Ma, dogter en skoonseun vermoor by Bloem-dagsorg

Betsie Kruger en haar dogter en skoonseun, Christo en Janine Theron. (Foto: Facebook)

Die liggame van ʼn 65-jarige vrou, haar dogter en skoonseun is Donderdag by ʼn dagsorgsentrum in Wilgehof, Bloemfontein, gevind.

Die polisie is omstreeks 08:50 Donderdag na die huis in Van Heerdenstraat ontbied nadat daar op die liggame van Betsie Kruger (65) en haar dogter en skoonseun, Christo (36) en Janine Theron (35), afgekom is.

“Die polisie was van vroegoggend tot laatmiddag op die toneel om bewysstukke in te samel,” het kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, gesê.

Kruger was die eienaar van Die Byenes-dagsorgsentrum wat van die huis af bedryf is.

Volgens Earle dui voorlopige ondersoek daarop dat die vermoordes vasgebind en verwurg is. “Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie.”

ʼn Onbekende bedrag kontant, ʼn skootrekenaar en ander persoonlike items is tydens die voorval gesteel, het Earle gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Sebata Moseme by 082 526 2713, kapt. David Ramasoala by 082 468 1624 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Johan Tredoux ·

Mens moet opgee met die sotlike gedagte “moet nie kwaad met kwaad vergeld”. Die regsprosesse , morele respek vir elke en ieder mens-soogdier agv mitologiese boeke en die glo dat almal spesiaal geskape is, het veroorsaak dat oorlewing met n knalskoot uit die venter uit is.

Johan Tredoux ·

Dis nou te laat. Wanneer daardie dag kom sal ek onbeindruk staan.

Shakespeare ·

Ons lewe in n land waar daar geen regering, geen wet en orde, geen dissipline en geen eerbare en bevoegde “leiers” is nie, en ons is in die hande van die gepeupel oorgelewer.

Johan Tredoux ·

Let’s blame human rights and the laughable criminal law practices. We’ve got no chance against the killers whilst clutching moral thoughts.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC en hul merlopers is kopluise. As hulle sit sit hulle.

Murray ·

Ons kan net op die Here vertrou vir beskerming want die regering gaan ons nie help nie

Kokerboom ·

Hoe het ons land hier gekom?
Al wat ons gaan red is ‘n diepe geloof en konstante gebed!

Laksman ·

Om net te bid (al is jy hoe diep gelowig) en dan agteroor te sit en hoop/glo iets gaan gebeur sal nie help nie. Daar moet aksie van die mensdom/gelowiges se kant af wees ook. Dis om te lui te wees om te werk, maar bid soggens dat daar tog n 5 gang maal op die tafel moet wees en trek dan jou kop toe en slaap verder……..”surprise, surprise”

Delia ·

Kokerboom, ja gebed is verseker die begin. Maar dan moet dade daarmee gepaard gaan. Ons moet ons harte bewaak en ophou vuur spoeg oor alles. Maar kyk waar ons n verskil kan maak. En dit dan doen.

Mieke ·

Kokerboom. Ek glo saam met jou oor gebed en geloof. Ongelukkig sit ons hier met ‘n bose regering, wat glad nie omgee vir sy medemens. En waar goddeloosheid in die orde van die dag is. Aan die einde van hierdie wêreld gaan daar ‘n wegval van gelowiges wees…

Marcello ·

RIV Mense, sterkte aan die familie en vriende. Dit is altyd vir my so tragies as so iets gebeur, wie wil so aan sy einde kom. Ek glo daar is so baie vrae van die mense na aan hulle, soos hoekom en waarom.

Aai ·

Die is tragies ‘n mens sukkel om werk te kry in die land en as jy jou eie besigheid het dan vermoor hulle jou die bloed is op die ANC se hande.Sterkte aan vriende en families.

Old no7 ·

Die moet voor die deur van Malema gelê word met sy opruiende uitsprake . Sy laaste video beklemtoon uitdruklik dat “dinge” te stadig gebeur. Van ek sy video die begin van die week gesien het was daar 3 plaasmoorde en nou die moorde. Ook die mense regte kommisie en regstelsel moet aanspreeklik gehou word vir wat in S A aangaan. Ons nader nou vinnig die tyd dat reg in eie hande geneem moet word…..dinge kan nie so aanhou nie…..

Hoekom ·

Jy moet jou slagoffer in die oë kyk as jy iemand wurg. Dit wys jou watter tipe mens ons hiermee te doen het…Om te roof is nie die rede hier voor nie…

Daniel ·

Hoe boos moet jy wees om iemand se lewe uit hom te wurg? Dis absoluut walglik wreed

Vanessa ·

Waarom? vat die goed wat julle wil vat en los die mense uit. Die items kan vervang word, ‘n lewe nie!!! Sal my nie verbaas as dit weer werkers was wat elke dag saam die slagoffers gewerk het nie. VUILGOED.

Meerkat ·

Het die skool sekuriteit kameras. Dit kan mos help as daar is. Hoop iemand dink daar aan. Die eienaar het seker werknemers gehad wat sal kan help met dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.