewering.

“Suid-Afrika benodig aanspreeklikheid, die duidelike uiteensetting van pligte en sterk gefokusde leierskap van die ministers van minerale bronne en energie en openbare ondernemings,” sê Wayne Duvenage, hoof van die burgerregtewaghond.

Mulder sê ook Ramokgopa was as voormalige Tshwane-burgemeester aanspreeklik vir die slimkragmetergemors wat die stad miljoene rande gekos en Tshwane “byna laat sink” het.

Hy sê Ramokgopa sal dit boonop moet doen terwyl Mantashe en Pravin Gordhan (minister van openbare ondernemings) steeds hul posisies beklee en saam met die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) verantwoordelik is vir die kraggemors waarin die land sit.

Mulder sê Ramokgopa se aanstelling was ʼn ope geheim.

Hy is ʼn noue en getroue bondgenoot van Ramaphosa, maar eintlik is dit “irrelevant” wie die minister van elektrisiteit is – solank Mantashe en Gordhan steeds hul poste beklee. “Dit is ʼn verspeelde kans. Ramaphosa kon wraggies darem in die privaat sektor na iemand gaan soek het, uit energiegeledere of selfs ʼn oud-Eskom-hoof.

“Hy het gegaan vir iemand wat eerstens werklik lojaal aan hom is; dit lyk of dit die vereiste is. Mantashe se sabotasie gaan voortgaan en daar is geen rede vir hom om aan ʼn minister van elektrisiteit onderhorig te wees nie. Die regering is vergroot met nog burokrasie en nog meer struikelblokke,” sê Mulder.

Prof. Raymond Parsons, ʼn ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, stem saam dat die minister van elektrisiteit ʼn swaar las gaan dra om te verseker die onderlinge departementele gekibbel wat Eskom vantevore beduiwel het, is nou iets van die verlede.

Mulder hou nie sy asem hiervoor op nie.

Hy sê die belastingaansporing van die installering van sonkragstelsels gaan mettertyd die kragkrisis help oplos – nie enige minister nie.

Ander portefeuljes

Mulder meen Ramaphosa se kabinetskommeling oor die algemeen was “ʼn verspeelde kans”.

“Die doel was om ʼn kabinet saam te stel wat nie net uit ANC-sikofante bestaan nie, nie net nog kaderontplooiing nie, maar eerder mense wat werklik die werk sou kon doen.”

Hy meen Ramaphosa besef nie veel gaan gebeur tot die nasionale verkiesing in 2024 nie.

Parsons waarsku op sy beurt dat Ramaphosa se nuut geskommelde kabinet nou moet begin om beleid in werking te stel en die vertrouenskrisis wat heers, begin bestuur. “Dit is veral die geval in sleutelportefeuljes wat die ekonomie raak, soos energie, vervoer, staatsdiens en administrasie en plaaslike regering.”

Heelwat oplossings is ooglopend, sê Parsons, en kan gepak word as dit dringend en slim – en in samewerking met die privaat sektor – benader word.

Outa is wel dankbaar dat Dlamini-Zuma nie meer aan stuur van sake by samewerkende regering en tradisionele sake is nie (sy is nou minister van vroue, jongmense en mense met gestremdhede), maar Duvenage sê die herontplooiing van só ʼn swak presterende minister wys presies hoe min belangstelling die president werklik in die portefeulje het.

“Dlamini-Zuma het klaaglik misluk om die deurlopende verval in die prestasie van plaaslike regerings te stuit. Munisipaliteite moet die basis vorm vir plaaslike ekonomieë, en tog sien ons honderde munisipaliteite agteruitgaan en versuim om hul inwoners te dien,” sê Duvenage.

Outa verwelkom ook Lindiwe Sisulu (voorheen toerisme) se afdanking.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Vettiemaragartos ·

Kan iemand dalk vir ons al hierdie ministers se kwalifikasie publiseer. Ek weet Mbalula en Cele het onderwys diplomas. Dit opsig self maak nie vir my sin hoe hulle hulle in die poste kan bevind waarin hul is nie.

Pinoccio ·

Kwalifikasie in die huidige regerende opset is irrelevant.

kragaap ·

Weet nie waar hul die meeste skade sou aanrig nie in die klaskamer of politiek.

Carl ·

En so raak die sirkus nog groter. Al hoe meer narre wat soos afkop hoenders rondhol! En ons moet daarvoor betaal. En wat het van ras verteenwoordiging in die regering geword? Hulle probeer dit orals afdwing behalwe in hul eie siek organisasie.

annie ·

Die nuwe tsar het ‘n graad in siviele ingenieurswese wat niks met elektriesekragopwekking te make het nie. Is daar geen Afrikaan met die regte kwalifikasie nie? Dan is hy nie veel kundiger as al die ander Eskom-kaders nie. Sy lojaliteit sal hom seker dra tot op vlak 10 en dan… Die ANC glo in groot shows en magspeletjies. Cyril glo skynbaar sy magdom vriende sal Phala onder die mat kan help vee.

skurweberg ·

Sy lojaliteit met hierdie aanstelling is stuiptrekkings. Geen Koning of President mag twee gode dien nie. Ek glo nie Hy en sy volgelinge verstaan dit nie.

jou gewete ·

niemand kan twee here dien nie maar hulle dien net een, die geld ene wat vergestalt in lojaliteit aan anc

Johann ·

Wat anders te wagte van ‘n selfdienende, rugtaatlose,s…lla…pgt leunaar? Dis soos ‘n OPRAH program. Jys n minister…jys n minister…julle is ALMAL ministers!

Stofdonkie ·

Ongelukkig gaan die skommeling niks verbeter nie, eerder nog meer agteruitgang bewerkstellig. So raak die kabinet net ‘n groter las op die belastingbetaler

Eugene ·

Verwag meer bedrog en korrupsie met nuwe aanstellings. Ramp-phosa, weet jy wat beteken “lojaliteit”?

Jr ·

As hy begin met “my fellow South Africans” dan wil ek my broek skuit. Ek luister nie eers vir hierdie man meer nie. Lees volgende dag nuus. HY IS NIE MY PRESIDENT NIE

John ·

Hulle kan dit nie doen nie want dan sal daar geen ANC lede in parliament wees nie. Ministers gaan net van een portefiel na n ander een toe…..niks verander nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.