Luiperd op vrye voet in Roodeplaatdam-natuurreservaat

Argieffoto van ‘n luiperd (Foto: SANParke)

ʼn Rondloperluiperd is in die Roodeplaatdam-natuurreservaat buite Pretoria gewaar en besoekers en inwoners van die omliggende gebiede word gemaan om waaksaam te wees.

Beamptes en ander belanghebbendes is tans op die uitkyk vir die dier en indien dit opgemerk word, sal die natuurreservaat die dienste van ʼn wildveearts inroep om die luiperd te verdoof en na ʼn beskermingsgebied te verskuif.

Volgens die Gautengse departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake is dit nog nie duidelik aan wie die luiperd behoort of waar dit vandaan kom nie. Daar word ondersoek ingestel om die besonderhede te probeer vasstel.

Luiperds is aktief in die nag, maar kan soms gedurende die dag opgemerk word. “Luiperds is gevaarlike diere en daarom word besoekers aan die Roodeplaatdam-natuurreservaat aangeraai om versigtig te wees.”

Die departement het benadruk dat permitte nodig is om luiperds te vervoer en aan te hou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.