Lys bekend van plase wat glo onteien gaan word

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Die volledige lys eiendomme is onderaan hierdie artikel.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn lys bekendgemaak van plase wat glo deur die ANC-regering geoormerk is om in die volgende paar weke sonder vergoeding onteien te word.

Dit kom nadat dit vroeër vandeesmaand aan die lig gekom het dat die ANC ná sy twee dag lange lekgotla van die nasionale uitvoerende komitee glo 139 plase uitgekies het wat hulle oor die volgende paar weke sonder vergoeding wil onteien. Die plase sal glo as “toetssaak” vir onteiening sonder vergoeding dien.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die lys wat die organisasie bekom het, bevat die name van 195 eiendomme en nie 139 nie. Van die eiendomme is egter saam gegroepeer om deel van een “saak” te vorm.

Die eiendomme is grootliks plase, maar sluit ook enkele kleinhoewes en erwe in.

Roets het aan Maroela Media gesê dié lys is ʼn interne dokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming wat AfriForum by ʼn betroubare bron gekry het. Volgens Roets is dit nie vir die organisasie moontlik om met 100% sekerheid vas te stel of dié lys wel die finale lys van eiendomme is wat deur die staat geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding nie.

“Ons het vertroue in ons bron en dus vertroue dat die lys waarskynlik korrek of minstens ʼn voorlopige lys is van eiendomme wat die staat wil poog om te onteien. Nie die ANC óf die regering was tot dusver bereid om hul lys aan die publiek bekend te stel nie. Ons sal egter onverantwoordelik wees om nié die lys wat ons bekom het ernstig op te neem nie,” het hy gesê.

Die lys, wat Maroela Media reeds onder oë gehad het, bevat die name van plase, die provinsies en distrikte waar die plase geleë is, asook die plaasnommers. Die eienaars van die eiendomme word egter nie op die lys aangedui nie.

AfriForum het daarom die volledige lys aanlyn gepubliseer en ʼn beroep op die publiek gedoen om die lys na te gaan en te versprei sodat eienaars van eiendomme op die lys die organisasie kan kontak sodat daar vir ʼn gesamentlike regstrategie voorberei kan word.

Roets het bygevoeg dat ʼn voorlopige ondersoek daarop dui dat daar waarskynlik talle plase op die lys is wat geen geskiedenis van grondeise het nie en waar daar ook nie tans ʼn dispuut tussen die eienaar en die staat bestaan nie. “Ons verwag dat talle van die grondeienaars geskok sal wees om te hoor dat hul eiendom vir hierdie doel identifiseer is. Dit is juis waarom dit so belangrik is dat hierdie lys versprei word en dat mense ons moet kontak,” het hy gesê.

Maroela Media het Linda Page, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, genader om navraag oor die egtheid van die lys te doen. Page het egter nie op Maroela Media se oproepe, WhatsApps, SMS’e of e-pos gereageer nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, het aan Maroela Media gesê die organisasie het ook reeds dié lys onder oë gehad. Dit kom nadat Sakeliga vroeër vandeesweek ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aan die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gestuur het waarin dié sakeregte-organisasie versoek dat die lys van 139 plase wat vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is, aan hulle bekendgemaak word.

Le Roux sê die departement het nog nie op hul versoek gereageer nie. “Ons doen ʼn beroep op Maite Nkoana-Mashabane [minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming] om te bevestig of hierdie lys [wat deur AfriForum bekendgemaak is] wel die regte lys is van eiendomme wat vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is. Dit is belangrik dat die departement oop kaarte moet speel, aangesien hierdie saak ontsaglike skade aan die ekonomie kan berokken,” het hy gesê.

Hy het gesê Sakeliga gaan vir tyd en wyl voort met hul aansoek aan die departement om die lys van eiendomme bekend te maak.

