M-Net reageer op kritiek oor ‘Love Island’

Love Island (Foto: M-Net)

Suid-Afrika se eerste seisoen van die internasionale maatsoekprogram Love Island het na afloop van die eerste episode Sondag onder skerp kritiek deurgeloop oor diversiteit en produksiegehalte.

Op sosiale media het aanhangers M-Net aangevat oor daar te min diversiteit in die rolverdeling vir ʼn Suid-Afrikaanse program is.

M-Net saai dié realiteitsprogram uit, terwyl die produksiemaatskappy Rapid Blue, dieselfde produksiehuis wat The Bachelor SA en The Bachelorette SA vervaardig, ook Love Island SA vervaardig.

“Hoe het @loveislandsa slegs twee swart mense op die program as 80% van Suid-Afrika swart is? Is julle mal? Die tekort aan diversiteit is absoluut verbysterend. Maak dit reg,” het een aanhanger op Twitter geskryf.

Thimna Shooto is die enigste swart vrou wat deel vorm van die huidige rolverdeling (Foto: M-Net)

Daar was ook hewige kritiek omdat die klank vir die program sporadies en sonder verduideliking uitsny. Die kameraspan kan ook in talle gevalle in weerkaatsing van meubels en in die agtergrond tussen die deelnemers gesien word.

M-Net het Dinsdag in ʼn verklaring op sosiale media gesê hulle werk daaraan om die probleme op te los.

“Julle het ons tekort aan diversiteit en produksiegehalte in die eerste episode van Love Island SA uitgewys. Ons is jammer – ons het in albei gevalle nie aan ons standaard voldoen nie. Ons werk daaraan om dit reg te stel,” het M-Net in die verklaring geskryf.

LottoStar, wat die hoofborg van Love Island SA is, het daarna op Twitter aangekondig dat hulle hul borgskap van die program wil onttrek.

“LottoStar het die besluit geneem om ons borgskap van Love Island SA hoflik te onttrek. Ons wens die program en deelnemers alle sukses toe,” het hulle geskryf.

Maroela Media het vroeër berig dat Love Island ʼn realiteitsprogram is waar ʼn groep enkellopers in ʼn pragtige omgewing, gewoonlik in ʼn deftige hotel of villa, bymekaarkom. Daar begin hulle ʼn somer van liefde, vriendskap en uiteindelik verhoudings.

Elke week moet die eilandgangers pare vorm en elke week word die opsie gebied om met iemand anders ʼn paar te vorm. Die deelnemers wat nie in ʼn paar is nie, kan huis toe gestuur word. Die paar wat oorbly, kan R1 miljoen wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Eltan ·

Kan elkgeval nie glo dat daar in elkgeval mense is wat na daai snert kyk in die eerste plek nie…

Matilda ·

Ag liewe land, alweer te min swart mense! Word die nou nie bietjie holrug gery nie?!

Coenrad Adolf ·

Hulle wil ons verbaster, jammer kyk nie eers die gemors nie.

Dries ·

Hierdie klink nou weer vir my om verhoudings oor die kleurgrens te promofeer.

Gert ·

as jy nog betaal om na Mnet se gemors te kyk is jy deel van die gemors. Moenie kla of kwaad word as daar gevra word vir meer “verteenwoordiging” nie, jy betaal daarvoor, so klap hande en skree saam.

Alta Alleman ·

Wat het geword van IDOLS ? net swart
Wat het geword van BIG BROTHER? net swart
Nou waarom word daar gekla as daar WIT deelnemers is?

Noels244 ·

Gee my tog net krag, asb. Daar is in elk geval net snert op daai kanale deesdae.

Landras ·

Ons is groot fans van Love Island en het al die lande se series al gekyk , vreeslik uitgesien Sondag-aand en bitter teleurgesteld ! Gladnie op standaard waaraan ons gewoond is nie . PS Maroela Media – die wengeld is half miljoen.

Racheltjie Debeer ·

Kan SA nie sy eie programme ontwikkel nie? Hoekom moet ons alles wat oorsee gebeur namaak?
Dis in elkgeval net ‘n verskoning om losbandigheid te bevorder.
Kan nie glo enige inteligente persoon kyk na die snert nie.

Riana ·

Want die mense in SA is gewoond aan pay kry vir niks doen! Geen meer eie vermoe nie. Weet nie wie betaal nog vir DSTV nie … net herhalings en gemors op… sokker skokker en nog sokker op sport kanale…

Vonkprop ·

Maak Outsurance die hoofborg en verander die program se naam na Changa Dai Deng Island. En skiet die program sommer in Gqeberha dan is almal gelukkig.

Stefaan ·

Dit is presies die rede hoekom ek nie meer TV kyk nie. Hulle probeer ons breinspoel

Vernon ·

Klomp gemors in elkgeval. Wag tot een deelnemer nie betrokke wil wees in ‘n interrasse verhouding nie dan gaan dit behoorlik gons!

Smirre ·

Dankie tog, het my DSTV na baie jare Maandag ge stop, hulle saai al meer gemors en herhalings uit, vies vir myself moes jare terug al ge kanselleer het.

Adeline ·

Wel die TV programme in die RZA is 40 aar gelede alreeds by my agterdeur uit in die vorm van ‘n TV wat fyn en flenters getrap is …. dit nie eers verkoop nie want ek gee nie gemors weg nie ek vernietig dit – nog nooit weer enige RZA TV gekyk nie – stel nie in gemors belang nie.

Anoniem ·

En soos gewoonlik, soos al die ander soortgelyke programme, is die net ‘n groot pot snot!

LANA is ELANè ·

Urgh, dit gaan my verstand te bowe dat die tipe 3de rangse programme soveel aandag geniet.
Wie wil nou na ‘n gevryery oor alle kultuurgrense sit en kyk?
In my oë is dit soort van pornografie om so van buite af na mense se privaatlewens te kyk en dan noem hulle dit vermaak. Dankie, maar nee dankie.

VannieBaai ·

Net so pateties soos die destydse SA Big Brother wat met ‘n “bang” weggespring het en daarna het mens niks weer verder gehoor of belang gestel om te kyk nie. Dankie tog vir soveel ander keuses van programme om te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.