LUR Donderdag by HTS Witbank

‘n Skermskoot uit die video van verlede week se bakleiery.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga sal Hoër Tegniese Skool Witbank, waar groot spanning die afgelope ruk heers, Donderdag besoek.

Vusi Shongwe se besoek kom nadat ouers en inwoners Maandag buite die skool handgemeen met mekaar geraak het. Die polisie is ontbied toe die gemoedere van mense, sommige van hulle met sambokke gewapen, begin oorkook het.

Die oproer was glo die gevolg van ʼn video wat wys hoe verskeie van die skool se leerders in ʼn geveg betrokke raak. Die voorval het verlede Dinsdag plaasgevind en ʼn video is wyd op sosialemediaplatforms versprei.

Verskeie leerders is geskors hangende die afhandeling van ʼn dissiplinêre verhoor.

Die skool is ná Maandag se oproer in opdrag van die departement van onderwys in die provinsie ʼn week lank gesluit.

Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, het vroeër gesê dit blyk ʼn “rassegeveg” te gewees het. In die video kan gesien word hoe swart en wit leerders by die bakleiery betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

pestilensie ·

Die sambok storie raak nou n algemene ding om blankes mee by te kom

Samuel ·

Watter goed kan voortspruit uit die LUR se besoek aan die skool? Net mooi niks nie.

Deon ·

Die lur kan politieke punte daar gaan wen en dan kan die lur miskien ook sien hoe n skool nou eintlik van binne af lyk…

Anton ·

Goeie vraag. As die LUR by elke plek waar daar geweld is moet gaan kuier, sal daar geen tyd vir Chivas en KFC wees nie :-)

Werner ·

Nie russen wit en swart leerders nie.Vier swart leerders wat een blanke leerder aanval.Die tereur is nou by ons kinders ook.

Deon ·

Uhh verskoon my, ek wil net weet, die kinders van vandag se dae, is daar nie ook hormone en testosteroon wat hulle ook “rebelse” tieners maak nie? Of is dit ook nou deur korona of apartheid opgevreet? Waarom n skool sluit as kinders baklei? Is daar “gangsters” in die skool wat nou die res van die kinders dreig? As ek in hierdie dae nog sou moes skoolgaan dan sou ek darem vir jou baie ge “jippo” het met al die n lekker verskonings wat mens n dag of drie kan afgee by die skool. Ek was in n tegniese hoeerskool met net seuns, daar was gereeld baklei! Ek glo dit het meer met grootword as enige iets anders uit te waai gehad. Oh ja, daar is n verskil tussen baklei en boelie.

Pierre ·

Dit verbaas my hoe vinnig die LUR’s skole besoek vir sensasie maar is nerens te vinde as skole nie boeke of infrastruktuur het nie.

KB ·

Die LUR’e is “useless”…net maar nóg ‘n kader op gesalariseerde lewenslange vakansie.

Genis ·

Swart leerders het n wit leerder wat n leier was aangeval… Ek wens die liberale wil wakker word…. wat reg is nou skielik verkeerd… Drink n bietjie swart koffie… dit maak jou wae wyd wakker

Skillie ·

Hulle hardloop vinnig en skree rassehaad maar malemmer kan se net wat hy wil

Andrew ·

In daai video lyk dit maar of net die swart leerders die houe gooi.

Objektief ·

Dit is vebasend hoe die ware feite weg gesteek word. dieseklfde situasie by Elspark. Toe doe waarheid uit kom to verdwyn Lesufi

Sarel ·

Het die konders nue al genoeg tyd ingeboet nie dat vowassenes nou ook moet moeilieker maak. Verwyder die Belhammels insluitend die wat videos gdmaak het en laat die res aangaan met hulle skoolwerk.

Misky ·

Ongelukkig moet daar meestal videos geneem word sodat die waarheid ook gesien kan word. Dink net as die video nie daar was nie, het hierdie storie dalk anders uitgedraai en sou daai 4 skobbejakke ‘n ander storie gesing het

Ovelia ·

Weet jy dat die grootkoppe rassehaat in hul koppe het. Ons gewone mense ht geen probleem met dit nie. Ons werk saam lag saam huil saam. Ons ma is vir ons goudwerd al is haar velkleur swsrt en ons wit weet ek haahart is van goud.

B-Man ·

As oudleerling kan ek sê dat hierdie niks nuuts is nie. Die media en veral sosiale-media blaas dit buite proporsie. Sterkte aan die personeel en wetsgehoorsame ouers wat nou hieronder moet lei. “Met toegewyde liefde en krag, sal ons lojaal bly dag na dag”!

Rudolph ·

Daar behoort voorsiening gemaak te word dat enige persoon ‘n ander persoon binne sy gewigsgroep kan uitdaag tot ‘n boksgeveg onder die beheer van ‘n skeidsregter. Die uitdaging kan geweier word in welke geval die uitdager die ‘wenner’ word. Dit sal baie agressie, kwadegevoelens, onmin, geboelie en bloedvergieting uitskakel. Dit kan bedryf word vanaf laerskool tot in die ouetehuise en sal gesonde vermaak verskaf. Alles vrywillig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.