Le Roux het ook gereageer op mediaberigte dat Mashile Mokono, hoof van die departement, in reaksie op Sakeliga se aansoek gesê het die lys van eiendomme sal nié bekendgemaak word nie, aangesien die saak as vertroulik hanteer word. “Dit is kommerwekkend dat Mokono sulke uitsprake sal maak, aangesien hy in dieselfde mediaberigte aangehaal word dat hy nog nie ons aansoek gesien het nie. Hoe kan hy dus besluit dat die aansoek afgekeur sal word as hy dit nog nie onder oë gehad het nie? Dit dui daarop dat hy in hierdie verband in kwade trou optree.”

Terwyl daar steeds gewag word op bevestiging van die staat oor hul beweerde onteieningslys, meen Roets dat dié dokument as ʼn wekroep moet dien vir diegene wat glo dat die regering goeie bedoelings het. “Dit is duidelik dat die motief nie is om beweerde historiese foute reg te stel nie, maar dat daar politieke bymotiewe in hierdie proses is.”

Indien jy jou eiendom in die lys identifiseer, stuur e-pos met jou naam, die eiendom ter sprake, kontakdetails en enige ander tersaaklike inligting na [email protected].

Nommer Provinsie Distriksmunisipaliteit Plaasnaam Plaasnommer
1 Limpopo Vhembe Salaita 188 MT
2 Limpopo Vhembe Lukin 643
3 Mpumalanga Onbekend Roodepoort 6 IT
4 Onbekend Onbekend Avontuur
5 Noordwes Dr. Kenneth Kaunda Roodepan 180 IP
6 Noordwes Ngaka Modiri Molema Magdalena’s Kuil 37 JP
7 Noordwes Ngaka Modiri Molema Cyfergat 38 JP
8 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Elma Onbekend
9 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Vergelegen 13 JN
10 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Arragon 12 JN
11 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Martinsbush 200 JN
12 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Logaging JN
13 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Harbro Onbekend
14 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Wildehondepan 264 IO
15 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Doornpan 262 IO
16 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Nelspos 999 IN
17 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Klondike 670 IN
18 Noordwes Bojanala Hartbeespoort C419 JQ
19 Noordwes Bojanala Hartbeespoort C419 JQ
20 Noordwes Bojanala Hartbeespoort C419 JQ
21 Noordwes Bojanala Hartbeestfontein 445 JQ
22 Noordwes Bojanala Rhenosterfontein 366 JQ
23 Noordwes Bojanala Kromrivier 347 JQ
24 Noordwes Bojanala Grootfontein 346 JQ
25 Noordwes Bojanala Boschhoek 103 JQ
26 Noordwes Ngaka Modiri Molema Klipfontein 109 IP
27 Noordwes Ngaka Modiri Molema Kaalkraal 109 IP
28 Noordwes Ngaka Modiri Molema Erfdeel 83 IP
29 Noordwes Ngaka Modiri Molema Latham 575 IO
30 Noordwes Ngaka Modiri Molema Vryhof 518 IO
31 Noordwes Ngaka Modiri Molema Kliparani 519 IO
32 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Rothesay 914 HN
33 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Chalsputs 929 HN
34 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Knopfontein 759 HN
35 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Chrisville Onbekend
36 Noordwes Dr. Ruth Segomotsi Mompati Kalinora (Block C 2nd Railway Grant) Onbekend
37 Wes-Kaap Onbekend Bloemfontein Onbekend
38 Wes-Kaap Onbekend Montana Studfarm Onbekend
39 Vrystaat Fezile Dabi Geluk 216
40 Vrystaat Fezile Dabi Viljoenvlei 525
41 Vrystaat Fezile Dabi Viljoensvlei A 1277
42 Vrystaat Fezile Dabi Leonardvlei 1276
43 Vrystaat Fezile Dabi Debsie 54
44 Vrystaat Fezile Dabi Verblyding 2461
45 Vrystaat Mangaung Elands Bult 5
46 Vrystaat Mangaung Charlina 2795
47 Vrystaat Mangaung Donkerhoek 2956
48 Vrystaat Mangaung Dwaalhoek 239
49 Vrystaat Mangaung Harrowgate 1454
50 Vrystaat Mangaung Leeuwberg (Mooiplaas) 330
51 Vrystaat Mangaung Wasch Bank Onbekend
52 Vrystaat Mangaung Aardoon 1037
53 Vrystaat Mangaung Mariana 2912
54 Vrystaat Thabo Mofutsanyane Reinveld 182
55 Vrystaat Thabo Mofutsanyane Beginsel 33
56 Vrystaat Thabo Mofutsanyane Bethlehemspoort 795
57 Vrystaat Xhariep Mayfair 167
58 Vrystaat Xhariep Halma 66
59 Vrystaat Xhariep Bruintjies Hoogte 336
60 Vrystaat Xhariep Drenthe 254
61 Vrystaat Xhariep Assen 348
62 Vrystaat Xhariep Gouwsrust 831
63 Vrystaat Xhariep Bloemendaal 498
64 Vrystaat Xhariep Hoffmansrus 173
65 Vrystaat Xhariep Rustfontein Noord 807
66 Vrystaat Setstoto Municipality Uitval Plaas in Clocolan
67 Oos-Kaap Alfred Nzo Chilfrome 144
68 Oos-Kaap Alfred Nzo Farm settlement 144
69 Oos-Kaap Alfred Nzo Remainder of Farm settlement 142
70 Oos-Kaap Alfred Nzo The crown (Sunny slope) 175
71 Oos-Kaap Alfred Nzo Merino Walk Onbekend
72 Oos-Kaap Alfred Nzo Mirage Onbekend
73 Oos-Kaap Alfred Nzo Highwater 231
74 Oos-Kaap Alfred Nzo Highwater 231
75 Oos-Kaap Alfred Nzo Bokke Berg 17034
76 Oos-Kaap Alfred Nzo Nauw Hoek 194
77 Oos-Kaap Alfred Nzo Highflats (Meadowbrook) 160
78 Oos-Kaap Joe Gqabi Mount Sephton Onbekend
79 Oos-Kaap Joe Gqabi Rob Roy Onbekend
80 Oos-Kaap Joe Gqabi Remainder of Snowyside 250
81 Oos-Kaap Joe Gqabi Potluck Onbekend
82 Oos-Kaap Joe Gqabi Bendambh Onbekend
83 Oos-Kaap Joe Gqabi Buckle Farm Onbekend
84 Oos-Kaap Joe Gqabi Westneath Onbekend
85 Oos-Kaap Joe Gqabi Killkenny Onbekend
86 Oos-Kaap Amathole Pals Farm Onbekend
87 Oos-Kaap Amathole Shamrock Farm Onbekend
88 Oos-Kaap Amathole Que que Farm Onbekend
89 Oos-Kaap Amathole At Anthony Farm Onbekend
90 Oos-Kaap Amathole Annexation Farm Onbekend
91 Oos-Kaap Amathole Upper Clifton Onbekend
92 Oos-Kaap Amathole Wattle Grove Onbekend
93 Oos-Kaap Amathole Koksley Farm Onbekend
94 Oos-Kaap Amathole Farm 421 Onbekend
95 Oos-Kaap Amathole Amatola Farm Onbekend
96 KwaZulu-Natal Umzinyathi Mispa 1306
97 KwaZulu-Natal Umzinyathi Earnscliff 3308
98 KwaZulu-Natal Umzinyathi Beauvale 2249
99 KwaZulu-Natal Umzinyathi Valkop 2253
100 KwaZulu-Natal Uthukela Misgunst 1916
101 KwaZulu-Natal Uthukela Wagendrift 798
102 KwaZulu-Natal Uthukela Erf 145, Weenen Onbekend
103 KwaZulu-Natal Uthukela Erf 224, Weenen Onbekend
104 KwaZulu-Natal Uthukela Strydpoort 1136
105 KwaZulu-Natal Harry Gwala Marais kop 79
106 KwaZulu-Natal Harry Gwala Farm 108
107 KwaZulu-Natal Harry Gwala Frontier 14111
108 KwaZulu-Natal Ugu Slexel 4558
109 KwaZulu-Natal Ugu Clothier 16 850
110 KwaZulu-Natal Amajuba Eersteling 17075
111 KwaZulu-Natal Amajuba Kwaggasdrift 96
112 KwaZulu-Natal Amajuba Nooitgedacht 60
113 KwaZulu-Natal Amajuba Normandien 3303
114 KwaZulu-Natal Ilembe Margaret 16988
115 KwaZulu-Natal Ilembe Pension Fund 17691
116 KwaZulu-Natal King Cetshwayo De Jagers Kraal 847
117 KwaZulu-Natal King Cetshwayo Lot 40 Inyoni 13980
118 KwaZulu-Natal King Cetshwayo Lot 8 Cottonlands 14000
119 KwaZulu-Natal King Cetshwayo Lot 9 Cottonlands 13903
120 KwaZulu-Natal uMgungundlovu Middelbosch 897
121 KwaZulu-Natal uMkhanyakude Farm U244 15915
122 KwaZulu-Natal uMkhanyakude Farm U182 15643
123 KwaZulu-Natal uMkhanyakude Farm Lot K84 14052
124 KwaZulu-Natal Onbekend Otto’s Bluff Farm
125 KwaZulu-Natal Zululand Fairplay 870
126 Noord-Kaap Frances Baard Middeldam 112
127 Noord-Kaap Frances Baard Subdivision 2 293
128 Noord-Kaap Frances Baard Good Hope 272
129 Noord-Kaap ZF Mgcawu Glimlach 261
130 Noord-Kaap ZF Mgcawu Uitspan 625
131 Noord-Kaap Pixley ka Seme Uitspan 115
132 Noord-Kaap Pixley ka Seme Hartebeesthoek 99
133 Noord-Kaap Pixley ka Seme Farm 98
134 Noord-Kaap Namakwa Grofgeschud 34
135 Noord-Kaap Namakwa Kamiebees 368
136 Noord-Kaap Namakwa Goubees 244
137 Noord-Kaap Namakwa Juliesvlei 372
138 Noord-Kaap John Taolo Gaetsewe Robert 35
139 Noord-Kaap John Taolo Gaetsewe Outpost 1
140 Noord-Kaap John Taolo Gaetsewe Soetvlakte 703
141 Noord-Kaap John Taolo Gaetsewe Magadin 13
142 Noord-Kaap John Taolo Gaetsewe Annex Rietfontein (Endwyk) 143
143 Noord-Kaap John Taolo Gaetsewe Boland 133
144 Mpumalanga Onbekend Werksaam 107 IS
145 Mpumalanga Onbekend Rietfontein 327 IS
146 Mpumalanga Onbekend Daisy Kopje 643 JT
147 Mpumalanga Onbekend Goedverwachting 80 IT
148 Mpumalanga Gert Sibande Pikstal Onbekend
149 Vrystaat Thabo Mofutsanyane Uitval Onbekend
150 KwaZulu-Natal Onbekend Ottos Bluff 13013
151 Gauteng Westrand Zwartkop 525 JQ
152 Gauteng Westrand Golden Valley 621 IQ
153 Gauteng Westrand Vogelstruisfontein 263 IQ
154 Gauteng Westrand Tweefontein 523 IQ
155 Gauteng Westrand Elandsfontein 144 IQ
156 Gauteng Westrand Witstinkhoutboom 155 IQ
157 Gauteng Westrand Witstinkhoutboom Project Onbekend
158 Gauteng Sedibeng Vaalfontein 579 IQ
159 Gauteng Sedibeng Panvallie 469 IR
160 Gauteng Sedibeng Zoekfontein 468 IR
161 Gauteng Sedibeng Kafferskraal 464 IR
162 Gauteng Westrand Leeuwpoort 356 IQ
163 Gauteng Westrand Witfontein 262 IQ
164 Gauteng CTMM Witpoort 563 JR
165 Gauteng CTMM Nooitgedacht 564 JR
166 Gauteng CTMM Tweedragt 516 JR
167 Gauteng CTMM Nooitgedacht 563 JR
168 Gauteng CTMM Vaalbank 511 JR
169 Gauteng CTMM Vaalbank 511 JR
170 Gauteng CTMM Elandsfontein 352 JR
171 Mpumalanga Nkangala Teutfontein 407 JS
172 Mpumalanga Nkangala Weltevreden Onbekend
173 Mpumalanga Nkangala Hartebeesspruit 361 JT
174 Mpumalanga Gert Sibande Steynsplaas Onbekend
175 Mpumalanga Gert Sibande Bergendal 378 JT
176 Mpumalanga Gert Sibande Forel Water 410 JT
177 Mpumalanga Nkangala Goedgedacht 228 IR
178 Mpumalanga Nkangala Leeuwkloof 403 JT
179 Mpumalanga Gert Sibande Steynsdraai 46 IT
180 Mpumalanga Gert Sibande Roodekrans 457 IS
181 Mpumalanga Gert Sibande Ebenhaezer 455 IS
182 Mpumalanga Gert Sibande Tweefontein 467 IS
183 Mpumalanga Gert Sibande Drinkwater 451 IS
184 Mpumalanga Gert Sibande Dorsplaats 470 IS
185 Mpumalanga Gert Sibande Vaalbank 456 IS
186 Mpumalanga Gert Sibande Welgekozen 514 IT
187 Mpumalanga Nkangala Vaalbank 289 JS
188 Mpumalanga Govern Mbeki Local Municipality Pikstal Farm
189 Limpopo Onbekend Rhenosterfontein 284 KQ
190 Limpopo Onbekend Geluk 285 KR
191 Limpopo Onbekend Koppie Alleen 359 KR
192 Limpopo Onbekend Koppie Alleen 359 KR
193 Limpopo Onbekend Doornkop 357 KR
194 Limpopo Onbekend Wilgeboomsdrift 380 KR
195 Limpopo Onbekend California 507 LT

Die volledige lys van eiendomme kan ook by www.onteiening.co.za besigtig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

226 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

Noordwes gevolg deur Kwa-Zulu-Natal blyk die meeste geteiken te wees… Fairplay in Natal nogal. Hoe naief. Die Zoeloe’s besit reeds groot gronde. Hierdie lys dui totaal en al op sluwe gierigheid. Zuma het seker ‘n jaar gelede gepraat van kleinplaas-eenhede in Noordwes, nogal aangrensende aan die Indierwoongebiede oos van Johannesburg. Lank lewe die ‘koning’. Hier kom groot marakas! Ons moet bid vir wysheid in optrede vir hierdie boere. Gierigheid onder die grypers gaan geen perke ken nie. Sulke vergype, indien wel beplan, is suiwer sonde, duidelik gemik hoogs produkte plase waar waardevolle diefstal gepleeg kan word. Watter gruwels. Een woord… Lees meer »

Eric

Die webwerf nie beskikbaar nie

John

Noordwes gevolg deur Kwa-Zulu-Natal blyk die meeste geteiken te wees volgens die’ lys. Fairplay in Natal nogal. Hoe naief. Die Zoeloe’s besit reeds groot gronde. Hierdie lys, indien waar, dui totaal en al op sluwe gierigheid. Zuma het seker ‘n jaar gelede gepraat van kleinplaas-eenhede in Noordwes, nogal aangrensende aan die Indierwoongebiede oos van Johannesburg. Lank lewe die ‘koning’. Hier kom groot marakas! Ons moet bid vir wysheid in optrede vir hierdie boere. Gierigheid onder die grypers gaan geen perke ken nie. Sulke vergype, indien wel beplan, is suiwer sonde, duidelik gemik hoogs produkte plase waar waardevolle diefstal gepleeg kan… Lees meer »

Linda

Webwerf kan nie bereik word nie

Dalene Kilian

Die webwerf open gladnie